Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Genealogie & famieliesake » Staats argief.
Staats argief. [boodskap #37438] Do, 30 November 2000 00:00 na volgende boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien een van die wat op die nuusgroep pos kan sy familie nie naspoor
op die staatsargief nie. Wat kan mens in die staats argief kry? Wel,
daar is eintlik meer as een argief. Die eerste argief word die
Opgaafrolle genoem en het later net die benaming van Staatsargief gekry.
Die hoofdoel van die argief is om mense te kan identifiseer wat
belasting moet betaal. Dit is presies soos die 'getel' wat Joseph moes
doen met Christus se geboorte.

Die Argief het kantore in Pretoria, Bloemfontein, Kaapstad, Kimberley,
Pietermaritzburg en daar was altyd een te Windhoek. By die argiewe kan
komputer drukstukke gevind word, op versoek.

Die kantore dra inligting soos
1) censes inligting,
2) Indices van doosberig (wat die ouers en kinders mag insluit).
Kaapstad dra alle die inligting tot en met 1916. Pretoria tot 1930.
Kimberley tot 1933 en Bloemfontein tot 1930. Pietermaritzburg tot 1955.
Alle 'Estate papers' wat deur Landros kantoore gaan is ook beskikbaar.
3) Alle gevalle waar die hof 'n saak aangevoer het oor onnatuurlike
sterf gevalle is ook beskikbaar.
4) Ook persoone wat wat sielsiek verklaar is.
5) alle rekords wat beskikbaar is deur die aktekantoor en die
landmeterskantoor kantoor is beskikbaar. Nie deur die Hoofargief kantoor
nie maar, deur die plaaslikke akte kantoor. Die akte kantoor het
inligting oor grondgebiek, die name van koper en verkoper van eiendom en
van die registrasie van maarskapye, deeltitels, aandele en alle betrokke
partye.
6) Die argief in Pretoria het ook die rekords van inligting in verband
met huwelikke.
7) Deur die argief kan ook na sekery doop rekords. Soos byvoorbeeld die
Hervormde Kerk.
8) Die registrasie kantoor in Andries straat Pretoria, (wat deel uitmaak
van die argief) en nie redelik beskikbaar is nie het inligting oor
geboortes, huwelikke en sterftes. Dit bevat redelik baie detail.
9) Detail word gehou van enige persoon wat wetiglik die land bennegekom
het.
10) Alle sake wat by howe gebeur se indix word hier gehou.

Sê nou net jou voorours het geen rekord in die argief nie? Dit sou
beteken dat:
1) Hulle nooit die land wettig ingekom het nie.
2) hulle nooit eindom besit het of lid was aandele gewissel het of
direkter van 'n maatskappy, bk, of ander soortgelyke verwantskappe nie.
3) hulle sou nooit gedoop gewees het deur die kerke waarvan die staat
rekords het nie.
4) Hulle sou nooit wetlik getroud gewees het nie.
5) Hulle so nooit by 'n hofsaak betrokke kon wees nie.
6) Hulle sou nooit by 'n boedel betrokke kon wees waar daar die staat
betrokke is nie (nou dis 'n bietjie mooilik as hulle geen eiendom of
bates besit nie)
7) Geeneen in die familie mag sielsiek of na 'n inrigting verwys word
nie.
8) Geeneen mag sterf van onnatuurlike oorsake (soos moord, motorkar
ongeluk, ens)
9) Met al die censes opnames wat geneem was mag geeneen in die land
gewees het op die stadium nie.

So, dit kan gebeur vir een of twee generasies maar nie vir 300 jaar nie.

Wat sou nou gebeur met 'n stamboom wat eweskielik opduik in een van die
rekords? 'n Nuwe stamboom word geskep en, meeste van die tyd, beskryf as
"ongeklasifiseer". Indien wetlikke dokumente gevind word die inkom in
die land, is dit net 'n nuwe stamboom met dieselfde van.
Re: Staats argief. [boodskap #37530 is 'n antwoord op boodskap #37438] So, 03 Desember 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Baie interessant Ernst, dankie :-)
kan mens via internet op dié genoemde kantore se databasisse
inkom?
Groete
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
E Bessinger wrote in message
...
:Ek sien een van die wat op die nuusgroep pos kan sy familie nie naspoor
:op die staatsargief nie
-----------------knip-------------------------
Re: Staats argief. [boodskap #37627 is 'n antwoord op boodskap #37438] Do, 07 Desember 2000 03:59 Na vorige boodskap
Ernst v Biljon  is tans af-lyn  Ernst v Biljon
Boodskappe: 257
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Senior Lid
In SA? Nee. Party stukke van die inligting is op microfilm beskikbaar
deur die Mormoon kerk van Salt Lake City en akskrifte kan deur die
'Family Centres' regoor die wêreld bestel word. Die res moet by die
kontore nageslaan word van die oorspronklike dokumente.

Ernest

"Tobie" skryf in boodskap news:90m0ch$2so8$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Baie interessant Ernst, dankie :-)
> kan mens via internet op dié genoemde kantore se databasisse
> inkom?
> Groete
> --
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> E Bessinger wrote in message
> ...
> :Ek sien een van die wat op die nuusgroep pos kan sy familie
> nie naspoor
> :op die staatsargief nie
> -----------------knip-------------------------
>
Vorige onderwerp: Die afstammelinge van Angela VAN BENGALE
Volgende onderwerp: Aantal geslag inligting benodig vir genealogie.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:04:01 MGT 2024