Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Irma deur Koos du Plessis
Irma deur Koos du Plessis [boodskap #61679] Di, 07 Mei 2002 20:02
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Eers was alles, alles donker
om my was dit nag.
Toe begin `n liggie flonker
en skielik was dit dag.
En die nag het gekom,
maar die son het gebly
en die branders het stom
oor die rotse gegly,
in die reënboog se glans,
want die maan het gedans.
En die wêreld was bly
oor die nuwe gety
en die rede is jy,
Irma dis jy.

En die dag het gekom,
want die donker is dood
en die lig is alom,
en waar lig is, is hoop
ook al word die hart bang
vir die jare se gang.
En die vreugde sal bly,
al gaan alles verby,
want die vreugde is jy,
Irma, dis jy.
Vorige onderwerp: Karla deur Koos du Plessis
Volgende onderwerp: Molberge deur Koos du Plessis (herinnering aan Springs)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 17:51:16 MGT 2024