Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Swartkomyn " deur P.W. BUYS
" Swartkomyn " deur P.W. BUYS [boodskap #4536] Ma, 03 April 2006 12:23
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
SWARTKOMYN
Jesaja 28:27
P.W. Buys

Die landman weet hoe fyn
die klein swart saadjies is -
hy saai hul met 'n ligte hand
in vakkies in 'n sagte land.
Wanneer die oes- en dorstyd kom,
word swartkomyn nie met die skop
soos koring, gars en spelt wyd op
die dorsvloer oopgestrooi
waar beeste trap en perde draf,
wawiele oor die stoppels gaan,
die dorsslee stamp en skeur en skok -
komyn word in 'n sak gegooi
en saggies met 'n ligte stok
geslaan.
Vorige onderwerp: " Sondag van 'n Kind" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Portret: drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:20:49 MGT 2024