Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Grappe uit Kanada
Grappe uit Kanada [boodskap #5888] So, 03 Maart 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Grappe uit Kanada

In Kanada word alle "dom" grappe vertel ten koste
van die inwoners van New Foundland. (Net soos mense
in sentrale Natal grappe vertel ten koste van Umbumbulu,
en Afrikaners in die algemeen grappe vertel ten koste
van 'n legendariese "van der Merwe.")
New Foundland is die jongste toevoeging tot die baie
groot en uitgestrekte entiteit wat Kanada genoem word,
(na Rusland, die tweede grootste land in die wêreld wat
oppervlakte aanbetref.) New Foundland was 'n aparte
staat in die Britse Gemenebes totdat dit in 1948 besluit
het om deel van Kanada te word. (Daar was op daardie
stadium sprake van 'n keuse vir hulle tussen by Kanada
of by die V.S.A. aan te sluit.)
In alle geval, New Foundlanders is baie oulike mense,
en produseer 'n hele klomp van die beste sangers en
komediante wat Kanada mee kan spog. Russe het byna
daagliks in groot getalle op die lughawe Gander in New
Foundland gedefekteer, totdat die Berlynse Muur geval
het en die Kanadese immigrasie die ding stopgesit het.
Hier is twee "Newfie" grappe:

'n Newfie koop 'n kar in Toronto vir sestig dollars,
maar die garageman waarsku hom dat dit net vorentoe
kan ry en nie 'n trurat het nie. Die Newfie verklaar dat
dit hom nie steur nie, want hy wil nie weer terug New
Foundland toe daarmee gaan nie.

Iemand vra vir 'n Newfie om hom te help sien of sy kar
se flikkerliggies werk. Die Newfie staan voor die kar en
verklaar: "Nou werk hulle. Nou werk hulle nie. Nou werk
hulle. Nou werk hulle nie."

Gloudina
Vorige onderwerp: Blond
Volgende onderwerp: Grappie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:04:10 MGT 2024