Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Dadel-en-malvalekkerskyfies
Dadel-en-malvalekkerskyfies [boodskap #33] So, 20 Mei 2018 09:19
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
DADEL-EN-MALVALEKKERSKYFIES

500 g dadels
250 g malvalekkers
1 ¼ pak (250 g) marie-beskuitjies
250 ml room (1 k)
5 ml vaieljegeursel (1 t)

Sny die dadels fyn. Knip die malvalekkers met 'n nat skêr in stukkies. Rol die beskuitjies fyn en hou sowat 60 ml (4 e) daarvan eenkant. Klits die room tot baie styf. Voeg die vanieljegeursel by en klits dit tot gemeng. Voeg die dadels, malvelekkers en beskuitjiekrummels by en meng baie goed. Halveer die mengsel. Strooi die helfte van die krummels wat eenkant gehou is, op `n vel waspapier of aluminiumfoelie. Fatsoeneer een helfte van die mengsel daarop in `n rol, 20 cm lank en 5 cm in deursnee. Rol dit in die waspapier of aluminiumfoelie toe. Doen dieselfde met die ander helfte mengsel en krummels. Verkil die rolle minstens 12 uur lank of vries dit. Om te eet: Sny 1 cm dun skyfies af.

Lewer 40 skyfies.
Vorige onderwerp: Sjokolade-en-pofrys-koekies
Volgende onderwerp: Suurlemoen Sukses
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 01:24:03 MGT 2024