Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Boererate
Boererate [boodskap #41247] Wo, 25 April 2001 17:52 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
van ons verder versprei?
Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?

In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
Steekpille.
Weet iemand waarvoor dit is?

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.
Re: Boererate [boodskap #41250 is 'n antwoord op boodskap #41247] Wo, 25 April 2001 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
/\/0$/-/I...  is tans af-lyn  /\/0$/-/I...
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
Is die pilletjies dalk al blou van ouderdom. Dit kan dalk verouderde
setpille wees. Miskien moet jy die winkel eienaar gaan vra of jy net daarna
kan kyk. Lyk of daar dalk 'n ding kan kop uit steek as jy my vra.
.

This was just a thought, it maybe viewed as stupidity or as genius,
depending on which side of the gun you are.

"Annette" skryf in boodskap news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
> van ons verder versprei?
> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?
>
> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
> Steekpille.
> Weet iemand waarvoor dit is?
>
> --
> ann...@ctnet.co.za
> Red wine lover.
>
Re: Boererate [boodskap #41253 is 'n antwoord op boodskap #41247] Wo, 25 April 2001 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Apr 2001 19:52:39 +0200, "Annette" wrote:
> Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
> Steekpille.
> Weet iemand waarvoor dit is?

Kan dalk 'n opkikker wees, Annette

DD
Re: Boererate [boodskap #41255 is 'n antwoord op boodskap #41250] Wo, 25 April 2001 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit staan op die boksie: Steekpille.
Maar ek kan nie uitmaak waarvoor dit is nie.
Natuurlik het ek die jong onkundige eienaar gaan vra :))
Annette

. wrote in message ...
> Is die pilletjies dalk al blou van ouderdom. Dit kan dalk verouderde
> setpille wees. Miskien moet jy die winkel eienaar gaan vra of jy net daarna
> kan kyk. Lyk of daar dalk 'n ding kan kop uit steek as jy my vra.
> .
>
> This was just a thought, it maybe viewed as stupidity or as genius,
> depending on which side of the gun you are.
>
> "Annette" wrote in message
> news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
>> van ons verder versprei?
>> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?

>> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
>> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>> Steekpille.
>> Weet iemand waarvoor dit is?

>> --
>> ann...@ctnet.co.za
>> Red wine lover.


>
Re: Boererate [boodskap #41256 is 'n antwoord op boodskap #41253] Wo, 25 April 2001 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Beteken dit dat die oumense nie opkikkers nodig gehad het nie - en dit die
rede is hoekom die dosie pille nooit verkoop is nie?
Ek dink in elk geval dit moet iets te doen wees met bysteek:)). Ek weet nie
hoekom nie. Miskien in my onskuldigheid of miskien die intuisie.
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Wed, 25 Apr 2001 19:52:39 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> . Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>> Steekpille.
>> Weet iemand waarvoor dit is?
>
>
> Kan dalk 'n opkikker wees, Annette
>
> DD
Re: Boererate [boodskap #41258 is 'n antwoord op boodskap #41255] Wo, 25 April 2001 22:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Dit staan op die boksie: Steekpille.
> Maar ek kan nie uitmaak waarvoor dit is nie.
> Natuurlik het ek die jong onkundige eienaar gaan vra :))

Hoekom kyk julle nie na die bestanddele wat op die
boksie geskryf behoort te wees nie, dan kan mens
darem mos weet in watter rigting jy moet begin
dink.

Gloudina
Re: Boererate [boodskap #41260 is 'n antwoord op boodskap #41255] Do, 26 April 2001 00:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Heh heh Annette, hoekom drink jy nie een nie, en
kyk wat gebeur. Wie is Lenons, n farmaseutiese firma?
Wat het geword van rooi laventel en wit dulsies?

Pop

Annette wrote in message
news:9c7cgt$6fh$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dit staan op die boksie: Steekpille.
> Maar ek kan nie uitmaak waarvoor dit is nie.
> Natuurlik het ek die jong onkundige eienaar gaan vra :))
> Annette
>
> . wrote in message ...
>> Is die pilletjies dalk al blou van ouderdom. Dit kan dalk verouderde
>> setpille wees. Miskien moet jy die winkel eienaar gaan vra of jy net daarna
>> kan kyk. Lyk of daar dalk 'n ding kan kop uit steek as jy my vra.
>> .
>>
>> This was just a thought, it maybe viewed as stupidity or as genius,
>> depending on which side of the gun you are.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
>>> van ons verder versprei?
>>> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?
>
>>> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
>>> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>>> Steekpille.
>>> Weet iemand waarvoor dit is?
>
>>> --
>>> ann...@ctnet.co.za
>>> Red wine lover.
>>
>
Re: Boererate [boodskap #41261 is 'n antwoord op boodskap #41260] Do, 26 April 2001 02:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

poppie wrote:

> Heh heh Annette, hoekom drink jy nie een nie, en
> kyk wat gebeur. Wie is Lenons, n farmaseutiese firma?
> Wat het geword van rooi laventel en wit dulsies?
>

Rooi laventel is, volgens The Dictionary of South African
English, "lavender drops" en "dulsies" kom van "dulcis"
wat "sweet nitre" is.
Hulle praat verder onder "Dutch medicines" van
borsdruppels, boegoe, doepa olie, duiwelsdrek.

Hulle haal die Cape of Good Hope Almanac van
1843 aan: "Juritz, apothecary, chemist and druggist
depot of the patent Dutch medicines from the orphan
house of Halle, 29 Loop Street.
Uit Drum (1964):" For 100 years Lennon's Dutch
medicines have helped people to feel better."

Gloudina
Re: Boererate [boodskap #41263 is 'n antwoord op boodskap #41260] Do, 26 April 2001 03:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit is juis Lenons wat rooi laventel en wit dulsies maak.
Ook borsdruppels, en 'n magdom ander goed in klein botteltjies.
Annette

poppie wrote in message ...
> Heh heh Annette, hoekom drink jy nie een nie, en
> kyk wat gebeur. Wie is Lenons, n farmaseutiese firma?
> Wat het geword van rooi laventel en wit dulsies?
>
> Pop
>
>
> Annette wrote in message
> news:9c7cgt$6fh$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Dit staan op die boksie: Steekpille.
>> Maar ek kan nie uitmaak waarvoor dit is nie.
>> Natuurlik het ek die jong onkundige eienaar gaan vra :))
>> Annette

>> . wrote in message ...
>>> Is die pilletjies dalk al blou van ouderdom. Dit kan dalk verouderde
>>> setpille wees. Miskien moet jy die winkel eienaar gaan vra of jy net daarna
>>> kan kyk. Lyk of daar dalk 'n ding kan kop uit steek as jy my vra.
>>> .
>>>
>>> This was just a thought, it maybe viewed as stupidity or as genius,
>>> depending on which side of the gun you are.
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
>>>> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
>>>> van ons verder versprei?
>>>> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?
>>
>>>> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
>>>> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>>>> Steekpille.
>>>> Weet iemand waarvoor dit is?
>>
>>>> --
>>>> ann...@ctnet.co.za
>>>> Red wine lover.
>>>
>>
>>
>
Re: Boererate [boodskap #41264 is 'n antwoord op boodskap #41247] Do, 26 April 2001 08:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
scorse  is tans af-lyn  scorse
Boodskappe: 6
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
> van ons verder versprei?
> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?
>
> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
> Steekpille.
> Weet iemand waarvoor dit is?
>

Volgens Pharos: steekīpil, -le. Antiseptiese pil wat in die anus ingesteek
word, setpil
F.J. Labuschagne, L.C. Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Agste
hersiene en uitgebreide uitgawe, (Pretoria: J.L. van Schaik) 1993.

scorse
Re: Boererate [boodskap #41269 is 'n antwoord op boodskap #41264] Do, 26 April 2001 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bij ons in NL noemen ze dat zetpil;-)) e
Grt Emmy

"scorse" schreef in bericht news:9c97e1$3ga$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Annette" wrote in message
> news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
>> van ons verder versprei?
>> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?
>>
>> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
>> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>> Steekpille.
>> Weet iemand waarvoor dit is?
>>
>
> Volgens Pharos: steekīpil, -le. Antiseptiese pil wat in die anus ingesteek
> word, setpil
> F.J. Labuschagne, L.C. Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek, v
> hersiene en uitgebreide uitgawe, (Pretoria: J.L. van Schaik) 1993.
>
> scorse
>
Re: Boererate [boodskap #41271 is 'n antwoord op boodskap #41264] Do, 26 April 2001 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie Dankie. So dit sal niks help vir bysteek nie?:))
Annette

scorse wrote in message ...
>
> "Annette" wrote in message
> news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
>> van ons verder versprei?
>> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?

>> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
>> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>> Steekpille.
>> Weet iemand waarvoor dit is?

>
> Volgens Pharos: steekīpil, -le. Antiseptiese pil wat in die anus ingesteek
> word, setpil
> F.J. Labuschagne, L.C. Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Agste
> hersiene en uitgebreide uitgawe, (Pretoria: J.L. van Schaik) 1993.
>
> scorse
>
Re: Boererate [boodskap #41289 is 'n antwoord op boodskap #41269] Vr, 27 April 2001 05:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek ken ook net van setpille. Nou wonder ek waar kom die steekpil storie
vandaan?
Dit maak wel sin - mens steek daardie soort pil in, so waarom word dit dan
'n setpil genoem?
Annette

Emmy wrote in message ...
> Bij ons in NL noemen ze dat zetpil;-)) e
> Grt Emmy
>
> "scorse" schreef in bericht
> news:9c97e1$3ga$1@ctb-nnrp2.saix.net...

>> "Annette" wrote in message
>> news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
>>> van ons verder versprei?
>>> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?
>>>
>>> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
>>> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>>> Steekpille.
>>> Weet iemand waarvoor dit is?
>>>

>> Volgens Pharos: steekīpil, -le. Antiseptiese pil wat in die anus ingesteek
>> word, setpil
>> F.J. Labuschagne, L.C. Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Agste
>> hersiene en uitgebreide uitgawe, (Pretoria: J.L. van Schaik) 1993.
>> scorse
>
Re: Boererate [boodskap #41292 is 'n antwoord op boodskap #41289] Vr, 27 April 2001 05:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
/\/0$/-/I...  is tans af-lyn  /\/0$/-/I...
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
Wel dit sou nie moou geklink het as hulle dit "druk dit pille" genoem het
nie. Andersins sou my skoonma 'n klomp van my af present gekry het.
.

"Annette" skryf in boodskap news:9cav0b$s0j$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek ken ook net van setpille. Nou wonder ek waar kom die steekpil storie
> vandaan?
> Dit maak wel sin - mens steek daardie soort pil in, so waarom word dit dan
> 'n setpil genoem?
> Annette
>
> Emmy wrote in message ...
>> Bij ons in NL noemen ze dat zetpil;-)) e
>> Grt Emmy
>>
>> "scorse" schreef in bericht
>> news:9c97e1$3ga$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
>>>> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
>>>> van ons verder versprei?
>>>> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?
>>>>
>>>> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
>>>> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>>>> Steekpille.
>>>> Weet iemand waarvoor dit is?
>>>>
>
>>> Volgens Pharos: steekīpil, -le. Antiseptiese pil wat in die anus ingesteek
>>> word, setpil
>>> F.J. Labuschagne, L.C. Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Agste
>>> hersiene en uitgebreide uitgawe, (Pretoria: J.L. van Schaik) 1993.
>
>>> scorse
>>
>
Re: Boererate [boodskap #41295 is 'n antwoord op boodskap #41289] Vr, 27 April 2001 07:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Apr 2001 07:04:47 +0200, "Annette" wrote:

> Ek ken ook net van setpille. Nou wonder ek waar kom die steekpil storie
> vandaan?
> Dit maak wel sin - mens steek daardie soort pil in, so waarom word dit dan
> 'n setpil genoem?
> Annette

Omdat jy dit insteek waar jy set (of in jou setvlak.)

DD
Re: Boererate [boodskap #41296 is 'n antwoord op boodskap #41295] Vr, 27 April 2001 09:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dan moet dit sitpille genoem word:))))
Annette

Davie Davis wrote in message ...
> On Fri, 27 Apr 2001 07:04:47 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek ken ook net van setpille. Nou wonder ek waar kom die steekpil storie
>> vandaan?
>> Dit maak wel sin - mens steek daardie soort pil in, so waarom word dit dan
>> 'n setpil genoem?
>> Annette
>
> Omdat jy dit insteek waar jy set (of in jou setvlak.)
>
> DD
Re: Boererate [boodskap #41298 is 'n antwoord op boodskap #41296] Vr, 27 April 2001 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Dan moet dit sitpille genoem word:))))
> Annette
>
> Davie Davis wrote in message ...
>
>> Omdat jy dit insteek waar jy set (of in jou setvlak.)

In baie Germaanse tale is die woord "sit" en "set"
teenwoordig. Daarvandaan die Engelse woord "sit"
maar ook "set" as werkwoord en selfstandige
naamwoord. Vandaar natuurlik ook die
woord "seat."
In Duits ( sê my effens nog vaak
man) dink hy is "setzen sie sich" word transitief
gebruik en "sitzen" is intransitief. Hy mag verkeerd
wees. Ek dink in Afrikaans is die woord "sit" die
dominante woord en sal dit in beide transitiewe en
intransitiewe gevalle gebruik word. Die woord
"set" sal as argaies beskou word en net in sekere
woorde voorkom, soos die woord "setpil."
Wonder of dit in enige ander woord in Afrikaans
voorkom. In Wiskunde sal mens nie van 'n set
praat nie, maar van 'n versameling. "Set Theory"
is "Versamelingsteorie."

Gloudina
Re: Boererate [boodskap #41410 is 'n antwoord op boodskap #41296] So, 29 April 2001 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" schreef in bericht
news:9cbdpc$nkt$2@ctb-nnrp1.saix.net...
> Dan moet dit sitpille genoem word:))))

Ik denk dat zetpil in het NL gewoon zetten is en niets met zitten te
maken heeft.
Je kan een pil slikken en een pil zetten.
Wij zetten ook de koffie ;-)) of thee.....
Als je een arm uit de kom hebt dan zetten we deze weer in de kom ( arm
zetten)
Of een gebroken arm weer goed zetten en dan gips in het gips
zetten..........

Grt Emmy

> Annette
>
> Davie Davis wrote in message ...
>> On Fri, 27 Apr 2001 07:04:47 +0200, "Annette"
>> wrote:
>>
>>> Ek ken ook net van setpille. Nou wonder ek waar kom die steekpil storie
>>> vandaan?
>>> Dit maak wel sin - mens steek daardie soort pil in, so waarom word dit dan
>>> 'n setpil genoem?
>>> Annette
>>
>> Omdat jy dit insteek waar jy set (of in jou setvlak.)
>>
>> DD
>
Re: Boererate [boodskap #41430 is 'n antwoord op boodskap #41271] Ma, 30 April 2001 17:47 Na vorige boodskap
Rooi Oulap  is tans af-lyn  Rooi Oulap
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Junior Lid
Ook my arm in hierdie setppil beurs kom gooi:

'n Omie affie plaas af kom met 'n redelike erge kwaal van aambeie by die
dokter aan.
"Dokter, o vedag het ek daam nou 'n pyn. En ek is so, met permissie gesê,
bietjie skaam. Vrou het net geseg: "Dokter met jou gatkwaal, en nou's ek
hier"
Na dokter die pasiënt ondersoek het, word 'n sarsie setpille voorgeskryf en
uit sy aptekie voorsien aan onse omie.
"Oom moet nou mooi onthou: Na elke stoelgang moet oom nou een van die pille
met die dik kant eerste insit."
"Maar heiden-hert dan dokter, insit? Van onner af?"
"Ja oom, dit sal sommer gou beter voel."
Die kwaal het baat gevind by die setpille.
Na so 'n paar maande is ons pasiënt weer terug, Selfde 'pyn'.
"Dag Oom, en wat is vandag die probleem?"
"Nee dokter, ek is weer met die plaae gepla, en nout't ek net kom hoor of
dokter tog nie weer vir my van daai upholstery pille willaat kry nie. Dit
had laas jeer tog te goed gewerk."

Thys oppie Bos, maar tuis by die huis

"Annette" skryf in boodskap news:9c9hpd$7s6$2@ctb-nnrp1.saix.net...
> Baie Dankie. So dit sal niks help vir bysteek nie?:))
> Annette
>
> scorse wrote in message ...
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9c7391$fv8$8@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Wonder maar net - het ons boererate oorgewaai van êrens anders of het dit
>>> van ons verder versprei?
>>> Wat sal word van ons as Lenons nie meer die medisynetjies maak nie?
>
>>> In Philladelphia ( hier in die Kaap) is daar 'n winkeltjie langs die
>>> petrolpomp. Die afgelope 31 jaar is daar in die toonvenster 'n boksie
>>> Steekpille.
>>> Weet iemand waarvoor dit is?
>
>>
>> Volgens Pharos: steekīpil, -le. Antiseptiese pil wat in die anus ingesteek
>> word, setpil
>> F.J. Labuschagne, L.C. Eksteen, Verklarende Afrikaanse Woordeboek, Agste
>> hersiene en uitgebreide uitgawe, (Pretoria: J.L. van Schaik) 1993.
>>
>> scorse
>>
>
Vorige onderwerp: Boererate
Volgende onderwerp: Plastiese chirurgie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:54:49 MGT 2024