Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " tannie Jutie wat die aarde beërwe " deur GERT VLOK NEL
" tannie Jutie wat die aarde beërwe " deur GERT VLOK NEL [boodskap #66470] Wo, 18 September 2002 23:47
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Gert Vlok Nel
tannie Jutie wat die aarde beërwe

om tiennur vrydagoggend by hek 9 maitland, Gertjie.
staatsbegrafnis. OK, Pa. wit minibus, het haar mooi opgetel

in stikland waar sy 40 jaar geleef het, waar sy 40 x besoek is
teen krismis deur famille (edms.) bpk. waar sy 1 x gesoek is

toe sy i donker week verdwyn het. waar was jy, tannie Jutie?
(daai dag by die rivier. jy was 16. wát is dit, wát is dit Jutie?)

of was dit ooit. jare. mites. i floral dress. sê tant Anna
van bitter oom Maans. hy sê net here here aanmekaar

sy sê net Maans Maans. ek en Pa kom van beaufort, met i moeë
trein. oom Maans en sy Anna, stellenbosch. twee dierbre neefs

uit worcester. ons ses daar. i ou swart grafgrawer ook, 7.
(ook 3 kleurlinge van goodall. 10.) later 1 x gedistansieerde

predikant 11. genoeg. hiert neuk die graf in. god sê oom Maans. "ek is
bietije moeg," sê die oudste. ek grawe, jongste. graf neuk weer in.

sand. dis sand sê oom Maans. eindelik klaar. klaar sê ek. die graf is
vlak sê oom Maans. sés voet. dit gaan nie daaroor nie sê die apk_ds.

assebilef. ek grawe weer. op 6 voet is daar i ander kis. Maans
dreig goodall. maans maans here here. skande. dit gaan nie daaroor nie

sê die apk_dominee. asseblief OK OK OK laat sak die kis rus
my & mijn siel. wolke. karre. stene. bome & wind. iets binne ( )

so omhals die aarde haar. so sak sy af, met stemme, op die ander
kis suggesties is oorbodig, asseblief. maar dit was vrydag, vol

bedoeling. en i aarde waarin so baie gevind kon word. waar niks
meer begrawe kan word as feite en aanverwante trane. kom

ek staan ons vir koflie in i kafee, sê oom Maans. agterna.
In die wimpy lag Pa. hy slaan my knie. sommer iets, sommer iets. daar was

plasse son & skadu in die hexrivier. op pad terug. Pa stil. daar was
die reuk van swaar somer. soos die trein inseil. in die mooiste vallei.
Vorige onderwerp: " laaste herhinneringe aan magdaleen " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " 'n Handvol gruis uit die Hantam " deur C. LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:45:57 MGT 2024