Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Kwatryne" deur I.D. DU PLESSIS
Uit "Kwatryne" deur I.D. DU PLESSIS [boodskap #4977] Ma, 24 Julie 2006 11:59 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Kwatryne"
I.D. du Plessis

Djokjakarta

In Djokjakarta waar die silwersmede
Geduldig hamer op die wit metaal,
Het ek vir jou - 'n duisend jaar gelede? -
Dié bontgeblomde batikdoek gaan haal.

Duiwe

Bali se singende duiwe
Omsingel die maan in hul vlug
En hang, 'n tros donkerblou druiwe,
Aan die hoë prieel van die lug.
Re: Uit "Kwatryne" deur I.D. DU PLESSIS [boodskap #4978 is 'n antwoord op boodskap #4977] Ma, 24 Julie 2006 19:05 Na vorige boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Een van my gunstelingdigters...

Hessie wrote:
> Uit "Kwatryne"
> I.D. du Plessis
>
> Djokjakarta
>
> In Djokjakarta waar die silwersmede
> Geduldig hamer op die wit metaal,
> Het ek vir jou - 'n duisend jaar gelede? -
> Dié bontgeblomde batikdoek gaan haal.
>
> Duiwe
>
> Bali se singende duiwe
> Omsingel die maan in hul vlug
> En hang, 'n tros donkerblou druiwe,
> Aan die hoë prieel van die lug.
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Vorige onderwerp: " Die Brand" deur JAN CELLIERS
Volgende onderwerp: " Hoe di Hollanders di Kaap ingeneem het" deur S.J. du TOIT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 18:48:04 MGT 2024