Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Die Stemmery vanuit buiteland ..
Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23068] Wo, 19 Mei 1999 00:00 na volgende boodskap
Etienne de Bruin  is tans af-lyn  Etienne de Bruin
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Groetings!

Ek is jammer as hierdie punt nou al holrug gery is hier, maar die feit
dat ek nie kan stem nie pla my vreeslik. Ek bly in Duitsland en is nog
nie een jaar uit die land uit nie. Ek het ook nie gewaai oor politiese
redes nie. Ek is bloot hier om bietjie "Oorsese Ervaring" op my CV te
kry.

Ek kan net nie verstaan hoekom ons nie mag stem nie? Wat is nou eintlik
die redes wat aangevoer is hieroor?

Lekker om by julle te wees :)

eT

--
Etienne de Bruin; e...@post.com
visit eT on the web: http://listen.to/eT (last update: 12 Mar 1999)
"the promise of love is hard to ignore" - crowded house, private universe.
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23069 is 'n antwoord op boodskap #23068] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SocketZero  is tans af-lyn  SocketZero
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 19 May 1999 21:19:45 +0800, "Alwyn Nel" wrote:

> Internet Election '99
> 27 May - 2 June 1999
> For all South Africans abroad that have been disenfranchised in the
> coming election.
> Your chance to vote on 2 June 1999!

Om wat te bewys? Dis op dieselfde vlak as enige ander meningspeiling
op die Net, en sekerlik net so onakkuraat. En so "secure" as wat dit
ook mag wees, dis nie amptelik deel van die verkiesing nie. Net 'n
tipiese iAfrica reklametruuk.

Na kontak met personeel by 'n SA ambassade in Europa kan ek bevestig
dat hulle regmaak vir 'n paar dosyn stemgeregtigdes op die meeste per
ambassade of konsulaat, en dat kiesers wat nie in SA geregistreer het
nie, ook definitief nie sal kan stem nie. Dis nou nie asof die
regering van die dag oor sy voete gaan val vir 'n buitelandse
kieserskorps nie.

sO.
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23070 is 'n antwoord op boodskap #23068] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Inga van Meerbergen-V  is tans af-lyn  Inga van Meerbergen-V
Boodskappe: 20
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jammer om julle te pla maar ek wil tog kortliks 'n paar opmerkings skryf:
-Belge in die buiteland mag stem maar hulle moet 7000 belgiese frank betaal
vir administratiewe- en vertalingsonkoste. Van die ongeveer 56000 Belge in
die buiteland is daar net 18 wat die moeite gedoen het om te kan stem!
-Daar is Suid-Afrikaners wat in die buiteland kan stem, dit hang net af vir
watter rede en hoelank jy al in die buiteland bly. By die ambassade in
Brussel is die stemming op 26 Mei. Ek dink jy moet jou ambassade kontak.
SocketZero heeft geschreven in bericht
...
> On Wed, 19 May 1999 17:13:08 +0200, Etienne de Bruin
> wrote:
>
>> Het die ANC byvoorbeeld net gesê nee en dit het met 'n 50% meerderheid
>> deurgegaan? Of was dit 'n geval van meer partye ('n wonderlik 4% om 66%
>> te bereik) wat ook met die filosofie saamstem?
>
> Ek twyfel of die hele saak op so 'n hoë vlak gemanipuleer is. My
> vermoede is dat die Staat net besef het hy het nie die administratiewe
> vermoë om die verkiesing behoorlik te reël nie, en nie gaan aandag
> trek op die aspek van oorsese stemme nie. Niemand het "nee" gesê nie
> (behalwe die Grondwetlike Hof) maar niemand het ook "ja" gesê nie. Die
> wonder van 'n fuzzy demokrasie.
>
> s0.
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23071 is 'n antwoord op boodskap #23068] Wo, 19 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne de Bruin  is tans af-lyn  Etienne de Bruin
Boodskappe: 4
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ja, jou punt is interessant, maar is dit werklik 'n "heersende party"
opsie? Ek sou gedink het dit is een van die konstitusionele regte wat
deur geen heersende party verander kon word nie.

Het die ANC byvoorbeeld net gesê nee en dit het met 'n 50% meerderheid
deurgegaan? Of was dit 'n geval van meer partye ('n wonderlik 4% om 66%
te bereik) wat ook met die filosofie saamstem?

eT

--
Etienne de Bruin; e...@post.com
visit eT on the web: http://listen.to/eT (last update: 12 Mar 1999)
"the promise of love is hard to ignore" - crowded house, private universe.
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23102 is 'n antwoord op boodskap #23068] Do, 20 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Inga van Meerbergen-Verreet"
wrote:
> Jammer om julle te pla maar ek wil tog kortliks 'n paar opmerkings skryf:
> -Belge in die buiteland mag stem maar hulle moet 7000 belgiese frank betaal
> vir administratiewe- en vertalingsonkoste. Van die ongeveer 56000 Belge in
> die buiteland is daar net 18 wat die moeite gedoen het om te kan stem!
> -Daar is Suid-Afrikaners wat in die buiteland kan stem, dit hang net af vir
> watter rede en hoelank jy al in die buiteland bly. By die ambassade in
> Brussel is die stemming op 26 Mei. Ek dink jy moet jou ambassade
kontak.

Die situasie in SA is wal veel anders as in Belgie wat politiek
aanbetref. In Belgie soos in Nederlands, vind mense nie meer politiek
interessant nie. Kyk maar na die stemsyfers in die lande.
In SA is dinge wel heel anders. Daar is 'n paar faktore wat die stem van
Suid Afrikaners in die buiteland krities maak. Soos reeds opgemerk is
die meerderheid van Suid Afirkaners in die buiteland blank. Sommige
reken dat so veel as 20% van alle stemgeregtigde blanke Suid Afrikaners
hulself buite SA bevind op die oomblik. Vir die rekord - Blankes maak
meer as 10% uit van die SA bevolking. Dit beteken dat so veel as 4% van
stemgeregtigdes opeens hul stem ontneem word. Die stem wat ontneem is is
ook die stem van die wie op die moment wel 'n politieke oposisie in SA
bied. Soos jy kan dink, verhoog die uitsluiting van kiesers wat in 'n
grote meerderheid nie die ANC Alliansie sou ondersteun nie, 'n groter
kans om hul 2/3 meerderheid te bereik.

Die fiet dat so weinig mense buite Belgie nie sal stem nie het volgens
my te doen met die Belge se gebrek aan belangstelling in politiek, en
die geld wat betaal moet word (so R 1000 vir die SAners). Daar is ook
'n relatief kleiner persentasie Belge in die buiteland as Suid
Afrikaners. Dit in kombinasie met hoe bepalend die verlore stemme vir
die SA poolitiek en samelewing kan wees, so my laat se dat daar in feite
weinig ooreenkoms bestaan tussen die Belgiese en Suid Afrikaanse
situasie.

Groeten

-Gideon-

--== Sent via Deja.com http://www.deja.com/ ==--
---Share what you know. Learn what you don't.---
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23103 is 'n antwoord op boodskap #23068] Do, 20 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rd...  is tans af-lyn  rd...
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Etienne de Bruin wrote:
> Groetings!
>
> Ek is jammer as hierdie punt nou al holrug gery is hier, maar die feit
> dat ek nie kan stem nie pla my vreeslik. Ek bly in Duitsland en is nog
> nie een jaar uit die land uit nie. Ek het ook nie gewaai oor politiese
> redes nie. Ek is bloot hier om bietjie "Oorsese Ervaring" op my CV te
> kry.
>
> Ek kan net nie verstaan hoekom ons nie mag stem nie? Wat is nou eintlik
> die redes wat aangevoer is hieroor?
>
> Lekker om by julle te wees :)
>
> eT
>
Terloops

As ek reg kan onthou, het die ANC nie al hulle toys uit die kot gegooi
nie omdat hulle vryheid vegters buite Suid Africa nie kon stem nie.
Baie ANC stemme was buite Suid Africa en hulle het seker gemaak dat
hulle mag stem.
Nou dat meeste van hulle stemme weer terug in Suid Africa is en ander
partye se stemme buite Suid Africa sit, verander hulle netjies die
reels. Nou dit laat jou dink wat sal gebeur as hulle meer as 2/3 kry.
Kyk na die geskiedenis ver in Africa op... hulle geaardheid is mos die
selfde... POWER IS EVERYTHING

Cheers
Henk

> --
> Etienne de Bruin; e...@post.com
> visit eT on the web: http://listen.to/eT (last update: 12 Mar 1999)
> "the promise of love is hard to ignore" - crowded house, private universe.
>
>
Re: Die Stemmery vanuit buiteland .. [boodskap #23160 is 'n antwoord op boodskap #23068] Sa, 22 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Jacoba Viljoen  is tans af-lyn  Jacoba Viljoen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is bereid om te betaal om my stem uit te bring, en dit is dalk net wat
die ANC wil hoor. Almal weet hoe hulle voel oor GELD en MAG.

JHV

Gideon wrote in message ...
> In article ,
> "Inga van Meerbergen-Verreet"
> wrote:
>> Jammer om julle te pla maar ek wil tog kortliks 'n paar opmerkings skryf:
>> -Belge in die buiteland mag stem maar hulle moet 7000 belgiese frank betaal
>> vir administratiewe- en vertalingsonkoste. Van die ongeveer 56000 Belge in
>> die buiteland is daar net 18 wat die moeite gedoen het om te kan stem!
>> -Daar is Suid-Afrikaners wat in die buiteland kan stem, dit hang net af vir
>> watter rede en hoelank jy al in die buiteland bly. By die ambassade in
>> Brussel is die stemming op 26 Mei. Ek dink jy moet jou ambassade kontak.
>
> Die situasie in SA is wal veel anders as in Belgie wat politiek
> aanbetref. In Belgie soos in Nederlands, vind mense nie meer politiek
> interessant nie. Kyk maar na die stemsyfers in die lande.
> In SA is dinge wel heel anders. Daar is 'n paar faktore wat die stem van
> Suid Afrikaners in die buiteland krities maak. Soos reeds opgemerk is
> die meerderheid van Suid Afirkaners in die buiteland blank. Sommige
> reken dat so veel as 20% van alle stemgeregtigde blanke Suid Afrikaners
> hulself buite SA bevind op die oomblik. Vir die rekord - Blankes maak
> meer as 10% uit van die SA bevolking. Dit beteken dat so veel as 4% van
> stemgeregtigdes opeens hul stem ontneem word. Die stem wat ontneem is is
> ook die stem van die wie op die moment wel 'n politieke oposisie in SA
> bied. Soos jy kan dink, verhoog die uitsluiting van kiesers wat in 'n
> grote meerderheid nie die ANC Alliansie sou ondersteun nie, 'n groter
> kans om hul 2/3 meerderheid te bereik.
>
> Die fiet dat so weinig mense buite Belgie nie sal stem nie het volgens
> my te doen met die Belge se gebrek aan belangstelling in politiek, en
> die geld wat betaal moet word (so R 1000 vir die SAners). Daar is ook
> 'n relatief kleiner persentasie Belge in die buiteland as Suid
> Afrikaners. Dit in kombinasie met hoe bepalend die verlore stemme vir
> die SA poolitiek en samelewing kan wees, so my laat se dat daar in feite
> weinig ooreenkoms bestaan tussen die Belgiese en Suid Afrikaanse
> situasie.
>
> Groeten
>
> -Gideon-
>
Vorige onderwerp: SAners in Buiteland verloor burgerskap na 3 jaar?
Volgende onderwerp: BOEREWORS EXPRESS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:56:32 MGT 2024