Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Die vaal maan"deur Donald Riekert
"Die vaal maan"deur Donald Riekert [boodskap #35364] Wo, 11 Oktober 2000 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jan wrote:

> Die vaal maan - Donald W Riekert
>
> Die vaal maan
> dryf bakkie tussen
> ligroos wolke bo
> donkerkolle van kameeldoring
> gaan die kommietjie
> opwaarts bo duine
> en die gras roer
> in die wind wyl
> bloukopkoggelmanders
> met pote na bo
> weet die reën kom
> die reën kom
>
>

Dankie vir die gedig, Jan. Wat weet jy van DonaldRiekert - watse werk doen hy,
waar woon hy?
Daar is effentjies van 'n weerklank van Eugene Marais
se gedig "Die dans van die reen" in die laaste deel van
bostaande gedig.

Gloudina
Re: "Die vaal maan"deur Donald Riekert [boodskap #35366 is 'n antwoord op boodskap #35364] Wo, 11 Oktober 2000 00:00 Na vorige boodskap
Jan  is tans af-lyn  Jan
Boodskappe: 167
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in article ...

> Dankie vir die gedig, Jan. Wat weet jy van DonaldRiekert - watse werk doen hy,
> waar woon hy?

Ek het hom gedurende 1989 per toeval ontmoet in 'n winkel in Kuruman en het
afgelei dat dit sy onderneming was, maar nie daarna uitgevra nie. Ons het
lekker gesels en hy het my 'n kopie van die National Geographic gewys
waarin hulle onder meer 'n kort onderhoud met hom gevoer het oor Suid
Afrika. Ek het sy digbundel "Heuning uit die swarthaak" waarin "die vaal
maan" opgeneem is die dag daar gekoop en hy het die die boekie vir my en my
vrou onderteken met:

"'n likeurtjie heuning uit ons heilige berg
-wat vir 'n leeftog oorlewing is"

'n Jaar of wat gelede was ek weer in Kuruman en het iemand daar na Donald
Riekert gevra, maar kon nie veel wys word nie. Ek glo amper nie dat hy meer
betrokke is by die onderneming nie, maar waarskynlik woon hy nog daar. Ek
sal navraag doen en laat weet!
Vorige onderwerp: the smartest women in the world
Volgende onderwerp: help
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 15:15:17 MGT 2024