Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Klippe praat " deur P.J. PHILANDER
" Die Klippe praat " deur P.J. PHILANDER [boodskap #4604] Sa, 22 April 2006 01:28 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
DIE KLIPPE PRAAT
P.J. Philander

Gaan tot die keper en skraap
die patina vir spore uit die Kaap
tot die waarheid duidelik bo
op die rotse is van die Erongo.

Sedert die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris
bewaar julle valse stukke by die argivaris.
In die wande ingegraveer
is ons baasskap verewig teen wind en weer.

Die bruin, wit en swart figure
moes julle saamgestel het op die binnemure;
pas op vir die dag as ons hatig en sku
op julle kasteel en wonings nader tree.

Vir die baasjagter raak die spore
van die gekwestes mos nooit verlore
en die ou fonteine nog gister brak
kan in swaar tye tog soet raak.

Net ons soos dier en plant
ken al die drinkplekke in die sand;
sal tot die einde met klou, tand
en bitter wortels bly in die land.

Intussen kook ons potte
gif vir die klomp veldrotte;
vervloek dié wat ons stryd
om 'n bestaan by die wortels byt

en wag tot die grootwild op 'n dag
die hoogtes moet verlaat en oornag
in die laagtes tussen dorings...
dan kry elke graf sy koedoehorings!
Re: " Die Klippe praat " deur P.J. PHILANDER [boodskap #4606 is 'n antwoord op boodskap #4604] Sa, 22 April 2006 06:47 Na vorige boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message news:1145669303.989377.279390@z34g2000cwc.googlegroups.com.. .

DIE KLIPPE PRAAT
P.J. Philander

Gaan tot die keper en skraap
die patina vir spore uit die Kaap
tot die waarheid duidelik bo
op die rotse is van die Erongo.

Sedert die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris
bewaar julle valse stukke by die argivaris.
In die wande ingegraveer
is ons baasskap verewig teen wind en weer.

Die bruin, wit en swart figure
moes julle saamgestel het op die binnemure;
pas op vir die dag as ons hatig en sku
op julle kasteel en wonings nader tree.

Vir die baasjagter raak die spore
van die gekwestes mos nooit verlore
en die ou fonteine nog gister brak
kan in swaar tye tog soet raak.

Net ons soos dier en plant
ken al die drinkplekke in die sand;
sal tot die einde met klou, tand
en bitter wortels bly in die land.

Intussen kook ons potte
gif vir die klomp veldrotte;
vervloek dié wat ons stryd
om 'n bestaan by die wortels byt

en wag tot die grootwild op 'n dag
die hoogtes moet verlaat en oornag
in die laagtes tussen dorings...
dan kry elke graf sy koedoehorings!

----

Hier is 'n ou wat waarskynlik nie impressed was met
Mandela se vredespraatjies nie!

F
Vorige onderwerp: "Ketter" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: " I think I am the first " deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 18:09:03 MGT 2024