Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Kontinentale Drywing deur CHARL DURAND
Kontinentale Drywing deur CHARL DURAND [boodskap #4930] So, 04 Junie 2006 11:11 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
KONTINENTALE DRYWING
Charles Durand


Warrelwind

het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?

al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar

en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto's kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil

skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...

ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en

as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
Re: Kontinentale Drywing deur CHARL DURAND [boodskap #4931 is 'n antwoord op boodskap #4930] So, 04 Junie 2006 13:45 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - daar is 'n ander Afrikaanse gedig waarin die kontinentale
drywing beeld gebruik word - help tog...

bou...@rogers.com wrote:
> KONTINENTALE DRYWING
> Charles Durand
>
>
> Warrelwind
>
> het my skiereiland vir jou te klein geword
> het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
> by die flouerige lig van verwarring
> wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?
>
> al die jare kon ek jou vang voor die waterval
> ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
> jy't saam met my verstedelik
> jy't saam met my elke winter verjaar
>
> en nou sê jy -
> jou sandduin het verskuif
> die lugfoto's kan jy nou verduidelik
> miskien is dit hoekom jy huil
>
> skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...
>
> ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
> ek wil jou laat weet van mooiweer,
> verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en
>
> as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
> waarheen die kontinente dryf?
Vorige onderwerp: " Bloubaard verwelkom sy vrou " deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: " Tyd en die Klein Karoo " deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 07:52:57 MGT 2024