Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Die Brandaan-siklus: Brandende Boek deur D.J. OPPERMAN
Die Brandaan-siklus: Brandende Boek deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50014] Wo, 12 September 2001 19:38 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit die Brandaan-siklus
D.J. Opperman

Brandende Boek

Dis Pinksternag en voor die kaggelvuur
terwyl ek verse skryf, weet ek die mooi
geskryf is eintlik boos en hierdie uur
moet ek my bundel in die vlamme gooi
as ek God suiwerder wil dien…. Maar blaaie
en die boek se band krul om en slaan
tot vlerke oop dat daar met geel-blou swaaie
'n engel toornig in die klipboog staan:
"Jy het die waarheid in die vuur verbrand,
maar nou gebied die Here God dat jy
ook in die gramadoelas van jou land
Sy wondere sien en koninkryk uitbrei." -
"En tog, hoe moet ek weet dat onvermom
selfs Jy van God en nie die Duiwel kom?"
Re: Die Brandaan-siklus: Brandende Boek deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50015 is 'n antwoord op boodskap #50014] Wo, 12 September 2001 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis mooi Gloudina, wat sou "brandaan-siklus" beteken?

Pop

skryf in boodskap news:3B9FBAD9.6E1C83DA@home.com...
Uit die Brandaan-siklus
D.J. Opperman

Brandende Boek

Dis Pinksternag en voor die kaggelvuur
terwyl ek verse skryf, weet ek die mooi
geskryf is eintlik boos en hierdie uur
moet ek my bundel in die vlamme gooi
as ek God suiwerder wil dien.. Maar blaaie
en die boek se band krul om en slaan
tot vlerke oop dat daar met geel-blou swaaie
'n engel toornig in die klipboog staan:
"Jy het die waarheid in die vuur verbrand,
maar nou gebied die Here God dat jy
ook in die gramadoelas van jou land
Sy wondere sien en koninkryk uitbrei." -
"En tog, hoe moet ek weet dat onvermom
selfs Jy van God en nie die Duiwel kom?"
Re: Die Brandaan-siklus: Brandende Boek deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50016 is 'n antwoord op boodskap #50014] Wo, 12 September 2001 21:36 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

pop wrote:
> Dis mooi Gloudina, wat sou "brandaan-siklus" beteken?
>

Dis een van 'n siklus van ag sonnette wat Opperman geskryfhet met as
kernmateriaal die legende van St. Brandaan, 'n
middeleeuse reisiger wat oor sy ondervindinge geskryf het.
St. Brandaan het glo sy geskrifte in die vuur gegooi, omdat
hy gedink het dat dit "boos" was. Opperman laat in
"Brandende boek" die boek se blaaie opkrul sodat dit later
lyk of daar 'n engel in die vuur staan. Die engel beveel dan
vir Brandaan om sy land te beskryf. Brandaan vra egter vir
homself af of hierdie bevel nie ook van die duiwel kom nie.
In die volgende sewe sonnette sal jy dan van sy verdere
beskrywings lees.
Of die kuns boos is, of die kunstenaar soms die waarheid
verdraai net "sodat 'n deuntjie in my draai" is 'n baie belangrike
tema in Opperman se werk. Die enigste keer wat ek vir
Opperman in lewende lywe gesien het, was by 'n lesing wat hy
in Pietermaritzburg gegee het, getiteld: "Die Kuns is Boos."

Gloudina

> ..
> Uit die Brandaan-siklus
> D.J. Opperman
>
> Brandende Boek
>
> Dis Pinksternag en voor die kaggelvuur
> terwyl ek verse skryf, weet ek die mooi
> geskryf is eintlik boos en hierdie uur
> moet ek my bundel in die vlamme gooi
> as ek God suiwerder wil dien.. Maar blaaie
> en die boek se band krul om en slaan
> tot vlerke oop dat daar met geel-blou swaaie
> 'n engel toornig in die klipboog staan:
> "Jy het die waarheid in die vuur verbrand,
> maar nou gebied die Here God dat jy
> ook in die gramadoelas van jou land
> Sy wondere sien en koninkryk uitbrei." -
> "En tog, hoe moet ek weet dat onvermom
> selfs Jy van God en nie die Duiwel kom?"
Vorige onderwerp: "Die Kalksteengroef" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: Brandaan-siklus (2) "Swart Kop" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 09:20:37 MGT 2024