Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Nuutste Honde Nuus
Nuutste Honde Nuus [boodskap #36512 is 'n antwoord op boodskap #36513] Di, 14 November 2000 00:00
Internet  is tans af-lyn  Internet
Boodskappe: 2
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Junior Lid
Haasdas se nuuskas

Om nie agter te raak by die huidige vloedgolf van hond verwante nuus nie sal
hierdie deeltydse nuusdiens die volgende bytend-skokkende nuus op 'n
hond-honger publiek loslaat (ons nuusdiens onderneem om geen tand
onaangeroer te laat nie):

Dit het vandag bekend geword dat daar onweerlegbare getuienis bestaan dat 'n
apartheids opgeleide hond met 'n Afrikaanse hanteerder gesien is net voor
die dood van John F Kennedy. Die FBI is dringend op soek na iemand wat die
woord "sa" verstaan. Dit spreek duidelik van 'n apartheids sameswering.
Verskeie organisasies het daarop aangedring dat hierdie aangeleentheid na
die WVK, die menseregte kommmissie en die WNNR verwys word.

Die OVLT (Organisasie vir liberale troeteldiere) het daarop aangedring dat
alle polisie-, sekuriteits- en Malteserhonde onmiddelik onderwerp sal word
aan deurtastende persoonlikheidstoetse om te verseker dat geen apartheids
indoktrinering by hierdie ongelukkige diere oorgebly het nie. Daar word ook
ge-eis dat alle sulke honde verplig word om donkerbrille te dra sodat geen
kleure onderskei kan word nie. 'n Verpligte dieet van ses Beeldkoerante per
week word vir die arme diere aanbeveel.

Ander organisasies dring egter steeds daarop aan dat hierdie duidelik
rassistiese honde met pikkewyne vervang word.

Die publiek sal vir die volgende sewe jaar vir 22 uur per dag aan honde
videos oor TV onderwerp word, is bekend gemaak. Dit word gehoop dat hierdie
stappe die ernstigheid van die hond-situasie duidelik sal maak aan 'n
publiek wat te maklik kla oor gewone moord, roof, verkragting en SABC
programme.
Re: Nuutste Honde Nuus [boodskap #36513 is 'n antwoord op boodskap #36512] Di, 14 November 2000 00:00 Na vorige boodskap
Skunk  is tans af-lyn  Skunk
Boodskappe: 192
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wit en swart, in plaas van wit of swart!

Net soos Skunk!!!

"Internet" het o.a. geskryf:
> Ander organisasies dring egter steeds daarop aan dat hierdie duidelik
> rassistiese honde met pikkewyne vervang word.
Vorige onderwerp: Honde NUUS ?????
Volgende onderwerp: Afrikaner-hondename
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 09:34:32 MGT 2024