Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » " Nokturne " deur KOOS DU PLESSIS
" Nokturne " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61658] Di, 07 Mei 2002 13:44
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Nokturne
Koos du Plessis

Weet en hoop maak nie meer saak nie;
almal slaap reeds; niemand waak nie -
net die nagwind en die reën,
En die nagwind sê volkome:
elkeen droom sy volste drome -
en bly alleen.
En die vrese wieg soos bome
in die nagwind en die reën.

Niemand wil 'n tyd verwyl nie;
niemand lag nie; niemand huil nie -
net die nagwind en die reën.
En die nagwind bring dié wete :
môre is jy reeds vergete -
en dis verby.
Sonder oorsprong, sin of rede
is reën en nagwind al wat bly.

Almal slaap reeds; niemand waak nie.
Niks kan een nog roer of raak nie -
net die nagwind en die reën.
Vorige onderwerp: " Onthou jy nog " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: "Koue Vuur" - deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 00:07:19 MGT 2024