Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Besoek aan Wene
Besoek aan Wene [boodskap #25453] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In Junie was ek in Wene om daar 'n kongres by te woon. Ek het op hierdie nuusgroep raad gevra oor wat 'n mens daar kan doen en sien, en verskeie mense het raad aangebied - en ook gevra ek moet verslag doen wanneer ek terug is. Ek is nou meer as twee maande reeds terug, en hier is die beloofde kort verslaggie:

Wene was 'n wonderlile belewenis. Al waaroor ek spyt is, is dat ek vir 'n kongres daar was, en nie regtig tyd gehad het om in die ou stad rond te kuier nie. Die kongres (en my hotel) was in 'n splinternuwe, moderne deel van Wene, oorkant die Donau. Darem gerieflik naby aan die ou middestad en die Stephansplatz - net tien of vyftien minute met die moltrein. Die Stephansplatz was waarheen ek heel eerste gegaan het - wat 'n wonderlike ou stadsplein, oorheers deur die manjifieke Stephanskirche. Die ou kerk, wat al soveel eeue daar staan, was 'n wonderlike ervaring, hoewel dit meer soos 'n museum as 'n kerk gevoel het vir my. Ek kan steeds nie eintlik vat kry aan die Roomse gebruike van kerse brand en aanbidding van die Heiliges nie. Al die beelde en ikone in die kerk was wonderlik om te aanskou, maar skaars vir my 'n religieuse gebeurtenis. Interessant was dit ook om voor die kerk te staan en teen die massiewe klipmure die koeëlgate te sien - oorblyfsels en handeteking van die Nazi's.

Die Stephansplatz self is 'n heerlike saamkomplek van mense, met sy buitelugkafees, straatmkusntenaars en die mense wat daaroor stroom. Straussmusiek vang jou oor so tussen die geroesemoes van mense deur, en studente in kleurvolle kostuums uit die Straussera probeer jou oorreed om kaartjie te koop vir konserte. Marionetmeesters, gimnaste en musikante eis elkeen 'n hoekie van die plein op vir hulle vertonings, en ek het van die een na die ander gedwaal, gekyk, geluister en geniet. Een aand was daar 'n balalaika-ensemble wat daar opgetree het terwyl ek desit en eet het by een van die buitelugkafees.

Een aand is ons as groot groep na Gumbholdtskirchen, 'n dorpie buite Wene, vir 'n ete by een van die wynkelders. Ongelukkig het dit die aand erg gereën, en ons kon nie juis rondstap nie. Nietemin was dit lekker. Nog 'n aand was daar 'n onthaal in die Ferstelpaleis, 'n asemrowende mooi paleis uit die agtiende eeu. Iets wonderliks om te aanskou was dit om daar te wees en al die glorie te aanskou. Deur die ete is ons vergas op Straussmusiek, uitgevoer deur 'n strykensemble. Die kelners wat die ete bedien het, was 'n aandpakke aangetrek. Elke gereg wat bedien is, is ingedra in 'n statige optog van al die kelners, wat in 'n lang dubbelry ingemarsjeer het, met die geregte op groot silwerskinkborde, bedek met silwerkoepels. My grootste teleurselling van die aand was die feit dat Vrou nie die heerlikhied saam met my kon geniet het nie.

Die enigste museum waarvoor ek tyd gehad, was die Kunsthistorisches Museum, waar ek onder een dak feitlik al die meesterstukke van Brueghel en sy tydgenote kon sien wat ek my lewe lank nog smag om te sien. Hy (Brueghel) bly een van die fassinerendste kunstenaars en een een van my gunstelinge. Die wonderlike allegorieë van sy skilderye bly 'n ryk bron van betekenisverlening en interpretasie, en ek het lank daarna gestaan en kyk en my daarin verlustig. Ook die ander sale, met die wonderlike beeldhouwerk, wetenskaplike en tegnologiese uitstallings uit die sestiende eeu was 'n belewenis wat my oorweldig het. So jammer dat 'n mens nooit genoeg tyd het om daar deur te bring nie. Dit was een van die museums wat my die meeste beïndruk het wat ek nog ooit gesien het. (Nog 'n museum wat my erg geïmponeer het, is die Salvador Dali-museum in - van alle plekke! - St Petersburg in Florida.)

Groetnis
Henry
Re: Besoek aan Wene [boodskap #25478 is 'n antwoord op boodskap #25453] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Aug 1999 02:15:15 -0700, Cicero wrote:

|Lieflike stad en in my opinie een van die top drie bestemmings waarna ek graag
|sal wil terugkeer. Die manier waarop "Wien" in die oorspronklike boodskap
|gespel is, is egter misleidend:
|"Wien" in Duits
|"Vienna" in Engels
|"Wenen" in Afrikaans
|
Is dit Wene of Wenen in Afrikaans?
Re: Besoek aan Wene [boodskap #25479 is 'n antwoord op boodskap #25453] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Cicero  is tans af-lyn  Cicero
Boodskappe: 1
Geregistreer: Augustus 1999
Karma: 0
Junior Lid
Lieflike stad en in my opinie een van die top drie bestemmings waarna ek graag
sal wil terugkeer. Die manier waarop "Wien" in die oorspronklike boodskap
gespel is, is egter misleidend:
"Wien" in Duits
"Vienna" in Engels
"Wenen" in Afrikaans

In article , "Kwarantyn" says...
>
> This is a multi-part message in MIME format.
>
> ------=_NextPart_000_0087_01BEEBD1.D1B45060
> Content-Type: text/plain;
> charset="iso-8859-1"
> Content-Transfer-Encoding: quoted-printable
>
> In Junie was ek in Wene om daar 'n kongres by te woon. Ek het op hierdie =
> nuusgroep raad gevra oor wat 'n mens daar kan doen en sien, en verskeie =
> mense het raad aangebied - en ook gevra ek moet verslag doen wanneer ek =
> terug is. Ek is nou meer as twee maande reeds terug, en hier is die =
> beloofde kort verslaggie:
>
> Wene was 'n wonderlile belewenis. Al waaroor ek spyt is, is dat ek vir =
> 'n kongres daar was, en nie regtig tyd gehad het om in die ou stad rond =
> te kuier nie. Die kongres (en my hotel) was in 'n splinternuwe, moderne =
> deel van Wene, oorkant die Donau. Darem gerieflik naby aan die ou =
> middestad en die Stephansplatz - net tien of vyftien minute met die =
> moltrein. Die Stephansplatz was waarheen ek heel eerste gegaan het - wat =
> 'n wonderlike ou stadsplein, oorheers deur die manjifieke =
> Stephanskirche. Die ou kerk, wat al soveel eeue daar staan, was 'n =
> wonderlike ervaring, hoewel dit meer soos 'n museum as 'n kerk gevoel =
> het vir my. Ek kan steeds nie eintlik vat kry aan die Roomse gebruike =
> van kerse brand en aanbidding van die Heiliges nie. Al die beelde en =
> ikone in die kerk was wonderlik om te aanskou, maar skaars vir my 'n =
> religieuse gebeurtenis. Interessant was dit ook om voor die kerk te =
> staan en teen die massiewe klipmure die koeëlgate te sien - =
> oorblyfsels en handeteking van die Nazi's.
>
> Die Stephansplatz self is 'n heerlike saamkomplek van mense, met sy =
> buitelugkafees, straatmkusntenaars en die mense wat daaroor stroom. =
> Straussmusiek vang jou oor so tussen die geroesemoes van mense deur, en =
> studente in kleurvolle kostuums uit die Straussera probeer jou oorreed =
> om kaartjie te koop vir konserte. Marionetmeesters, gimnaste en =
> musikante eis elkeen 'n hoekie van die plein op vir hulle vertonings, en =
> ek het van die een na die ander gedwaal, gekyk, geluister en geniet. Een =
> aand was daar 'n balalaika-ensemble wat daar opgetree het terwyl ek =
> desit en eet het by een van die buitelugkafees.
>
> Een aand is ons as groot groep na Gumbholdtskirchen, 'n dorpie buite =
> Wene, vir 'n ete by een van die wynkelders. Ongelukkig het dit die aand =
> erg gereën, en ons kon nie juis rondstap nie. Nietemin was dit lekker. =
> Nog 'n aand was daar 'n onthaal in die Ferstelpaleis, 'n asemrowende =
> mooi paleis uit die agtiende eeu. Iets wonderliks om te aanskou was dit =
> om daar te wees en al die glorie te aanskou. Deur die ete is ons vergas =
> op Straussmusiek, uitgevoer deur 'n strykensemble. Die kelners wat die =
> ete bedien het, was 'n aandpakke aangetrek. Elke gereg wat bedien is, is =
> ingedra in 'n statige optog van al die kelners, wat in 'n lang dubbelry =
> ingemarsjeer het, met die geregte op groot silwerskinkborde, bedek met =
> silwerkoepels. My grootste teleurselling van die aand was die feit dat =
> Vrou nie die heerlikhied saam met my kon geniet het nie.
>
> Die enigste museum waarvoor ek tyd gehad, was die Kunsthistorisches =
> Museum, waar ek onder een dak feitlik al die meesterstukke van Brueghel =
> en sy tydgenote kon sien wat ek my lewe lank nog smag om te sien. Hy =
> (Brueghel) bly een van die fassinerendste kunstenaars en een een van my =
> gunstelinge. Die wonderlike allegorieë van sy skilderye bly 'n ryk =
> bron van betekenisverlening en interpretasie, en ek het lank daarna =
> gestaan en kyk en my daarin verlustig. Ook die ander sale, met die =
> wonderlike beeldhouwerk, wetenskaplike en tegnologiese uitstallings uit =
> die sestiende eeu was 'n belewenis wat my oorweldig het. So jammer dat =
> 'n mens nooit genoeg tyd het om daar deur te bring nie. Dit was een van =
> die museums wat my die meeste beïndruk het wat ek nog ooit gesien het. =
> (Nog 'n museum wat my erg geïmponeer het, is die Salvador Dali-museum =
> in - van alle plekke! - St Petersburg in Florida.)
>
> Groetnis=20
> Henry
>
> ------=_NextPart_000_0087_01BEEBD1.D1B45060
> Content-Type: text/html;
> charset="iso-8859-1"
> Content-Transfer-Encoding: quoted-printable
>
>
>
> http-equiv=3DContent-Type>
>
>
>
>
> In Junie was ek in Wene om daar 'n kongres by te =
> woon. Ek het=20
> op hierdie nuusgroep raad gevra oor wat 'n mens daar kan doen en sien, =
> en=20
> verskeie mense het raad aangebied - en ook gevra ek moet verslag doen =
> wanneer ek=20
> terug is. Ek is nou meer as twee maande reeds terug, en hier is die =
> beloofde=20
> kort verslaggie:
>  
>
> Wene was 'n wonderlile belewenis. Al waaroor ek spyt =
> is, is=20
> dat ek vir 'n kongres daar was, en nie regtig tyd gehad het om in die ou =
> stad=20
> rond te kuier nie. Die kongres (en my hotel) was in 'n splinternuwe, =
> moderne=20
> deel van Wene, oorkant die Donau. Darem gerieflik naby aan die ou =
> middestad en=20
> die Stephansplatz - net tien of vyftien minute met die moltrein. Die=20
> Stephansplatz was waarheen ek heel eerste gegaan het - wat 'n wonderlike =
> ou=20
> stadsplein, oorheers deur die manjifieke Stephanskirche. Die ou kerk, =
> wat al=20
> soveel eeue daar staan, was 'n wonderlike ervaring, hoewel dit meer soos =
> 'n=20
> museum as 'n kerk gevoel het vir my. Ek kan steeds nie eintlik vat kry =
> aan die=20
> Roomse gebruike van kerse brand en aanbidding van die Heiliges nie. Al =
> die=20
> beelde en ikone in die kerk was wonderlik om te aanskou, maar skaars vir =
> my 'n=20
> religieuse gebeurtenis. Interessant was dit ook om voor die kerk te =
> staan en=20
> teen die massiewe klipmure die koeëlgate te sien - oorblyfsels en =
> handeteking=20
> van die Nazi's.
>  
> Die Stephansplatz self is 'n heerlike saamkomplek =
> van mense,=20
> met sy buitelugkafees, straatmkusntenaars en die mense wat daaroor =
> stroom.=20
> Straussmusiek vang jou oor so tussen die geroesemoes van mense deur, en =
> studente=20
> in kleurvolle kostuums uit die Straussera probeer jou oorreed om =
> kaartjie te=20
> koop vir konserte. Marionetmeesters, gimnaste en musikante eis elkeen 'n =
> hoekie=20
> van die plein op vir hulle vertonings, en ek het van die een na die =
> ander=20
> gedwaal, gekyk, geluister en geniet. Een aand was daar 'n =
> balalaika-ensemble wat=20
> daar opgetree het terwyl ek desit en eet het by een van die=20
> buitelugkafees.
>  
> Een aand is ons as groot groep na Gumbholdtskirchen, =
> 'n dorpie=20
> buite Wene, vir 'n ete by een van die wynkelders. Ongelukkig het dit die =
> aand=20
> erg gereën, en ons kon nie juis rondstap nie. Nietemin was dit lekker. =
> Nog 'n=20
> aand was daar 'n onthaal in die Ferstelpaleis, 'n asemrowende mooi =
> paleis uit=20
> die agtiende eeu. Iets wonderliks om te aanskou was dit om daar te wees =
> en al=20
> die glorie te aanskou. Deur die ete is ons vergas op Straussmusiek, =
> uitgevoer=20
> deur 'n strykensemble. Die kelners wat die ete bedien het, was 'n =
> aandpakke=20
> aangetrek. Elke gereg wat bedien is, is ingedra in 'n statige optog van =
> al die=20
> kelners, wat in 'n lang dubbelry ingemarsjeer het, met die geregte op =
> groot=20
> silwerskinkborde, bedek met silwerkoepels. My grootste teleurselling van =
> die=20
> aand was die feit dat Vrou nie die heerlikhied saam met my kon geniet =
> het=20
> nie.
>  
> Die enigste museum waarvoor ek tyd gehad, was die=20
> Kunsthistorisches Museum, waar ek onder een dak feitlik al die =
> meesterstukke van=20
> Brueghel en sy tydgenote kon sien wat ek my lewe lank nog smag om te =
> sien. Hy=20
> (Brueghel) bly een van die fassinerendste kunstenaars en een een van my=20
> gunstelinge. Die wonderlike allegorieë van sy skilderye bly 'n ryk =
> bron van=20
> betekenisverlening en interpretasie, en ek het lank daarna gestaan en =
> kyk en my=20
> daarin verlustig. Ook die ander sale, met die wonderlike face=3D"
">beeldhouwerk, wetenskaplike en tegnologiese =
> uitstallings=20
> uit die sestiende eeu was 'n belewenis wat my oorweldig het. So jammer =
> dat 'n=20
> mens nooit genoeg tyd het om daar deur te bring nie. Dit was een van die =
> museums=20
> wat my die meeste beïndruk het wat ek nog ooit gesien het. (Nog 'n =
> museum wat my=20
> erg geïmponeer het, is die Salvador Dali-museum in - van alle plekke! =
> - St=20
> Petersburg in Florida.)
>  
> Groetnis
> size=3D2>Henry
>
> ------=_NextPart_000_0087_01BEEBD1.D1B45060--
>
Re: Besoek aan Wene [boodskap #25512 is 'n antwoord op boodskap #25453] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Thys de Wet wrote:

> Thys op Matieland met sneeu op die Pieke en Victoriapiek (Tweede sneuval
> hierdie winter/lente!)

Thys, dis iets wat my altyd sal bybly: jy loop in die straat in Stellenboschen
daar is wit bloeisels in die tuine en sneeu op die Pieke.

Ek het ook al bo-op die Pieke gewees as daar nog stukke ys tussen
die gras is. Onder was dit warm.

Hou hulle nog Lentedag die eerste September? Ons tema was Oosters.
Ek was in die koor van bedelaars, met 'n baie skimpy gewaad. Het
ons koud gekry!

Gloudina

>
Re: Besoek aan Wene [boodskap #25513 is 'n antwoord op boodskap #25453] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Sover ek kan onthou het ons nog altyd van Wene gepraat. Weenen in Natal
word so gespel omdat dit 'n herhinnering is aan die geween wat daar was
onder die Trekkers na 'n aanslag (ek dink by die slagting van Bloukrans).

My 0.02 sent (outydse stuiwer in die armbeurs)

Thys op Matieland met sneeu op die Pieke en Victoriapiek (Tweede sneuval
hierdie winter/lente!)

Johan wrote in message ...
> On 23 Aug 1999 02:15:15 -0700, Cicero wrote:
>
> |Lieflike stad en in my opinie een van die top drie bestemmings waarna ek graag
> |sal wil terugkeer. Die manier waarop "Wien" in die oorspronklike boodskap
> |gespel is, is egter misleidend:
> |"Wien" in Duits
> |"Vienna" in Engels
> |"Wenen" in Afrikaans
> |
> Is dit Wene of Wenen in Afrikaans?
Re: Besoek aan Wene [boodskap #25514 is 'n antwoord op boodskap #25453] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
O nee, Gloudiuna,

Hier kom en gaan 'lentedag' deesdae ongesiens op kampus. Miskien tog wel in
die koshuise, maar op die breë kampus gaat daar maar min aan. Meeste kyk of
die nuut verkose SR nie weer een of ander skande of geraamte innie kas het
nie!
Vrek koud vandag op die 'Bos gewees.

Groete
Thys
> Hou hulle nog Lentedag die eerste September? Ons tema was Oosters.
> Ek was in die koor van bedelaars, met 'n baie skimpy gewaad. Het
> ons koud gekry!
Re: Besoek aan Wene [boodskap #25515 is 'n antwoord op boodskap #25453] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskap
Johan K Trautmann  is tans af-lyn  Johan K Trautmann
Boodskappe: 3
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Thys de Wet wrote in message ...
,

> Vrek koud vandag op die 'Bos gewees.

Ek mis die Bos sooo baie vanuit warm Houston

johan T
Vorige onderwerp: Mooiste Perth
Volgende onderwerp: Suid Afrikaanse Immigrasie - Huiswerk vir Ferdi En Gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 06:48:05 MGT 2024