Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Hondename
Re: Oor Jesus [boodskap #56334 is 'n antwoord op boodskap #56297] Di, 29 Januarie 2002 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>
> Karen Armstrong se boeke -
>>> maar veral haar "A History of God". Het jy dit al gelees?
>
>>
>> Nope - nie eintlik my belanstellings veld nie. Kry nie eers aldag tyd om
>> die koerant te lees nie.
>
> I rest my case.

Duidelik het jy weereens geen argument nie, vir my is die Bybel as 'The
definitive History of God' soos in outobiografie heeltemal genoeg.

Maar ek verwag om jou Buddistiese retoriek weer in 'n volgende thread te
sien.
Re: Oor Jesus [boodskap #56335 is 'n antwoord op boodskap #56296] Di, 29 Januarie 2002 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Jy probeer vir die hoofstroom Christen praat uit jou Boedistiese
raamwerk - en elke keer as ek vra vir bewyse dat ek verkeerd is dan -
wel - ignoreer jy dit want duidelik is jy besig om onwaarhede te
verkondig.

Die Christelike geloofbelydenis spel duidelik uit waaraan die Christen
glo en daarom sal enige iemand wat dit nie glo nie, nie gered kan word
nie. Duidelik is daar geen belydende Christen in diie nuusgroep wat jou
kettery ondersteun nie.

So ek stel voor dat jy of die bewyse uit die Bybel waarna jy so gereeld
verwys, bring, of dat jy ophou probeer om vir Christene te praat.

Cheers
Lou

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Die Moslem, Joodse, Christen en Hindu glo dat hulle godsdiens die
>> enigste is soos ek al ad nauseum gesê het - let wel - ek sluit nie die
>> boedisme hierby in nie.
>>
>> Die Bybel sê ook dan duidelik dat jy slegs een God mag
>> aanbid - en uit die NT se dit tog duidelik dat slegs hulle wat in
>> Christus glo gered sal word. Ek wonder dus steeds waar in die NT is die
>> deel wat volgens jou bewys dat die geloof in Christus nie die enogste
>> manier is
>> om die saligheid te kry nie. Ek sou graag die verse uit die berg
>> predekasie wat dit bewys, wou sien?
>
> Lou, jy gaan aan en aan om Christene
> te probeer tipeer as mense wat glo dat
> net hulle "die ware God dien." Daardeur
> doen jy 'n ondiens aan jou mede-Christene
> wat nie soos jy ketters wil wees nie.
> Ek dink dat Christene glo dat as hulle
> glo in die reddende bloed van Christus wat
> vir hulle gestort is ( en dus die Liefde
> aktief in hulle harte kweek, net soos die
> Buddhis bodhicitta) dat hulle dan "gered"
> is. Al jou prekery oor die Christene as
> die enigste wat die redding in pag het,
> isoleer jou van die hoofstroom van die
> Christendom.
> Die Bergpredikasie som vir jou op wat
> dit beteken om "gered" te wees.
>
> Gloudina
Re: Oor Jesus [boodskap #56352 is 'n antwoord op boodskap #56335] Di, 29 Januarie 2002 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

> Gloudina
>
> Jy probeer vir die hoofstroom Christen praat uit jou Boedistiese
> raamwerk

En dis net hier waar jy die fout maak.
Ek probeer nie vir die hoofstroom Christen
praat nie, en ek het geen Buddhistiese
raamwerk nie. Maar ek glo aan 'n lewende
geestelike lewe en daarom merk ek op
wat in albei hierdie godsdienstige
denkrigtings lewend is en werk. En wanneer
ek uitwys dat 'n buddhis geen moeilikheid
sal hê met die "ter helle neergedaal het"
waaroor so baie Christene blykbaar struikel
nie, dan praat ek met 'n kennis wat jy
blykbaar nie het nie.
En ek herhaal weer, as jy daarop staan
dat net Christene "gered" word deur hulle
geloof, dan is jy 'n ketter binne jou eie
Christelike raamwerk. Bewys vir my waar
in die Bybel almal verdoem word, behalwe
die mense wat glo soos jy glo.

Gloudina
Re: Tale [boodskap #56368 is 'n antwoord op boodskap #56325] Di, 29 Januarie 2002 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kinky" Nee, Danielle, ek dink nie Tobie het dit sê bedoel nie. Jou
: vrae laat ons dink! Gaan asseblief voort daarmee. Ek neem nie
: noodwendig deel nie maar ek lees en dink oor wat jy skryf en vra!
~~~~~~~
jy is doodreg Kinky :-) ek wou nou net vir Dani antwoord, maar eers jou
'posting' gelees, en dankie aan jou ook. vir wat jy gesê het. Ek probeer
nooit oordeel nie :-)
--
------------------------------------------------------------ -----
When man is wrapped up in himself, he makes a pretty small
package.
------------------------------------------------------------ -----
Re: Oor Jesus [boodskap #56393 is 'n antwoord op boodskap #56352] Wo, 30 Januarie 2002 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Goed - ek sal - hou die thread dop - maar weereens - jy maak beweringe
en ek vra jou nou vir omtrent die 5 de keer - waar is jou bewyse dat ek
nie volgens Christelike leerstellinge praat nie en aldus jou woorde
'kettery' pleeg. As jy dit nie kan lewer uit die Bybel en die
bergpredikasie waarna jy so verwys nie - dan is jy besig om onwaarhede
te verkondig (LW: ek se nie dat jy lieg ni e- bloot dat jy rojaal met di
ewaarheid omgaan :) ).

Sny nou weer my hele antwoord in stukkies - want jy kan nie antwoord
nie.

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Gloudina
>>
>> Jy probeer vir die hoofstroom Christen praat uit jou Boedistiese
>> raamwerk
>
> En dis net hier waar jy die fout maak.
> Ek probeer nie vir die hoofstroom Christen
> praat nie, en ek het geen Buddhistiese
> raamwerk nie. Maar ek glo aan 'n lewende
> geestelike lewe en daarom merk ek op
> wat in albei hierdie godsdienstige
> denkrigtings lewend is en werk. En wanneer
> ek uitwys dat 'n buddhis geen moeilikheid
> sal hê met die "ter helle neergedaal het"
> waaroor so baie Christene blykbaar struikel
> nie, dan praat ek met 'n kennis wat jy
> blykbaar nie het nie.
> En ek herhaal weer, as jy daarop staan
> dat net Christene "gered" word deur hulle
> geloof, dan is jy 'n ketter binne jou eie
> Christelike raamwerk. Bewys vir my waar
> in die Bybel almal verdoem word, behalwe
> die mense wat glo soos jy glo.
>
> Gloudina
Re: Oor Jesus [boodskap #56407 is 'n antwoord op boodskap #56393] Wo, 30 Januarie 2002 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lou wrote:

waar is jou bewyse dat ek
> nie volgens Christelike leerstellinge praat nie en aldus jou woorde
> 'kettery' pleeg.

Lou, gaan lees weer die bergpredikasie. Dáár
word, in die Christelike raamwerk, aangedui
wie die "koninkryk van God" gaan be-erf. En
almal, letterlik almal, wat aan daardie
vereistes voldoen, sal volgens die Christelike
raamwerk "gered" word. As jy nou kom en besluit
dat hulle dié ding en dáárdie ding moet glo
voordat hulle "gered" word, dan glo ek jy
begaan 'n kettery. Jy wil intellektuele
voorvereistes afdwing op mense om aan te voldoen
voordat jy hulle as "gered" beskou. Die berg-
predikasie praat van 'n heel ander raamwerk -
'n eksistensiële raamwerk, waar "doen" en "wees"
liewer as "dink" die toetssteen is.

Gloudina
Re: Oor Jesus [boodskap #56409 is 'n antwoord op boodskap #56407] Wo, 30 Januarie 2002 13:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C57F15A.8070005@rogers.com...

> Lou, gaan lees weer die bergpredikasie. Dáár
> word, in die Christelike raamwerk, aangedui
> wie die "koninkryk van God" gaan be-erf.

Hiert, ek het dié predikasie gaan lees, en dit maak net melding van 'n
spul mense wat saliger is. :-) Dalk is hulle ook salig en onbewus?
Of net salig en bewusteloos...?
Re: Oor Jesus [boodskap #56412 is 'n antwoord op boodskap #56409] Wo, 30 Januarie 2002 13:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:


> Hiert, ek het dié predikasie gaan lees, en dit maak net melding van 'n
> spul mense wat saliger is. :-) Dalk is hulle ook salig en onbewus?
> Of net salig en bewusteloos...?

Hiert, Samuel, jy is ook nou nie weer op jou
mond geval nie ( en dit op company time.)
Jy kan egter nie daarop staatmaak dat baie
van hierdie joggies en joggerinne sal weet
na watter betekenis van "salig" jy hier
verwys nie. Wonder wat die verband is tussen
"salig" wat oorlede beteken, en "salig" wat
blessed beteken?

Tant Hessie, wat salig is, maar nog nie
saliger is nie.
Re: Oor Jesus [boodskap #56414 is 'n antwoord op boodskap #56407] Wo, 30 Januarie 2002 14:59 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
En daar doen sy dit toe so wragtag - sny die ding om haar kriteria te
pas.

Gloudina - ek het die bergpredikasie gelees - en ek het niks gesien wat
my redenasie moet verander nie - miskien moet jy dit vir my uitspel?
Myns insiens - jy wil die woorde van Christus buig om jou raamwek :) te
pas.

En my kriteria is nie intelektueel nie - ek hoef slegs te glo in
Christus - daar is geen dinkwerk by betrokke nie en selfs 'n kind kan
dit doen. Daarenteen het die tipe 'saligmaking' wat jy predik 'n groot
hoeveelheid intelektuele opweeging nodig - meditasie, debatering etc
etc.

"@rogers.com" wrote:
>
> Lou wrote:
>
> waar is jou bewyse dat ek
>> nie volgens Christelike leerstellinge praat nie en aldus jou woorde
>> 'kettery' pleeg.
>
> Lou, gaan lees weer die bergpredikasie. Dáár
> word, in die Christelike raamwerk, aangedui
> wie die "koninkryk van God" gaan be-erf. En
> almal, letterlik almal, wat aan daardie
> vereistes voldoen, sal volgens die Christelike
> raamwerk "gered" word. As jy nou kom en besluit
> dat hulle dié ding en dáárdie ding moet glo
> voordat hulle "gered" word, dan glo ek jy
> begaan 'n kettery. Jy wil intellektuele
> voorvereistes afdwing op mense om aan te voldoen
> voordat jy hulle as "gered" beskou. Die berg-
> predikasie praat van 'n heel ander raamwerk -
> 'n eksistensiële raamwerk, waar "doen" en "wees"
> liewer as "dink" die toetssteen is.
>
> Gloudina
Vorige onderwerp: Hamsters
Volgende onderwerp: 50 50
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:10:18 MGT 2024