Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » " 'n Nuwe Liedjie op 'n ou deuntjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT
" 'n Nuwe Liedjie op 'n ou deuntjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66571] Sa, 21 September 2002 17:06 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

C. Louis Leipoldt
'n Nuwe liedjie op 'n ou deuntjie

Siembamba, Siembamba!
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou jou handjies same
En sê ame,
Mame se kindjie, Siembamba! (Lokasieliedjie)

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou maar jou handjies saam, my kind:
Hoor tog hoe huil die noordewind!
Hier in die kamp is alles stil,
Net maar die wind waai soos hy wil;
Net maar jy self kan kreun en steun:
Niemand sal hoor nie, niemand, seun!
Almal is besig! Oor die land
Drywe 'n wolk van die noordekant -
Swart soos die rook uit die skoorsteen puil,
Swart soos die nag, en nes roet so vuil:
Vou maar jou handjies dig tesame
Sluit maar jou ogies, en sê ame!

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Jy, wat die hoop van ons nasie is;
Jy, wat ons volk so min kan mis;
Jy, wat moet opgroei tot 'n man;
Jy, wat moet plig doen, as jy kan:
Jy, wat geen deel aan die oorlog het;
Jy, wat moet sing uit pure pret -
Jy moet verkwyn in 'n kinderkamp,
Jy moet vir vrede word uitgestamp:
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en sê ame!

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Kinkhoes en tering, sonder melk:
Bitter vir jou is die lewenskelk!
Daar is jou plek, by die graffies daar -
Twee in een kissie, 'n bruilofspaar!
Alles vir ons wat die oorlog hou -
Alles vir ons, en niks vir jou:
Jy het van ons jou plig geërwe -
Plig om as kind vir ons land te sterwe!
Al wat jy wen, is dat ons onthou:
Meer was die vryheid as kind of vrou!
Vou maar jou handjies dig tesame,
Sluit maar jou ogies, en sê - ame!
Re: " 'n Nuwe Liedjie op 'n ou deuntjie " deur C. LOUIS LEIPOLDT [boodskap #66574 is 'n antwoord op boodskap #66571] Sa, 21 September 2002 18:32 Na vorige boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" schreef op Sat, 21 Sep 2002 17:06:12 GMT
in de nieuwsgroep soc.culture.south-africa.afrikaans:

> C. Louis Leipoldt
> 'n Nuwe liedjie op 'n ou deuntjie
>
> Siembamba, Siembamba!
> Mame se kindjie, Siembamba!
> Vou jou handjies same
> En sê ame,
> Mame se kindjie, Siembamba! (Lokasieliedjie)
>

De titel van dit gedicht deed mij denken aan een gedicht van de
Vlaming Karel Jonckheere. De inhoud is echter veel somberder:

Nieuwe ballade op een oude romance
--------------------------------------

Dat ik een huis heb zonder dak
en armer ben dan elke slak,-
is niets, het regent niet.

Dat ik een bed heb zonder bak,
voor deken soms een oude zak,-
is niets, Job sliep op mest.

Dat ik een stal heb zonder koe -
dan moet de grendel nimmer toe -
is niets, ik drink geen melk.

Dat ik een boom heb zonder fruit
en dat er nooit een vink in fluit,-
is niets, het is geen herfst.

Dat ik een bril heb zonder glas
en dat mijn beenbreuk nooit genas,-
is niets, mijn hart is goed.

Dat ik een kast heb zonder wijn
en dat er nooit meer vrienden zijn,-
is niets, ik leef gerust.

Dat ik een vrouw heb met een leest
leniger dan het wildste beest,-
is niets want zij is weg.

Maar dat ginds in die sombere hoek,
ik kan 't niet zeggen zonder vloek,
vergeef me 't woord, 't is niets,

dat ginds een wieg staat buiten 't licht
en dat het kind in de aarde ligt,-
is niets, ik schrei mijn ogen dicht.

Michel.

--
Groeten,
Michel.
Vorige onderwerp: Was hiersie een van Koos Doep daar?
Volgende onderwerp: Pollenys ( uit die FAK volksangbundel )
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 22:23:28 MGT 2024