Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Van die Net gegaps 3
Van die Net gegaps 3 [boodskap #52904] Ma, 05 November 2001 10:25 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ta' Hess het my sterk aangevat oor my Ingils. Meeste van hierdie
goedjies kom van die oeroue Usenet News af (voor 1993) toe daar van
Afrikaans op die Net nie veel sprake was nie. Sommiges kan mens
vertaal maar nie altyd die ponslyn nie. Sien julle wat laat sy my
doen!

(Terloops, was een van Hitler se topknoppe nie ook Hess nie? :-)

Hond loop 'n kroeg binne en bestel 'n bier en 'n strooitjie. Die
kroegman kyk hom so en se, "Uit!" Hond vra baie mooi, "Ag asseblief
meneer, en sal dubbel betaal". Kroegman, wat ook die eienaar is, dink,
"Geld is geld, so wat de joos?"
en hy gee die hond 'n bier met, "Jy gedra jou net!"

Hond drink sy bier stadig en toe hy klaar is loop hy toilet toe, maar
pleks van ingaan, doen hy sy ding (nommer een) sommer so teen die
kosyn.

Kroegman sien rooi, storm agter toonbank uit, wil die hond met 'n
stoel bykom, maar die's te vinnig vir hom. Hy's uit by die deur.

Na so paar minute loer die hond versigtig in en se, "as ek tien keer
betaal, kan ek nog een kry?" Wel, geld is geld en hy kry nog 'n bier
en strooitjie. Toe hy met hierdie een klaar is toe is dit nommer twee
en sommer so op die mat. Kroegman vlie oor die toonbank, gryp sy mes
waarmee hy suurlemoene sny, duik agter hond wat oople vir die deur,
kry net sy stert beet en, woeps, sny hy dit af.

Arme hond kom nie ver nie toe bloei hy hom dood en sy sielietjie
filter op hemel toe. Daar gekom vra die een by die hek hom uit oor sy
stert en hond vertel hom.

"Ongelukkig kan ons jou nie so toelaat nie," se die persoon, "jy moet
terug en jou stert gaan haal." Daar is die sielietjie maar toe weer
af.

Onder gekom toe is dit al vroegoggend en die kroeg is toe.

"Jahoeee," weeklaag die hond.

Die kroegman bly op die eerste vloer en hoor die geraas. Hy maak die
venster oop en sien dis weer die hond.

"Wat nou," vra hy en hond vertel hom.

Terwyl hy die venster toemaak se hy, "Go away, we do not retail
spirits after midnight."
Re: Van die Net gegaps 3 [boodskap #52905 is 'n antwoord op boodskap #52904] Ma, 05 November 2001 10:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hierdie een vandag per e-pos gekry - maar ook 'n pragtige groaner soos
joune:
Ek het maar die Engels gelos, en die vertaalwerk na die beste van my vermoë
gedoen.

It was visitors' day at the lunatic asylum. All the inmates were standing
in the courtyard and singing "Ave Maria."
Besoektyd by die vrolike plaas. Al die permanente gaste staan op die
paradegrond en sing alte pragtigs: " Ave Maria" ( Hallo Maria)

And singing it so beautifully.
Hulle sing dit vreeslik mooi.

Oddly, each of them was holding a red apple in one hand, and tapping it
rhythmically with a pencil.
Elkeen van die singende gaste hou die maat met 'n potlood op 'n mooi rooi
appel.

A visitor listened in wonderment to the performance and then approached the
choir.
Een van die vlugtige besoekers luister in verwonderdering na die hemelse
sang en probeer die koormeester se aandag te trek.

"I am a retired choir director," he said. "This is one of the best choirs I
have ever heard in my entire life!"
Hy stel toe dat hy 'n afgetrede koormeester is, en die koor wat hy so pas
gehoor was een van die bestes wat hy nog ooit gehoor het.

"Yes, I'm very proud of them," said the conductor.
Die koormeester sê toe ja, hy is baie trots op sy vrolike plaaskoor.

"You should take them on tour," said the visitor.
Die besoeker raai die koormeerster toe aan om die koor op toer te neem.

"By the way, what are they called?"
Hy wil toe weet wat hulle genoem word - wat die koor se naam is.

Hieronder die naam van die koor : Wat nie lekker werk met 'n vertaling
nie:))

"Surely that's obvious," replied the conductor. They are the "The Moron
Tapanapple Choir."

Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0111050225.238e4a72@posting.google.com...
> Ta' Hess het my sterk aangevat oor my Ingils. Meeste van hierdie
> goedjies kom van die oeroue Usenet News af (voor 1993) toe daar van
> Afrikaans op die Net nie veel sprake was nie. Sommiges kan mens
> vertaal maar nie altyd die ponslyn nie. Sien julle wat laat sy my
> doen!
>
> (Terloops, was een van Hitler se topknoppe nie ook Hess nie? :-)
>
> Hond loop 'n kroeg binne en bestel 'n bier en 'n strooitjie. Die
> kroegman kyk hom so en se, "Uit!" Hond vra baie mooi, "Ag asseblief
> meneer, en sal dubbel betaal". Kroegman, wat ook die eienaar is, dink,
> "Geld is geld, so wat de joos?"
> en hy gee die hond 'n bier met, "Jy gedra jou net!"
>
> Hond drink sy bier stadig en toe hy klaar is loop hy toilet toe, maar
> pleks van ingaan, doen hy sy ding (nommer een) sommer so teen die
> kosyn.
>
> Kroegman sien rooi, storm agter toonbank uit, wil die hond met 'n
> stoel bykom, maar die's te vinnig vir hom. Hy's uit by die deur.
>
> Na so paar minute loer die hond versigtig in en se, "as ek tien keer
> betaal, kan ek nog een kry?" Wel, geld is geld en hy kry nog 'n bier
> en strooitjie. Toe hy met hierdie een klaar is toe is dit nommer twee
> en sommer so op die mat. Kroegman vlie oor die toonbank, gryp sy mes
> waarmee hy suurlemoene sny, duik agter hond wat oople vir die deur,
> kry net sy stert beet en, woeps, sny hy dit af.
>
> Arme hond kom nie ver nie toe bloei hy hom dood en sy sielietjie
> filter op hemel toe. Daar gekom vra die een by die hek hom uit oor sy
> stert en hond vertel hom.
>
> "Ongelukkig kan ons jou nie so toelaat nie," se die persoon, "jy moet
> terug en jou stert gaan haal." Daar is die sielietjie maar toe weer
> af.
>
> Onder gekom toe is dit al vroegoggend en die kroeg is toe.
>
> "Jahoeee," weeklaag die hond.
>
> Die kroegman bly op die eerste vloer en hoor die geraas. Hy maak die
> venster oop en sien dis weer die hond.
>
> "Wat nou," vra hy en hond vertel hom.
>
> Terwyl hy die venster toemaak se hy, "Go away, we do not retail
> spirits after midnight."
Re: Van die Net gegaps 3 [boodskap #52931 is 'n antwoord op boodskap #52904] Ma, 05 November 2001 21:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Drom wrote:

> Sien julle wat laat sy my
> doen!
>
> (Terloops, was een van Hitler se topknoppe nie ook Hess nie? :-)
>

Nou voel jy nou nie 'n hele klomp beter
na jy die ding in Afrikaans vertaal het nie?

Rudolph
Re: Van die Net gegaps 3 [boodskap #52972 is 'n antwoord op boodskap #52904] Di, 06 November 2001 12:13 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 05 Nov 2001 21:46:00 GMT, @home.com wrote:

> Drom wrote:
>
>> Sien julle wat laat sy my
>> doen!

>> (Terloops, was een van Hitler se topknoppe nie ook Hess nie? :-)

>
> Nou voel jy nou nie 'n hele klomp beter
> na jy die ding in Afrikaans vertaal het nie?
>
> Rudolph
>

Meer leesbaar selfs hier in Spandau

DD
Vorige onderwerp: Van die Net gegaps 2
Volgende onderwerp: Van die net gegaps 1
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:50:12 MGT 2024