Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HEUNINGBOSTEE:Bestaan dit nog?
HEUNINGBOSTEE:Bestaan dit nog? [boodskap #5184] Wo, 10 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
jac...  is tans af-lyn  jac...
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek doen navorsing oor tee in Suid-Afrika. Ek het heelwat inligting oor Rooibos
soos verwag kan word. Daar is egter nog 'n teesoort wat minder bekend is en
waaroor ek haas byna niks kan uitvind nie en dit is heunigbostee.

Kan enige iemand my miskien vertel waar die tee gegroei word, wat die latynse
naam vir die bossie is en hoe ek met iemand kan skakel by wie ek moontlik
monsters hiervan kan koop.

Groete,

JAC...@BYU.EDU
DS: [AFRIKAANS:5492] Re: HEUNINGBOSTEE:Bestaan dit nog? [boodskap #5195 is 'n antwoord op boodskap #5184] Do, 11 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Jacques vra:
> Ek doen navorsing oor tee in Suid-Afrika. Ek het heelwat inligting oor
> Rooibos soos verwag kan word. Daar is egter nog 'n teesoort wat minder
> bekend is en waaroor ek haas byna niks kan uitvind nie en dit is
> heunigbostee. Kan enige iemand my miskien vertel waar die tee gegroei
> word, wat die latynse naam vir die bossie is en hoe ek met iemand kan
> skakel by wie ek moontlik monsters hiervan kan koop.

My pa het etlike jare gelede heuningbostee êrens uit die Kaap bestel.
Dit het 'n heerlike geur gehad. Volgens die woordeboek is die
plant Cyclopia - ek weet nie watter spesie nie.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5513] Re: HEUNINGBOSTEE:Bestaan dit nog? [boodskap #5213 is 'n antwoord op boodskap #5184] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nie seker nie, maar ek vermoed daar is 'n plant in die Rooiberg
(Klein Karoo) waarvan daar tee gemaak kan word. Miskien moet jy skakel met
die departement van bosbou. Gesels met 'n persoon wat die Rooiberg ken.

Hennie Olivier
-------------
Original Text
> From wage...@xs4all.nl (Robert Wagenaar), on 1/11/96 1:41 PM:
In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef jac...@yvax.byu.edu:

> Ek doen navorsing oor tee in Suid-Afrika. Ek het heelwat inligting oor Rooibos
> soos verwag kan word. Daar is egter nog 'n teesoort wat minder bekend is en
> waaroor ek haas byna niks kan uitvind nie en dit is heunigbostee.

> Kan enige iemand my miskien vertel waar die tee gegroei word, wat die latynse
> naam vir die bossie is en hoe ek met iemand kan skakel by wie ek moontlik
> monsters hiervan kan koop.

> Groete,

> JAC...@BYU.EDU
Re: DS: [AFRIKAANS:5513] Re: HEUNINGBOSTEE:Bestaan dit nog? [boodskap #5237 is 'n antwoord op boodskap #5213] Di, 16 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Robert Wagenaar wrote:



Verzonden: maandag 15 januari 1996 8:06[/color]
> Aan: Multiple recipients of list
> Onderwerp: [AFRIKAANS:5513] Re: HEUNINGBOSTEE:Bestaan dit nog?

> Ek is nie seker nie, maar ek vermoed daar is 'n plant in die Rooiberg
> (Klein Karoo) waarvan daar tee gemaak kan word. Miskien moet jy skakel met
> die departement van bosbou. Gesels met 'n persoon wat die Rooiberg ken.

> Hennie Olivier
> ------------->>>

Net onder die berg op die pad tussen George en Oudtshoorn (aan die
Oudtshoorn-kant) koop 'n mens die tee by stalletjies.
Dit is effens soet, kan die heel dag op die stoof staan en prut en is
heerlik om te drink.
DS: [AFRIKAANS:5694] RE: Heuningbostee [boodskap #5391 is 'n antwoord op boodskap #5184] Di, 23 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
'n Vriend van my het 'n ruk gelede vir my 'n pakkie van tee gebring
wat hy by Oom Sammie se Winkel in Stellenbosch gekoop het. Ek het 'n
vermoede dat dit deesdae by meeste van die gesondheidswinkels te koop
sal wees.

Volgens die _Common Names of South African Plants-, edited by
Phillips, E.P. and Van Hoepen, E., 1966, die volgende inl. oor
heuningtee:

"_Cyclopia genistoides_ (SW to Riv): A bushy shrub . Leaves 3-
foliolate, sessile; leaflets entire, narrow, linear; flowers in
showy subterminal masses, bright yellow. The foliage and young
flowers are used as a bush tea with an odour suggesting honey
(Afr: heuning) and free from stimulating alkaloids, having long
(c. 1830) been used as a restorative for coughs and colds. The
name was originally recorded by Thunberg (c. 1722) as
"Honingtee". ... The species was probably the earlies to be used
as a tea at the Cape and was known by its vernacular name about
1750. ... The name is sometimes cited in literature rather loosly
for other species of the genus as well."

(SW= South Western Districts,
Riv= Riversdale)

As ek reg onthou, proe dit nie soos medisyne nie, maar soortgelyk aan
rooibostee.

Groete

Ester

************************************************************ **********
rs.Ester Ferreira Tel: National: (011) 489-2646
Information Librarian International: 27-11-489-2646
University Library Fax: National: (011) 726-7723
Rand Afrikaans University International: 27-11-726-7723
P.O. Box. 524
AUCKLAND PARK
2006
SOUTH AFRICA E-mail: H...@info.rau.ac.za
************************************************************ **********
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5666] Re: Waarom 'Sokker' i.p.v. 'Voetbal' in he
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5630] Re: DS: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA -
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 12:53:55 MGT 2024