Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ketter" deur CHARL DURAND
"Ketter" deur CHARL DURAND [boodskap #4566] Di, 11 April 2006 14:50 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
KETTER
Charl Durand

As ek aanhaal uit die bybel
sal jy verstaan
as ek ophou vrae vra
en niemand is hier
wie sal 'n boom hoor val?
Re: "Ketter" deur CHARL DURAND [boodskap #4571 is 'n antwoord op boodskap #4566] Wo, 12 April 2006 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die storie rondom die Judas-manuskripte sou skuinsweg gevolg. In
een van die insette word gemeld dat Christus gelag het. Ek onthou toe
dat die predikant wat my aangeneem het vir ons sou gese het dat daar
nerens in die Bybel verwys word na Christus wat lag of glimlag nie. Toe
ek dit aan my dogter noem toe se sy dat Christus ook nie gehuil het nie
- en danksy Van Melle kon ek haar reghelp.
Ek onthou toe Van Melle se kortverhaal "Ook Diederik leer om te huil".
Abraham de Vries het dit nog in die klas behandel. Ek gaan soek toe my
kortverhale van Van Melle en vir die eerste keer in dekades lees ek
weer "Oom Diederik", en die keer vir haar. Toe ek klaar was het sy
gesit en huil. Sy wou toe weet waarom ek so 'n treurige storie lees. Ek
het nie geweet waarom nie maar siende dat sy reeds in trane was toe
lees ek sommer ook vir haar "Oom Karel neem sy geweer saam." Beide
stories van ou Boeremans wat aan die einde van hulle lewens gekom het.
In die twee verhale is daar sulke mooi herinneringe aan oumense uit my
kinderjare.
Vir my het gedigte en dergelike dinge baie meer betekenis wanneer ek
kan onthou hoe ek dit in 'n klaskamer ervaar het. Miskien omdat 'n mens
daar meer tyd het om dit te verteer.
So onthou ek Prof Johan Combrink se vrou, Louis Steyn, wat Eitemal se
"Jaffie" in die klaskamer behandel het - ek verbeel my dit was in
matriek. En nou nog, elke keer as ek na die volmaan kyk dan dink ek
weer aan Eitemal se mooi storie en 'n klomp hoerskoolkinders wat iets
mooi saam ontdek het.
Re: "Ketter" deur CHARL DURAND [boodskap #4573 is 'n antwoord op boodskap #4571] Do, 13 April 2006 07:02 Na vorige boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" ek dit aan my dogter noem toe se sy dat Christus ook nie gehuil het nie[/color]
> - en danksy Van Melle kon ek haar reghelp.

Kortste teksvers in die Bybel, Johannes 11:35: "Jesus het gehuil".

Jou predikant het jou reg vertel. Daar is sprake van elke menslike emosie
wat Jesus sou ervaar het, woede, vrees, pyn, hartseer, maar nie van vreugde
nie. Dit is waarskynlik omdat die evangeliste klem daarop wou lê dat sy
hele lewe vol lyde was om ons ontwil. Om aan te neem dat Hy nooit gelag het
nie, omdat ons nie daarvan lees nie, sou verkeerd wees. Hy was 'n
volwaardige mens en daarom sou Hy waarskynlik by geleentheid ook gelag het;
baie van sy uitsprake oor en teenoor die Fariseërs en Skrifgeleerdes is vol
ironie, sarkasme en selfs spot!
Vorige onderwerp: " Portret: drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: " Die Klippe praat " deur P.J. PHILANDER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 02:15:34 MGT 2024