Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » "Kinders van die Wind " deur KOOS DU PLESSIS
"Kinders van die Wind " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61651] Di, 07 Mei 2002 11:55
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

KINDERS VAN DIE WIND
Koos du Plessis

Ek ken 'n ou, ou liedjie
van lewenswel en wee;
van lank vergane skepe in
die kelders van die see...

Die woorde is vergete
en tog, die deuntjie draal - -
soos vaag onthoude grepies
'n baie ou verhaal...

Van swerwers sonder rigting;
van soekers wat nooit vind...
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.

Gesigte, drome, name
is deur die wind verwaai;
en waarheen ál die woorde is,
sou net 'n kind wou raai.

Swerwers sonder rigting;
soekers wat nooit vind...
En eindelik was almal maar
kinders van die wind.
Vorige onderwerp: Afrikaanse Sangers is Plesierig
Volgende onderwerp: " Onthou jy nog " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 11:49:34 MGT 2024