Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Piesangslaai met kondensmelksous
Piesangslaai met kondensmelksous [boodskap #31] So, 20 Mei 2018 09:15
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
PIESANGSLAAI MET KONDENSMELKSOUS

4 groot, ryp piesangs
1 blik (425 g) vrugteslaai
125 ml kondensmelk (1/2 k)
60 ml mayonnaise (1/4 k)
sap van 1 suurlemoen

Skil die piesangs en sny dit in skyfies. Dreineer die vrugteslaai en sny die vrugtestukkies kleiner. Meng die kondensmelk, mayonnaise en suurlemoensap. Voeg die piesangskyfies en vrugtestukkies by en meng alles liggies saam. Verkil die slaai.

Lewer 6-8 porsie
Vorige onderwerp: Piesangslaai
Volgende onderwerp: Sjokolade-en-pofrys-koekies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:43:28 MGT 2024