Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tom Gouws (geb. 1961) - onsuiwer wiskunde
Tom Gouws (geb. 1961) - onsuiwer wiskunde [boodskap #59110] Vr, 22 Maart 2002 14:40 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Tom Gouws (geb. 1961)

onsuiwer wiskunde

the elusive penetrates everything
you must know that everything rhymes
- Wols

die uurwerk kantel g'n. die boesmans
kon jou dit lank terug reeds vertel:
veel meer kere as wat hul kon tel,
is al wat vorm is, begoël. sjamans

kén die mistieke rekenwette van verbeelding. selfs
pythagoras moes in 'n grot eers offers bring
voor hy kon leer van vermenigvuldiging.
en eers na van gogh dieper moes delf

na steenkool en God in die skagte van die myn,
kon hy iéts sien van die son en die sonneblom.
al is ons empiries presies, bly ons matematies dom.
hoe héél ons Hom probeer bedink, ons dink te klein

om die verganklike tot die onverweerbare te jel.
ons besit bloot tydelik deur te benoem en te tel.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Re: Tom Gouws (geb. 1961) - onsuiwer wiskunde [boodskap #59115 is 'n antwoord op boodskap #59110] Vr, 22 Maart 2002 16:05 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Kwarantyn wrote:

> Tom Gouws (geb. 1961)
>
> onsuiwer wiskunde

Dankie. Ek het net een ander gedig
van Gouws: "Die Ballade van die
Beskawing." Is daar nog ander van
Gouws? Sal dankbaar wees vir enige
ander.
Vir my was dit nog altyd merkwaardig
dat goeie digters gewoonlik aangetrokke
voel tot veral die sonnet-vorm. Dit is
dan ook wat beide Gouws en Charl-Pierre
Naude doen. (Opperman ook.) Dis asof
die vermoë om suksesvolle sonnette te
skryf, die maatstaf is van 'n werklike
goeie digter. Miskien is ek net outyds,
maar dit lyk vir my selfs die jonger
goeie Afrikaanse digters het dieselfde
gevoel.

Gloudina
Vorige onderwerp: Charl-Pierre Naudé (geb. 1958) - Inisiasie
Volgende onderwerp: Kortbroek sonder broek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:36:38 MGT 2024