Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » matriekuitslae
matriekuitslae [boodskap #54996] Vr, 28 Desember 2001 03:39 na volgende boodskap
david  is tans af-lyn  david
Boodskappe: 35
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
In die geheel is die verbeterde matriekuitslae bemoedigend. 'n Slaagsyfer
van 60% is 'n aansienlike verbetering op syfers van onder die 50% enkele
jare gelede.

'n Sinvolle vergelyking met verlede jaar se syfers is baie moeilik,
aangesien die groter aandeel van jaarpunte in die eindpunt 'n positiewe
uitwerking op die resultate kon hê.

Die situasie in Mpumalanga, waar die slaagsyfer van 53% na 46% gedaal het,
is uiters kommerwekkend. Dit is veral opvallend dat Mpumalanga juis die
provinsie is waar die onderwysowerhede 'n vendetta voer teen voormalige
model C skole. Mpumalanga se rassitiese onderwysagenda het hom nou gewreek
op die gehalte van sy onderwys. Die AEB doen 'n beroep op die minister van
Onderwys, Kader Asmal, om spesiale maatreëls te tref wat Mpumalanga se
onderwysowerhede sal dwing om van eie agendas af te sien, presterende skole
met rus te laat en te konsentreer op hul basiese taak.

Die slaagsyfer van 99% onder die 5 414 kandidate van onafhanklike skole,
moet spesiaal vermeld word. Hierdie prestasie moet dien as 'n wekroep tot
die minister om privaatskole met rus te laat en dit as 'n belangrike bate in
die onderwysopset van Suid-Afrika te beskou. Pogings tot inmenging in die
leerplanne wat deur hierdie skole gevolg word, moet onmiddellik laat vaar
word, aangesien die uitslae 'n bewys is daarvan dat die verbesondering van
hul leerplanne die beste resultate oplewer.
Re: matriekuitslae [boodskap #55069 is 'n antwoord op boodskap #54996] Wo, 02 Januarie 2002 07:23 Na vorige boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kinky:

Hoe betroubaar is die syfers? Ek het hierdie jaar n kind wat
matriekuitslae gekry het. Van die vier onderskeidings wat sy moes kry
het sy slegs een gekry. En die ander drie se punte is laag, met n C
vir twee van hulle en selfs n D! As hierdie kind nie in haar rekord
eksamens met n gemiddelde A geslaag het nie, kon mens dalk die uitslae
glo maar daar is definitief êrens fout.

Hier in Kwazulu Natal het n maat, wie glad nie kuns as vak het nie, n
B daarvoor gekry! n Ander maat het weer kuns en haar punte is nog
soek. 'n Ander kind het weer n afwesigheidsmerk gekry al het hy
eksamen geskryf. En so kan ek nog n paar voorbeelde noem van kinders
met wie se uitslae fout gegaan het. Daarom vra ek hoe betroubaar kan
die punte dan wees?

******

"david" skryf in boodskap news:...
> In die geheel is die verbeterde matriekuitslae bemoedigend. 'n Slaagsyfer
> van 60% is 'n aansienlike verbetering op syfers van onder die 50% enkele
> jare gelede.
>
> 'n Sinvolle vergelyking met verlede jaar se syfers is baie moeilik,
> aangesien die groter aandeel van jaarpunte in die eindpunt 'n positiewe
> uitwerking op die resultate kon hê.
>
> Die situasie in Mpumalanga, waar die slaagsyfer van 53% na 46% gedaal het,
> is uiters kommerwekkend. Dit is veral opvallend dat Mpumalanga juis die
> provinsie is waar die onderwysowerhede 'n vendetta voer teen voormalige
> model C skole. Mpumalanga se rassitiese onderwysagenda het hom nou gewreek
> op die gehalte van sy onderwys. Die AEB doen 'n beroep op die minister van
> Onderwys, Kader Asmal, om spesiale maatreëls te tref wat Mpumalanga se
> onderwysowerhede sal dwing om van eie agendas af te sien, presterende skole
> met rus te laat en te konsentreer op hul basiese taak.
>
> Die slaagsyfer van 99% onder die 5 414 kandidate van onafhanklike skole,
> moet spesiaal vermeld word. Hierdie prestasie moet dien as 'n wekroep tot
> die minister om privaatskole met rus te laat en dit as 'n belangrike bate in
> die onderwysopset van Suid-Afrika te beskou. Pogings tot inmenging in die
> leerplanne wat deur hierdie skole gevolg word, moet onmiddellik laat vaar
> word, aangesien die uitslae 'n bewys is daarvan dat die verbesondering van
> hul leerplanne die beste resultate oplewer.
Vorige onderwerp: Nuwe Leerplan
Volgende onderwerp: Veranderde skool termyne ... AAARGGGHHH!!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:35:12 MGT 2024