Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Lied van die lemoen " deur UYS KRIGE
" Lied van die lemoen " deur UYS KRIGE [boodskap #66826] Sa, 28 September 2002 23:17
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Uys Krige
Lied van die lemoen

"Wat het die son met jou gedoen, lemoen?"
"Hy't my gestreel, hy't my gesoen.
Nou is ek rooi en ryp en rond,
'n vreugde vir die oog en mond!"

"Die son het jou met lig geraak, lemoen?"
"Hy't my geskroei, gebrand, geblaak.
Nou is ek vuur uit daardie bron,
die ene vlam; die ene son!"

"En snags die maan ... wat van die maan, lemoen?"
"Haar silwer arms om my geslaan.
Toe't van haar koelte in my gegaan,
stil in my sap gesypel, langsaam aan."

"Die aarde het jou niks geskenk, lemoen?"
"Sy klei, deur dou of reën gedrenk.
Nou is ek son èn maan en dag èn nag,
het ek van aarde en lug hul vog, hul krag."

"Wat het die mens met jou gemaak, lemoen?"
"Vir my gesorg, oor my gewaak.
Nou's ek dié seën op sy strewe,
simbool van vrugbaarheid en lewe!"

"Wat moet ons met jou doen, lemoen?"
"Ek wil 'n goue glans wees tussen groen,
gepluk word dan, só met my lot versoen,
lemoen wees slegs, lemoen, lemoen, lemoen!"
Vorige onderwerp: " Boggom en Voertsek " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: " Die tuinende vissers " deur SHEILA CUSSONS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 14:16:43 MGT 2024