Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Wiele » Re: Toyota bly tops :-) 60.9kb attachment
Re: Toyota bly tops :-) 60.9kb attachment [boodskap #28524] Vr, 17 Desember 1999 00:00 na volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Tobias die tobiet moenie so lieg nie!

En moet ook ASB nie fotos na hierdie nuusgroep pos nie! Dis nie 'n
'alt.binaries.pictures.... " ng nie!

Dis 'n foto van 'n bakkie wat in TANZANIË geneem is, en sommer 'n hele paar
jaar gelede al.

En dit lyk meer na 'n Nissan as na 'n Toyota!

Thys de Wet
Tobie wrote in message ...
Re: Toyota bly tops :-) 60.9kb attachment [boodskap #28579 is 'n antwoord op boodskap #28524] Do, 23 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Weet nou nie hoeveel gesteel raak nie, maar die Toyota bussies in SA moet nou
darem geweldig groot vervaardig word - ek lees dat daar in 'n taxi ongeluk
verlede naweek 23 insittendes was.

Toe ons laas in SA was, was die bussies maar klein en was dit wreed om 15 in een
in te kan kry.

Japanese tegnologie .....!

Johan
Re: Toyota bly tops :-) 60.9kb attachment [boodskap #28593 is 'n antwoord op boodskap #28524] Vr, 24 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nouja boet!
Jy weet mos wat sê mense vir 'n iemand wat goedhartig is:
Hy't 'n hart soos 'n minibus taxi: Altyd plek vir nog!

Vertel iemand van die spietkop wat die ou Valiant hier in Langa stop.
Lig met die flits voor in. Hier sit waarlik 5 mense op die voorste bank.
Lig agter in. Net een ou sit daar.
"En hoekom sit net jy hier agter?" vra die spietkop?
"Aikona nog plek voor vir my!"

Pak 'it in pak 'it in sê die taxi mense! Alles loop reg altyd toyota net
tot hulle omval, of 'n band bars, of die bestuurder iets stupids doen, of
die stuurwiel afhaal en met 'n vice-grip bestuur, sodat daar voor nog een
kan sit. Dit is alles waar en lewendig en kan nog elke dag op on spaaie
gesien, beleef en ervaar word.

Goenoeg daarvan.

Thys oppie 'bosiensis stellensiae'

Johan wrote in message ...
> Weet nou nie hoeveel gesteel raak nie, maar die Toyota bussies in SA moet nou
> darem geweldig groot vervaardig word - ek lees dat daar in 'n taxi ongeluk
> verlede naweek 23 insittendes was.
>
> Toe ons laas in SA was, was die bussies maar klein en was dit wreed om 15 in een
> in te kan kry.
>
> Japanese tegnologie .....!
>
> Johan
>
Volgende onderwerp: Toyota
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 15:03:30 MGT 2024