Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Katte val uit die boom uit ...
Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4575] So, 16 April 2006 12:40 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
(behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
van al die verlorens af.)
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4577 is 'n antwoord op boodskap #4575] Ma, 17 April 2006 07:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee wat ou broer, die Katte ist al seisoene met omtrent dieselfde spelers,
met verskillende afrigters. Wat sê dit vir jou? Die afrigters? Die
spelers is op die veld en dis hulle wat die ding doen, niemand anders nie.
Miskien moet hulle begin kyk hoeveel ure elke speler WEG van die veld af [en
weg van die span af] bestee ter voorbereiding van homself as speler? Naas
het doerie jare gesê hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy. Dalk dink
die outjies hulle is volleerd en goed genoeg? Dit geld nie net vir die
Katte nie, die res is ewe vaak.

"Jonas" wrote in message news:1145191230.533613.130090@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .
> Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
> (behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
> hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
> van al die verlorens af.)
>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4578 is 'n antwoord op boodskap #4577] Ma, 17 April 2006 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Twee aanhalings van die Cats se afrigter vir jou (albei die afgelope
maand of wat):

1. Oor nederlae: 'n Mens moet maar aanhou om die raket te swaai. Die
een of ander tyd slaan jy die bal raak.
2. Ook oor nederlae: Die Cats is vanjaar goed geplaas. Die vorige vier
jaar kon die Cats elke jaar net een wedstryd wen. Nou het hulle al een
gewen en daar is nog vier oor. Hulle is dus goed geplaas om baie te
verbeter op die vorige vier jaar.

Dit se omtrent alles.

Ook ter sake: David Campese help deesdae afrig by die Sharks. Nou die
aand op Boot & All se Dick Muir al wat Campese hom eintlik mee besig
hou, is om die Sharks se spelers basiese vaardighede te leer. Omdat
hulle dit nie het nie.

As spelers nie kan vang, aangee of skop nie. Selfs nie na seisoene op
top vlak nie. En as hulle nie op die veld kan dink nie, is dit in die
eerste plek die afrigter se skuld.

SA het nie afrigters nie.

Die Bulls behoort byvoorbeeld maklik een van die top 3 spanne in die
S14 te wees. Hulle het die spelers. Hulle het size en hulle het spoed
en hulle het talent. Die Bulls is n imponerende kombinasie van
bulldozers voor en resieskarre agter.

Hoekom onderpresteer hulle so? Hoekom speel hulle soos idiote?

Lyk vir my soos die afrigter.

Dis in wese dieselfde soort denke (aan afrigter-kant) waaroor Joost so
18 maande gelede op Boots & All vertel het. Hy het vertel dat hy as 'n
Sprinkbok VERBIED was om OOIT halwe gapings te vat. Punt.

Nie dat hy sy eie mind moet opmaak op die veld nie. Maar dat hy dit
nooit mag doen nie.

On Mon, 17 Apr 2006 07:18:40 -0000, "Suidwester" wrote:
> Nee wat ou broer, die Katte ist al seisoene met omtrent dieselfde spelers,
> met verskillende afrigters. Wat sê dit vir jou? Die afrigters? Die
> spelers is op die veld en dis hulle wat die ding doen, niemand anders nie.
> Miskien moet hulle begin kyk hoeveel ure elke speler WEG van die veld af [en
> weg van die span af] bestee ter voorbereiding van homself as speler? Naas
> het doerie jare gesê hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy. Dalk dink
> die outjies hulle is volleerd en goed genoeg? Dit geld nie net vir die
> Katte nie, die res is ewe vaak.
> "Jonas" wrote in message
> news:1145191230.533613.130090@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .
>> Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
>> (behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
>> hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
>> van al die verlorens af.)
>>
>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4579 is 'n antwoord op boodskap #4577] Ma, 17 April 2006 15:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Broer dink dat die Katte se kaptein so hard speel, dat hy heeltemal vergeet
on te kaptein.....
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:U7-dnUQX7_bKrt7ZnZ2dnUVZ_vudnZ2d@is.co.za...
> Nee wat ou broer, die Katte ist al seisoene met omtrent dieselfde spelers,
> met verskillende afrigters. Wat sê dit vir jou? Die afrigters? Die
> spelers is op die veld en dis hulle wat die ding doen, niemand anders nie.
> Miskien moet hulle begin kyk hoeveel ure elke speler WEG van die veld af [en
> weg van die span af] bestee ter voorbereiding van homself as speler? Naas
> het doerie jare gesê hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy. Dalk dink
> die outjies hulle is volleerd en goed genoeg? Dit geld nie net vir die
> Katte nie, die res is ewe vaak.
> "Jonas" wrote in message
> news:1145191230.533613.130090@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .
>> Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
>> (behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
>> hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
>> van al die verlorens af.)
>>
>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4580 is 'n antwoord op boodskap #4578] Ma, 17 April 2006 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Iemand" het genoem dat Laurie Mains weer deur die Katte herroep gaan
word - of dit waar is weet ek nie.
Wat ek wel weet is dat SA afrigters erg verbeeldingloos is. Persoonlik
glo ek dat daar by die Franse en Australiaanse afrigters kers opgesteek
behoort te word. (Uiteraard word die Franse deur 'n taalverskil
gekortwiek.)
Die Nieu Seelanders is ook maar geneig om kragrugby
(stootskraper-rugby) te wil speel. Suid-Afrika glo steeds dat hy die
grootste en beste voorspelers het - ongelukkig het die speelveld, wat
dit aan betref, gelyk geword.

Ferdi Greyling wrote:
> Twee aanhalings van die Cats se afrigter vir jou (albei die afgelope
> maand of wat):
>
> 1. Oor nederlae: 'n Mens moet maar aanhou om die raket te swaai. Die
> een of ander tyd slaan jy die bal raak.
> 2. Ook oor nederlae: Die Cats is vanjaar goed geplaas. Die vorige vier
> jaar kon die Cats elke jaar net een wedstryd wen. Nou het hulle al een
> gewen en daar is nog vier oor. Hulle is dus goed geplaas om baie te
> verbeter op die vorige vier jaar.
>
> Dit se omtrent alles.
>
> Ook ter sake: David Campese help deesdae afrig by die Sharks. Nou die
> aand op Boot & All se Dick Muir al wat Campese hom eintlik mee besig
> hou, is om die Sharks se spelers basiese vaardighede te leer. Omdat
> hulle dit nie het nie.
>
> As spelers nie kan vang, aangee of skop nie. Selfs nie na seisoene op
> top vlak nie. En as hulle nie op die veld kan dink nie, is dit in die
> eerste plek die afrigter se skuld.
>
> SA het nie afrigters nie.
>
> Die Bulls behoort byvoorbeeld maklik een van die top 3 spanne in die
> S14 te wees. Hulle het die spelers. Hulle het size en hulle het spoed
> en hulle het talent. Die Bulls is n imponerende kombinasie van
> bulldozers voor en resieskarre agter.
>
> Hoekom onderpresteer hulle so? Hoekom speel hulle soos idiote?
>
> Lyk vir my soos die afrigter.
>
> Dis in wese dieselfde soort denke (aan afrigter-kant) waaroor Joost so
> 18 maande gelede op Boots & All vertel het. Hy het vertel dat hy as 'n
> Sprinkbok VERBIED was om OOIT halwe gapings te vat. Punt.
>
> Nie dat hy sy eie mind moet opmaak op die veld nie. Maar dat hy dit
> nooit mag doen nie.
>
>
>
>
> On Mon, 17 Apr 2006 07:18:40 -0000, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Nee wat ou broer, die Katte ist al seisoene met omtrent dieselfde spelers,
>> met verskillende afrigters. Wat sê dit vir jou? Die afrigters? Die
>> spelers is op die veld en dis hulle wat die ding doen, niemand anders nie.
>> Miskien moet hulle begin kyk hoeveel ure elke speler WEG van die veld af [en
>> weg van die span af] bestee ter voorbereiding van homself as speler? Naas
>> het doerie jare gesê hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy. Dalk dink
>> die outjies hulle is volleerd en goed genoeg? Dit geld nie net vir die
>> Katte nie, die res is ewe vaak.
>> "Jonas" wrote in message
>> news:1145191230.533613.130090@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .
>>> Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
>>> (behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
>>> hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
>>> van al die verlorens af.)
>>>
>>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4582 is 'n antwoord op boodskap #4577] Di, 18 April 2006 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
ek dink die bulle moet vir Fourie koop , hys al wat iets beteken daar

"Suidwester" wrote in message
news:U7-dnUQX7_bKrt7ZnZ2dnUVZ_vudnZ2d@is.co.za...
> Nee wat ou broer, die Katte ist al seisoene met omtrent dieselfde spelers,
> met verskillende afrigters. Wat sê dit vir jou? Die afrigters? Die
> spelers is op die veld en dis hulle wat die ding doen, niemand anders nie.
> Miskien moet hulle begin kyk hoeveel ure elke speler WEG van die veld af
> [en weg van die span af] bestee ter voorbereiding van homself as speler?
> Naas het doerie jare gesê hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy.
> Dalk dink die outjies hulle is volleerd en goed genoeg? Dit geld nie net
> vir die Katte nie, die res is ewe vaak.
> "Jonas" wrote in message
> news:1145191230.533613.130090@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .
>> Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
>> (behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
>> hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
>> van al die verlorens af.)
>>
>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4583 is 'n antwoord op boodskap #4578] Di, 18 April 2006 07:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
ek dink die afrigters probeer die wedstryd voor die game te speel en maak
'n klomp kak planne wat nooit werk nie.

"Ferdi Greyling" wrote in message
news:44437b4b.91903880@news.saix.co.za...
>
> Twee aanhalings van die Cats se afrigter vir jou (albei die afgelope
> maand of wat):
>
> 1. Oor nederlae: 'n Mens moet maar aanhou om die raket te swaai. Die
> een of ander tyd slaan jy die bal raak.
> 2. Ook oor nederlae: Die Cats is vanjaar goed geplaas. Die vorige vier
> jaar kon die Cats elke jaar net een wedstryd wen. Nou het hulle al een
> gewen en daar is nog vier oor. Hulle is dus goed geplaas om baie te
> verbeter op die vorige vier jaar.
>
> Dit se omtrent alles.
>
> Ook ter sake: David Campese help deesdae afrig by die Sharks. Nou die
> aand op Boot & All se Dick Muir al wat Campese hom eintlik mee besig
> hou, is om die Sharks se spelers basiese vaardighede te leer. Omdat
> hulle dit nie het nie.
>
> As spelers nie kan vang, aangee of skop nie. Selfs nie na seisoene op
> top vlak nie. En as hulle nie op die veld kan dink nie, is dit in die
> eerste plek die afrigter se skuld.
>
> SA het nie afrigters nie.
>
> Die Bulls behoort byvoorbeeld maklik een van die top 3 spanne in die
> S14 te wees. Hulle het die spelers. Hulle het size en hulle het spoed
> en hulle het talent. Die Bulls is n imponerende kombinasie van
> bulldozers voor en resieskarre agter.
>
> Hoekom onderpresteer hulle so? Hoekom speel hulle soos idiote?
>
> Lyk vir my soos die afrigter.
>
> Dis in wese dieselfde soort denke (aan afrigter-kant) waaroor Joost so
> 18 maande gelede op Boots & All vertel het. Hy het vertel dat hy as 'n
> Sprinkbok VERBIED was om OOIT halwe gapings te vat. Punt.
>
> Nie dat hy sy eie mind moet opmaak op die veld nie. Maar dat hy dit
> nooit mag doen nie.
>
>
>
>
> On Mon, 17 Apr 2006 07:18:40 -0000, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Nee wat ou broer, die Katte ist al seisoene met omtrent dieselfde spelers,
>> met verskillende afrigters. Wat sê dit vir jou? Die afrigters? Die
>> spelers is op die veld en dis hulle wat die ding doen, niemand anders nie.
>> Miskien moet hulle begin kyk hoeveel ure elke speler WEG van die veld af
>> [en
>> weg van die span af] bestee ter voorbereiding van homself as speler?
>> Naas
>> het doerie jare gesê hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy. Dalk
>> dink
>> die outjies hulle is volleerd en goed genoeg? Dit geld nie net vir die
>> Katte nie, die res is ewe vaak.
>> "Jonas" wrote in message
>> news:1145191230.533613.130090@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .
>>> Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
>>> (behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
>>> hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
>>> van al die verlorens af.)
>>>
>>
>>
>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4584 is 'n antwoord op boodskap #4578] Di, 18 April 2006 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mens wonder waar lê die antwoord? Op S14-vlak, behoort 'n speler regtig
vaardigheidprobleme te hê? Lê die antwoord nie verder terug dan nie? Op
provinsiale vlak of selfs op skoolvlak? Soos jy teregte sê, daar is 'n
algemene tekort in SA rugby wat vaardigheid aanbetref. Wie lei afrigters
op? Is daar kursusse waarop afrigters kan gaan om hulle kennis uit te
brei? Bring SA rugby kenners van oorsee af in om die kursusse aan te bied?
Ek staan egter by my punt dat daar persoonlik nie genoeg toewyding by
die individuele spelers is nie. 'n Kampioen word nie gebore nie....dis die
ou met die grootste wil om te wen en bereid is om die paadjie te loop wat
hom in die wenposisie te plaas. Byvoorbeeld, as 'n senter nie kan swenk na
biede kante toe nie, dan is dit die afrigter se verantwoordelikheid hom dit
te vertel en hom te verduidelik hoe om dit te doen, maar sy eie
verantwoordelikheid om die nodige EKSTRA ure in te sit om dit aan te leer.
Dick Muir is op die regte pad. Hy erken sy span het gebreke en hy
bring kenners in om hulle te help. Die Sharks het wonderbaarlik verbeter,
maar wat gaan gebeur as daai Sharks wat die Bokspan haal, vir Jake White
tref en die wil net stampkarre en superverdediging speel?
Die Bulle het definitief 'n afrigter wat self nie strategies kan dink
nie. Dis so ooglopend. Met Steyn kry sy agterlyn lewe en met Hougaardt
speel hulle stampkarre. Die beste senter op die veld sit op vleuel en hoop
op die een of ander onderskep sodat hy 'n drie kan gaan druk. Nou storie
Meyer in elke onnderhoud hy kan nie wag dat Hougaardt weer reg is om te
speel nie....as ek Steyn was, soek ek vir my 'n ander span.
Vir my is 'n algemene probleem die feit dat ons spelers die verkeerde
lyn aanval. Hulle probeer oor die voordeellyn kom en dan val hy daar om en
lê pens na bo gelukkig met sy prestasie. Miskien moet iemand hulle vertel
dat die werklike doel is om oor die DOELLYN te kom?
Soos Joost verbied was, so word Fourie du Preez ook in die afgrond in
ge-'coach'.
"Ferdi Greyling" wrote in message
news:44437b4b.91903880@news.saix.co.za...
>>
>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4585 is 'n antwoord op boodskap #4579] Di, 18 April 2006 07:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink in elk geval jou kaptein hoort nie in die skrum nie. 'n Goeie
kaptein lei mos met voorbeeld, reken meeste en hy moet die hardste in die
voorste linies veg. Twak. Rugby is oorlog en in enige oorlog skiet die
generaal nie in die loopgrawe nie. Hy is die een wat veronderstel is om
kalm te bly en planne te maak. In SA, sodra 'n ou net wys dat hy hard
speel, dan maak hulle hom die kaptein!

"Annette" skryf in boodskap news:AM6dnYnhIKZrMt7ZRVn-jg@is.co.za...
> Broer dink dat die Katte se kaptein so hard speel, dat hy heeltemal
> vergeet
> on te kaptein.....
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:U7-dnUQX7_bKrt7ZnZ2dnUVZ_vudnZ2d@is.co.za...
>> Nee wat ou broer, die Katte ist al seisoene met omtrent dieselfde
>> spelers,
>> met verskillende afrigters. Wat sê dit vir jou? Die afrigters? Die
>> spelers is op die veld en dis hulle wat die ding doen, niemand anders
>> nie.
>> Miskien moet hulle begin kyk hoeveel ure elke speler WEG van die veld af [en
>> weg van die span af] bestee ter voorbereiding van homself as speler? Naas
>> het doerie jare gesê hoe meer jy oefen, hoe gelukkiger raak jy. Dalk dink
>> die outjies hulle is volleerd en goed genoeg? Dit geld nie net vir die
>> Katte nie, die res is ewe vaak.
>> "Jonas" wrote in message
>> news:1145191230.533613.130090@v46g2000cwv.googlegroups.com.. .
>>> Die Sharks het nie die wedstryd gewen nie - die Katte het hom
>>> (behoorlik) verloor. Daar's bepaald iets met die afrigting fout -
>>> hierdie ouens beskik oor geen selfvertroue nie. (Miskien die resultaat
>>> van al die verlorens af.)
>>>
>>
>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4586 is 'n antwoord op boodskap #4585] Di, 18 April 2006 09:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Frik du Preez het op 'n tydstip gesê dat 'n rugbykaptein die ou is wat
eerste op die veld draf.... Maar ek stem saam - Wikus speel lekker
hard.
Wat Steyn aanbetref , ek sou ook 'n ander heenkome gesoek het.

Maar - is ons rugby nie nes ons krieket nie. Wanneer dit vrot gaan, wat
meeste van die tyd is, wil ons dinge op hul kop keur en is veranderinge
aan die orde van die dag. En dan tel ons 'n gelukkige wen op, en alles
is vergewe. So - niks verander nie, en niks verbeter werklik nie.....

Byvoorbeeld - na die Australiaanse reeks (krieket) moet ons voorraad
neem en die veranderinge aanbring. Maar dit het nie gebeur nie - en
ploeter ons voort in die hoop dat ons Bangladesh en Zimbabwe (speel
hulle nog?) pak sal gee.
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4587 is 'n antwoord op boodskap #4584] Di, 18 April 2006 10:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Apr 2006 07:52:13 -0000, "Suidwester" wrote:

algemene tekort in SA rugby wat vaardigheid aanbetref. >>[/color]

... wat my bring by my ander teorie: Dat daardie dekade in isolasie in
die 80's ons baie skade aangedoen het. Die spelers het teen die einde
verswak, maar spelers word binne 'n jaar of twee vervang soos nuwe
matrieks uit die skool kom.

Niemand het egter besef watter skade gedoen is deurdat loopbaan-kanse
vir afrigters in daardie dekade nul was. Daar was nie 'n voltydse
Bok-afrigter nie en die provinsiale rugby was nie baie nie. Ons kon
ook nie aan die wereldbeker deelneem nie.

Ek vermoed baie afrig-talent op verskeie vlakke het hul ander dinge
begin toespits en so is n hele geslag potensieel goeie afrigters
missing.

Afrigters vat seker so tien jaar om hul vak te leer. Dis nou as hulle
natuurlike afrigters is.

Vandag is dit 'n moerse job (wat aansien en geld betref) om te kry -
om n S14 span af te rig. In die dekade van isolasie was provinsiale
afrigter(buiten NTVL en WP) nie juis iets sgroots gewees nie - plus
die vier of vyf top unies was jaar na jaar kenbare opponente vir
mekaar. 'n Afrgter moes die spelers maar net fiks kry, het dit soms
vir my gelyk.

brei? Bring SA rugby kenners van oorsee af in om die kursusse aan te bied?[/color]
> Ek staan egter by my punt dat daar persoonlik nie genoeg toewyding by
> die individuele spelers is nie. 'n Kampioen word nie gebore nie....dis die
> ou met die grootste wil om te wen en bereid is om die paadjie te loop wat
> hom in die wenposisie te plaas. Byvoorbeeld, as 'n senter nie kan swenk na
> biede kante toe nie, dan is dit die afrigter se verantwoordelikheid hom dit
> te vertel en hom te verduidelik hoe om dit te doen, maar sy eie >>

Jy sal jou doodskrik as jy hoor wat by skole aangaan. Spelers wat deur
skole gekoop word om hul rugby-prestige te verbeter (sekerlik om op
die einde hoe"r skoolgelde te regverdig ens), seuns wat in patrone
gedwing word om onmiddelike sukses vir die skool te verseker, goeie
spelers wat spesiale behandeling in die skool kry - en dan op die
einde die volgende: Iemand wat ek ken se haar dogter se vriend se toe:
"tannie, as ek klaar met matriek is, gan ek nooit weer rugby speel nie
want ek haat dit."

Maar na matriek het hy natuurlik geen nut vir die skool nie, so why
worry.


Die Bulle het definitief 'n afrigter wat self nie strategies kan dink [/color]
> nie. Dis so ooglopend. Met Steyn kry sy agterlyn lewe en met Hougaardt
> speel hulle stampkarre. Die beste senter op die veld sit op vleuel en hoop
> op die een of ander onderskep sodat hy 'n drie kan gaan druk. Nou storie
> Meyer in elke onnderhoud hy kan nie wag dat Hougaardt weer reg is om te
> speel nie....as ek Steyn was, soek ek vir my 'n ander span.>>

Yep. En Steyn is na Andre Pretorius (ek verkies Pretorius) loshande
die beste no 10 talent. Hy is maar 21 jaar oud. In lyn vir die
Bok-span, maar hy gaan dit nie maklik by die Bulls word nie. Hy moet
na die Sharks toe gaan.

Nie Stormers nie, want Nick Mallett gaan rugby in die WP opfok nes hy
Bok-rugby opgefok het.

Vir my is 'n algemene probleem die feit dat ons spelers die verkeerde [/color]
> lyn aanval. Hulle probeer oor die voordeellyn kom en dan val hy daar om en
> lê pens na bo gelukkig met sy prestasie. Miskien moet iemand hulle vertel
> dat die werklike doel is om oor die DOELLYN te kom?
> Soos Joost verbied was, so word Fourie du Preez ook in die afgrond in
> ge-'coach'.>>

Pedri Wannenburg druk driee op flank. Hoekom? Omdat hy actually OM
opponente hardloop, of ten minste swenk om hulle tackles halfpad te
vat terwyl hy vorentoe gaan. Hy is omtrent die enigste SA voorspeler
wat dit doen!

Du Preez lyk ongelukkig of daai besering al sy spoed weggevat het - en
hy was nie rasend vinnig nie, hoewel vinnig genoeg. Dan is sy skoppe
hopeloos ook en wanneer laas het jy hom iemand sien tackle?

Lyk my sy loopbaan is verby. Hoe gaan Jake White dit regverdig as hy
bokant Pienaar gekies word?
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4588 is 'n antwoord op boodskap #4587] Di, 18 April 2006 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kom ek gooi vir jou 'n nuwe ene. Dis in die land se kultuur en godsdiens
dat daar 'n redder moet kom om ons te verlos van ons probleme. Naas Botha
was so 'n redder. Onthou jy sy later jare? Hoe swak was die algemene
spel van N-Tvl later want dit het nie eintlik saak gemaak nie want Naas het
elke keer hulle gatte gered. Later het Stransky in WB finaal in 95 vir
die Bokke gewen met 'n skepskop in 'n wedstryd wat hulle eintlik nie behoort
te gewen het nie. Nog later was Joost die man wat vir die Bokke in
Engeland die ding moes probeer doen. Vandag is Schalkie die aangewese
redder in die Stormers. Hougaardt is die liefling van Loftus net oor hy
kan skop en punte aanteken...maar van losskakel self speel, is hy eintlik
maar middelmatig. By die sharks is die redder op die oomblik jonge Pienaar
en is hy vinnig besig om die toekomshoop van Springbokrugby te word....en so
sal hulle hulle gatte sonder 'n spieël sien in die volgende WB tensy daar
iemand drastiese verandering bring en die mense laat besef dis nie
enkelinge wat 'n rugbywedstryd wen nie, maar 'n span.
"Ferdi Greyling" wrote in message
news:4444b613.172487343@news.saix.co.za...
> On Tue, 18 Apr 2006 07:52:13 -0000, "Suidwester"
> wrote:

>
> Yep. En Steyn is na Andre Pretorius (ek verkies Pretorius) loshande
> die beste no 10 talent. Hy is maar 21 jaar oud. In lyn vir die
> Bok-span, maar hy gaan dit nie maklik by die Bulls word nie. Hy moet
> na die Sharks toe gaan.
---------is jy bewus daarvan dat Morné Steyn en Ruan Pienaar groot
persoonlike vriende is? Mens kan daarom seker ook aanneem dat hulle mekaar
se spel goed ken?

ie Stormers nie, want Nick Mallett gaan rugby in die WP opfok nes hy
> Bok-rugby opgefok het. ----Ja wel, dit lyk of hy sterk op pad soontoe is!
>
> Du Preez lyk ongelukkig of daai besering al sy spoed weggevat het - en
> hy was nie rasend vinnig nie, hoewel vinnig genoeg. Dan is sy skoppe
> hopeloos ook en wanneer laas het jy hom iemand sien tackle? ----Ek wonder of hy nie ook ge-Joost word nie?
>
> Lyk my sy loopbaan is verby. Hoe gaan Jake White dit regverdig as hy
> bokant Pienaar gekies word?
----Ek glo nie hy's klaar nie en hy bly vir my 'n beter strategiese speler
as enige ander skrummie, maar dit lyk nie of die Bulle veel beïndruk is met
iemand wat sy eie kop kan volg nie.
>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4589 is 'n antwoord op boodskap #4588] Di, 18 April 2006 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
warra-warra  is tans af-lyn  warra-warra
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Junior Lid
Hi,
Julle is almal besig om saam te "pee" in een groot rugby-krip en nou's
ek ook nog hier... Dis soos politiek: almal se menings gaan geen
verandering bring nie, as jy nie jou pen vat en gaan stem nie (die
meeste wat nie gaan stem nie, was te nalatig om te registreer vir die
kieserslys). Daar's oral knap spelers EN vrottes. Fisieke vermoë is
vrek belangrik, maar ongelukkig is die meeste fisieke boyz nie slim
nie. Fisika is baie nodig, om alles van die spel wetenskaplik te
begryp. Nie in terme van hogere formules nie, maar wel in terme van
AANLEG. En die breier moet die meeste aanleg toon en minder ego
uitstraal, want anders steek die boyz aan by pappa en die
windgatkultuur is erger as vigs. En wie gaan op hierdie forum na ons
luister? Ek sê oor nasionale rugby: die spul se probleem beginne in
die ivoortorings waar bestuurders en presidente vir mekaar se possies
cover. Die ander probleem is, die ouens is windgat op die
after-paarties, selfs die verloorspan. Suip en kry weer 'n tweede asem
as hy 'n paar biere inhet. Dis makliker om die verleentheid te
side-step.
Julle wat glo aan "basics", glo reg. Vang, uitgee, skop, hardloop, en
goeie senuwees (nie traak-my-nie-agtige goeie senuwees nie) met 'n
goeie skoot teenwoordigheid van gees, is basics wat alle
talentontwikkeling voorafgaan. Kry dit reg, plus stamina, en die ouens
met aanleg en die hart van 'n leeu sal die ding doen.
Onthou daardie maer heelagter van Noord-Tvl ? (hy is al oorlede) - hy
het nie met krag en moerse vertoon gespeel nie, nie die skare "impress"
soos 'n prima-donna macho nie - net homself gewees en sy aanvoeling
uitgeleef en punte aangeteken. En die ouens MOET die vermoë hê om
drie-dimensioneel waar te neem. Dis 'n gatskopding as jy daar op die
gelykte van die veld staan en jy kan nie jou posisie en die potensiaal
daarvan, of die posisie en potensiaal van jou medespelers "aanvoel"
nie. So, die keuring moet begin waar die persoonlike eienskappe die
potensiaal het om die wa deur die drif te trek. Bogger spiere, maar
dis 'n bonus as die ander eienskappe van 'n speler "reg" is.
Wie gaan hierdie lees en toepas? Dis maar net woorde, die kuber
in.........
Greetings van 'n leek uit die Cheetah-gebied.

Suidwester wrote:
> Kom ek gooi vir jou 'n nuwe ene. Dis in die land se kultuur en godsdiens
> dat daar 'n redder moet kom om ons te verlos van ons probleme. Naas Botha
> was so 'n redder. Onthou jy sy later jare? Hoe swak was die algemene
> spel van N-Tvl later want dit het nie eintlik saak gemaak nie want Naas het
> elke keer hulle gatte gered. Later het Stransky in WB finaal in 95 vir
> die Bokke gewen met 'n skepskop in 'n wedstryd wat hulle eintlik nie behoort
> te gewen het nie. Nog later was Joost die man wat vir die Bokke in
> Engeland die ding moes probeer doen. Vandag is Schalkie die aangewese
> redder in die Stormers. Hougaardt is die liefling van Loftus net oor hy
> kan skop en punte aanteken...maar van losskakel self speel, is hy eintlik
> maar middelmatig. By die sharks is die redder op die oomblik jonge Pienaar
> en is hy vinnig besig om die toekomshoop van Springbokrugby te word....en so
> sal hulle hulle gatte sonder 'n spieël sien in die volgende WB tensy daar
> iemand drastiese verandering bring en die mense laat besef dis nie
> enkelinge wat 'n rugbywedstryd wen nie, maar 'n span.
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:4444b613.172487343@news.saix.co.za...
>> On Tue, 18 Apr 2006 07:52:13 -0000, "Suidwester"
>> wrote:
>
>>
>> Yep. En Steyn is na Andre Pretorius (ek verkies Pretorius) loshande
>> die beste no 10 talent. Hy is maar 21 jaar oud. In lyn vir die
>> Bok-span, maar hy gaan dit nie maklik by die Bulls word nie. Hy moet
>> na die Sharks toe gaan.
> ---------is jy bewus daarvan dat Morné Steyn en Ruan Pienaar groot
> persoonlike vriende is? Mens kan daarom seker ook aanneem dat hulle mekaar
> se spel goed ken?
>
> ie Stormers nie, want Nick Mallett gaan rugby in die WP opfok nes hy
>> Bok-rugby opgefok het.
> ----Ja wel, dit lyk of hy sterk op pad soontoe is!
>>
>> Du Preez lyk ongelukkig of daai besering al sy spoed weggevat het - en
>> hy was nie rasend vinnig nie, hoewel vinnig genoeg. Dan is sy skoppe
>> hopeloos ook en wanneer laas het jy hom iemand sien tackle?
> ----Ek wonder of hy nie ook ge-Joost word nie?
>>
>> Lyk my sy loopbaan is verby. Hoe gaan Jake White dit regverdig as hy
>> bokant Pienaar gekies word?
> ----Ek glo nie hy's klaar nie en hy bly vir my 'n beter strategiese speler
> as enige ander skrummie, maar dit lyk nie of die Bulle veel beïndruk is met
> iemand wat sy eie kop kan volg nie.
>>
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4590 is 'n antwoord op boodskap #4588] Di, 18 April 2006 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nospam  is tans af-lyn  nospam
Boodskappe: 274
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 18 Apr 2006 12:22:38 -0000, "Suidwester" wrote:

was so 'n redder. Onthou jy sy later jare? Hoe swak was die algemene [/color]
> spel van N-Tvl later want dit het nie eintlik saak gemaak nie want Naas het
> elke keer hulle gatte gered. Later het Stransky in WB finaal in 95 vir
> die Bokke gewen met 'n skepskop in 'n wedstryd wat hulle eintlik nie behoort
> te gewen het nie. Nog later was Joost die man wat vir die Bokke in
> Engeland die ding moes probeer doen. Vandag is Schalkie die aangewese
> redder in die Stormers. Hougaardt is die liefling van Loftus net oor hy
> kan skop en punte aanteken...maar van losskakel self speel, is hy eintlik
> maar middelmatig. By die sharks is die redder op die oomblik jonge Pienaar
> en is hy vinnig besig om die toekomshoop van Springbokrugby te word....en so
> sal hulle hulle gatte sonder 'n spieël sien in die volgende WB tensy daar
> iemand drastiese verandering bring en die mense laat besef dis nie
> enkelinge wat 'n rugbywedstryd wen nie, maar 'n span.>>

Jy is reg.

Mens moet egter ook onthou dat enkelinge se rol in internasionale
rugby vervaag waar die going bietjie tawwer is. Ons het nog altyd daar
nie sleg gedoen nie omdat ons gewoonlik groot, atletiese spelers het
wat skielik vind hulle speel saam vanwee die aanslag teen hulle.

Van Schalk gepraat - waar gaan hy plek kry in die Bok-span? Juan
Smith, AJ Venter en Wannenburg is op die oomblik moerse goed terwyl
Burger swak speel.

Burger se pluspunte is workrate, tackle en die bal jag, maar hy word
nie deur die Stormers toegelaat om dit te doen nie. Hulle hou aan om
hom op no 10 te laat staan en in die opponente vas te fok sonder enige
resultate. Dit is waarmee hy NIE goed is nie en dit neuk sy spel op.
In fact, wys my ENIGE SA voorspeler wat in die afgelope donnerse
dekade al iets reggekry het deur die bal op die no 10-poisie te kry en
in die opponente vas te stoom. Die opponente verwag dit al voor hulle
opdraf en sien dit op die veld minute ver aankom. Dan wag so twee van
hulle vir die sot, tackle hom en vat die bal af. Talking about
afrigters....
Re: Katte val uit die boom uit ... [boodskap #4591 is 'n antwoord op boodskap #4590] Di, 18 April 2006 14:33 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:4449d9b3.181607617@news.saix.co.za...
> On Tue, 18 Apr 2006 12:22:38 -0000, "Suidwester"
> wrote:
>
>
> Van Schalk gepraat - waar gaan hy plek kry in die Bok-span? Juan
> Smith, AJ Venter en Wannenburg is op die oomblik moerse goed terwyl
> Burger swak speel.
----Ek is nie so 'n groot aanhanger van Schalkie nie. Hy is wel vinnig
daar en hassle die ander, maar hoe beskikbaar maak hy die bal vir 'n
volgende aanslag?
>
> Burger se pluspunte is workrate, tackle en die bal jag, maar hy word
> nie deur die Stormers toegelaat om dit te doen nie. Hulle hou aan om
> hom op no 10 te laat staan en in die opponente vas te fok sonder enige
> resultate.
----In my opinie hoort géén voorspeler in die agterlyn nie.

Ek sien wen rugby soos oorlog maak. JY gaan tog op die veld met 'n doel.
Plan A met strategie 1, en Plan B met strategie 2 en as dit nie werk nie,
dan is daar nog Plan C ook, ens. Iemand op daai speelveld moet die
strategiese besluite neem van oomblik tot oomblik. Verkieslik losskakel of
binnesenter. Dis die ou wat moet bepaal of 'n strategie werk of hy nie
werk nie. Dit beteken hierdie 'playmaker' moet oopkop en wakker wees en 'n
denker oor die spel. Hy moet onder groot druk, helder kan dink. Hy moet
die mag hê op die veld om te besluit wie en wat wat gaan doen en sy woord is
wet. As hy vir sy skrumskakel sê hy soek vinniger bal, dan doen die
skrummie dit. As hy sien die voorspelers beskerm nie die bal vir die
skrumskakel nie, dan klap hy sy sweep en daai voorspelers luister
onmiddellik...of hy jaag hom af. Net so 'n teken na die afrigter toe en hy
haal die oortreder van die veld af. Dissipline. Dis die wagwoord.
Mense misverstaan dissipline in die dat almal opgemoer word met 'n Kamp
Staaldraad. Dis nie so nie. Die manne in jou span móét weet wie dra die
outoriteit op die veld en hulle moet vir daai ou so bang wees soos die
duiwel vir 'n slypsteen.
Die grootste probleem sien ek in vandag se meer 'oop' samelewing.
Sedert jong mense begin het om mense wat jarre hulle senior is, begin noem
het op die voornaam en werknemer saam met die base partytjiehou, is
dissipline by die deur uit. Dieselfde met die rugby. Almal is mos
maatjies en hoekom sal maatjies mekaar seermaak deur hom 'n plek te misgun
in die span?
Vat die Bulle as 'n voorbeeld. As iemand soos Fourie du Preez op die
dag droogmaak, Springbok of nie, haal hom sommer voor die eerste 20 minute
verby is, van die veld af. Skryf vir hom 'n formele brief na die wedstryd
en gee hom 'n ernstige waarskuwing dat die werk wat hy op die veld gelewer
het, nie aan die standaarde voldoen het nie. Ek vat jou 'n wed, met die
volgende geleentheid wat hy op die veld kry, het jy weer 'n Springbok terug
op die veld............
Vorige onderwerp: Nagmerrie op Loftus
Volgende onderwerp: Bloubulle - ware kleure
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:59:44 MGT 2024