Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Afrikaanse Sangers is Plesierig
Afrikaanse Sangers is Plesierig [boodskap #61565] Ma, 06 Mei 2002 05:24
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Anton Goosen, met die ondersteuning van die drank wat mens nie wil laat
staan nie, het glo skoor gesoek met Patricia Lewis en Kurt Darren.
Laasgenoemde twee kunstenaars was diep gegroef omdat die bebaarde meen hulle
is slegs oppervlakkige kunstenaars wat nie eers hul eie agtergrondmusiek
oorspronklik kan aanbied nie.
Blykbaar het die jongste onderonsie te doen met Lewis wat iets oor Anton te
sê gehad het by die RSG onderhoud oor die Steve debakel.
Elk geval - daar was slegs verbale tikkery na mekaar- van die sangers en die
ondersteuners se kant - en soos gewoonlik het die verwyte en beledegings
baie gou persoonlik geraak, en niks te doen gehad met die onderskeie sangers
se sangtalente nie.

Annette
Vorige onderwerp: Wie het die Stem in Engels vertaal
Volgende onderwerp: "Kinders van die Wind " deur KOOS DU PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:04:20 MGT 2024