Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Bekkig was Re: Kan Afrika opstaan?
Re: Bekkig was Re: Kan Afrika opstaan? [boodskap #26859] Di, 28 September 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Myrte wrote:

> En de Zuid-Afrikaners dan......die hebben toch ook Nederlandse voorouders
> ;-)))
> Hoe zijn dan de Zuid-Afrikaners........
>
>

Jy sal jou verbaas hoe min Afrikaners in SA Nederlandse voorouers het. Selfs
gedurende die tyd dat die H.O.I.K. aan die Kaap regeer het, was
meeste van die Vryburgers mense wat uit ander dele van Europa gekom
het en op Nederlandse skepe gewerk het, en toe die kans gevat het om
in SA te begin boer. My eie stamvader van vaderskant was nie 'n
Nederlander nie, alhoewel sy naam vernederlands het. Die rede hoekom
daar so min Nederlandse stamvaders was, was omdat die Nederland van
die sewentiende eeu baie welvarend was, en die mense was nie baie
gretig om hulle land te verlaat nie. Die grootste etniese bydra tot die
poel van Afrikaners is (sover ek kan onthou) die Duitse immigrasie
wat hoofsaaklik in die neentiende eeu in SA plaasgevind het. As mens
'n telefoonboek in Nederland optel en na die vanne kyk, sien jy baie
min "Afrikaanse" vanne. Afrikaners voel ook nie baie "tuis" in Nederland
nie. Meeste Afrikaners het eintlik die "Britse kultuur" geabsorbeer.

Gloudina
Vorige onderwerp: As dié ng. jou neerslagtig maak ...........
Volgende onderwerp: Re: Free internet provider
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 19:22:01 MGT 2024