Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Outeursregte was (Nog Koos Kombuis Lirieke)
Outeursregte was (Nog Koos Kombuis Lirieke) [boodskap #44001] Wo, 13 Junie 2001 07:23 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ja en nee,
Indien 'n artikel geskryf is begin outeursregte. Indien dit dan gepubliseer
woord begin 'n ander gedeelte van die wet 'n rol speel. Indien die
outeursreg verval het breek jy nie die wet nie. Maar, terwyl die outeurs wet
in werking is verbreek jy (en heel moontlik al 'openlik beskikbaar is op die
Internet sites' ook

-----------------------------------------------------------
Wet op Outeursreg, Wet 98 van 1978

Art. (3) (2) Die termyn van outeursreg deur hierdie artikel verleen, is, in die
geval van-

(a) letterkundige of musiekwerke of ander artistieke werke as foto's, die
lewensduur van die outeur en vyftig jaar vanaf die einde van die jaar
waarin die outeur sterf: Met dien verstande dat indien daar voor die dood
van die outeur ten opsigte van sodanige werke of 'n aanwending daarvan
geen van die volgende handelinge verrig is nie, naamlik-

(i) die publikasie daarvan;
(ii) die openbare op- of uitvoering daarvan;
(iii) die aanbied vir verkoop aan die publiek van opnames daarvan;
(iv) die uitsaai daarvan,

die termyn van die outeursreg voortduur vir 'n tydperk van vyftig jaar vanaf
die einde van die jaar waarin die eerste van genoemde handelinge verrig
word;
------------------------------------------------------------ -----
Opsomming:
Die bedoeling van die wetgewer was duidelik uit die eerste gedeelte van die
artikel om beskerming aan die outeur te verleen wat sal strek tot 50 jaar na
die afsterwe van die outeur. Die wetgewer gaan dan voort om die voorwaarde
te stel dat, :

"... indien daar voor die dood van die outeur .........geen van die
volgende handelinge verrig is nie, naamlik-
(i) die publikasie daarvan;...
... die termyn van die outeursreg voortduur vir 'n tydperk van vyftig jaar
vanaf die einde van die jaar waarin die eerste van genoemde handelinge
verrig word"

Dit is tog duidelik dat die bedoeling is om, indien publikasie na die
afsterwe van die outeur plaasvind, die termyn van die outeursreg eers by die
latere handeling sal begin loop, en dan vir die periode van 50 jaar sal
voortduur.
----------------------------------------------------
Dus,
meeste van die poësie wat op die nuusgroep gepos word sal nie 'wettig'
gesien word nie. Baie van outeure (vernaam Krog) is nog nie 50 jaar dood nie
of, nog nie 50 jaar na die laaste publikasie/en of dood het verstryk nie.

Ernest.

"Danielle" skryf in boodskap news:sjpcitok4v0st80tsf9sf96qcir7jffh66@4ax.com...
>
> Is dit kopiereg skending om lirieke te plaas op 'n nuusgroep as dit
> reeds openlik beskikbaar is op die Internet?
Re: Outeursregte was (Nog Koos Kombuis Lirieke) [boodskap #44190 is 'n antwoord op boodskap #44001] Do, 14 Junie 2001 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ernest wrote:

> . Baie van outeure (vernaam Krog) is nog nie 50 jaar dood nie
> of, nog nie 50 jaar na die laaste publikasie/en of dood het verstryk nie.
>

Ja-nee, sy is nog springlewendig. Ek het haar onlangs hier in
Ottawa ontmoet, waar sy en Eskia Mphahlele lesings kom gee
het oor die WVK. Sy kleim dat sy en Breyten Breytenbach
die oudste publiserende digters in SA is. Daarmee dink
ek sy bedoel dat sy en Breyten begin publiseer het voordat
enige van die huidige digters in SA dit gedoen het. Sy het glo
al as tiener gepubliseer. Sy is in 1952 gebore.

Gloudina
Re: Outeursregte was (Nog Koos Kombuis Lirieke) [boodskap #44297 is 'n antwoord op boodskap #44001] Vr, 15 Junie 2001 07:49 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Nou, het die mense toestemming gekry om haar werk op die nuusgroep te
publiseer?

skryf in boodskap news:3B28B0B9.AEC2E2B@home.com...
>
>
> Ernest wrote:
>
>> . Baie van outeure (vernaam Krog) is nog nie 50 jaar dood nie
>> of, nog nie 50 jaar na die laaste publikasie/en of dood het verstryk nie.
>>
>
> Ja-nee, sy is nog springlewendig. Ek het haar onlangs hier in
> Ottawa ontmoet, waar sy en Eskia Mphahlele lesings kom gee
> het oor die WVK. Sy kleim dat sy en Breyten Breytenbach
> die oudste publiserende digters in SA is. Daarmee dink
> ek sy bedoel dat sy en Breyten begin publiseer het voordat
> enige van die huidige digters in SA dit gedoen het. Sy het glo
> al as tiener gepubliseer. Sy is in 1952 gebore.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Afrikaanse musiek, of wie de hel is "Dozi"?
Volgende onderwerp: Re: Nog Koos Kombuis Lirieke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 11:18:50 MGT 2024