Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » KINDERKOSTELIKHEDE OM DIE DAG LIGTER TE MAAK
KINDERKOSTELIKHEDE OM DIE DAG LIGTER TE MAAK [boodskap #20743] Sa, 06 Februarie 1999 00:00
SMS  is tans af-lyn  SMS
Boodskappe: 12
Geregistreer: Desember 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kostelikhede uit die kleuterskool:

"Juffrou, my maatjie se mangels is uitgehaal en toe praat sy vreeslik sag.
Nou die dag gaan kuier ek by haar en toe praat sy weer hard. Ek dink hulle
het haar mangels weer terug gesit."

************

Madelein kom baie opgewonde by haar kleuterskoolonderwyseres en fluister in
haar oor: "Juffrou ek is baie bly. Weet juffrou wat, my ma gaan 'n baba EN
'n hoender kry!!"

************

En dan nog 'n paar kostelikhede:

Jan se oupa verjaar en die familie is daar vir die verjaarsdag. Oupa kyk vir
sy seun en kleinseun (3 jaar) en sê aan klein Jan: "Man maar jy lyk darem
baie na jou pa." En die klein mannetjie antwoord: "Ek mag soos hy lyk, maar
gelukkig
is my kop nie so kaal nie."

************

Die Dominee het die storie van Adam en Eva in die Tuin van Eden behandel en
soos dit gaan in so 'n diens word die kinders se insette elke nou en dan
gevra. So vra hy vir die kinders wat het God vir Adam en Eva gesê i.v.m. die
tuin se bome? Hier voor steek 'n outjie sy hand op en antwoord:"Hy het gesê
dat hulle uit die akker moet uitkom want hulle trap net die blommetjies
plat!!"

************

Laaste een vir eers: Die ma besluit dit is tyd om die kinders 'n bietjie in
te lig oor die dinge van die lewe. Sy besluit toe dat sy by die diere sal
begin. Meer spesifiek die duiwe. Sy vra toe of hulle al gesien het hoe
maak die duiwe as die mannetjie so vir die wyfie koer en dan kry hulle
kinders. Grootoog vra die een toe: "Het Pa vir Ma ook so in die grond in
getrap toe julle ons wou gehad
het??"

****************

Indien jy gereeld sulke kinderkostelikhede wil ontvang, gooi 'n briefie in
my elektroniese posbus by die volgende adres: dm...@yebo.co.za

Groete,

Danie
Vorige onderwerp: 'n KOSTELIKHEID OF WAT
Volgende onderwerp: Gammat innie baaiskoup
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 07:32:45 MGT 2024