Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel?
Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #19930] Sa, 16 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink ek neem 'n verandering waar in die "demografiese profiel" van
Suid-Afrikaners (Sa's) in die buiteland. In die vroee tot middel 90s toe ek
en my gesin London toe is, het ek die idee gekry dat 'n relatief groot
persentasie van Sa's in die buiteland uit jonger gesinne bestaan het wat of
permanent weg is, of vir 'n periode van 'n paar jaar oorsee was vir
werksdoeleindes. Gewoonlik het een of albei broodwinners in so gesin 'n
professie beoefen - ondere andere agv. visa vereistes van die meeste
ontwikkelde lande.

Rondom 1995 het (sover ek kon waarneem) 'n vernadering plaasgevind. Die
jonger gesinnne was natuurlik nog daar, en waarskynlik het hulle getalle
toegeneem. Die verandering was dat jonger ongetroude Sa's in groot getalle
op plekke soos London toegesak het. Baie van hulle was pas gekwalifiseerde
rekenmeesters, veeartse, noem maar op. (Die 2 jaar "Commonwealth working
visa" of so iets het dit moontlik gemaak, nadat SA her-toegelaat is in die
CW. ) Maar daar was ook baie meer 18, 19, 20 jariges wat aangekom het om te
werk as veligheidswagte, au pairs, kelners, hamburger-flippers, hotel
kamerstaf, en prakties enige job waarvoor die permanente inwoners van
ontwikkellende lande gewoonlik hulle neuse optrek. (Daar is 'n tipe van
ironie daarin, as jy daaraan dink.)

Om dit te illustreer: vroeer is die SA kerk in London gehou in 'n kelder
vertrek van die SA ambasade by Trafalgar SQ. (Daardie gebou is 'n bate.
Moenie dit verkoop nie Tambo, al raak die druk hoe groot! ) Die vertrek is
die "Kinema" of so iets genoem en so 200 mense kon redelik maklik daarin
pas. (Ek was verstom oor die ou-SA relics in die plek, selfs 'n paar jaar na
1994, maar dit is 'n ander storie.) Rondom 94 was die vertrek heeltemal
voldoende. Teen laat 96 kon jy nie plek kry nie, al was jy 'n halfuur vroeg.
Daar was letterlik honderde onder 25's - dit het gelyk soos intervarsity.
(Net na ons uit London weg is, het die gemeente 'n groot kerkgebou begin
huur vir die dienste, en die gemeente gaan van krag tot krag.)

Daar is meer as een rede sou ek dink. Geld, probleme om werk te kry in SA,
groterwordende familie en ander steun-netwerke in die buiteland, geld, die
visa vroeer genoem natuurlik, geld (spaar 'n pond, he 10 rand.) En natuurlik
avontuur, maar dit was altyd daar.

Is daar ander wat die vernandering waargeneem het?

Bees.
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #19952 is 'n antwoord op boodskap #19930] So, 17 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Jan 1999 22:55:20 -0700, "Bees" wrote:

>[/color]

Ek ken vier middel 20 mense wat Brittanje toe is met die 2 jaar visum.
En hulle het daar opge-'link" met nog ander neefs en niggies.
So, jy is reg daar is talle Suid-Afrikaners wat die opsie vat om
Brittanje (en verder) te gaan ervaar.
Sover ek kan oordeel (die drie as basis) is dit om oorsee te gaan en
die wereld te sien. Die meeste van hulle het bietjie geld van die
ouers om mee te begin, natuurlik.
Van die vier is drie weer terug.
Die een was n au pair in Europa voor die twee jaar en studeer nou
klaar en werk in die Kaap.
Die ander een het na die 2 jaar Ooste toe gegaan. Engels in Taiwan
gegee, die plek gesien en toe n paar maande in die Himalayas gaan
deurbring.
Hulle is nou terug en is nie seker of hulle gaan begin werk en of
hulle ander dele van die wereld gaan invaar nie.
Ek dink hulle mik dalk daarna om vir n tyd ook Engels in Japan te gaan
gee.
Die vierde een werk nog in Londen en betaal SA studieskuld terug. Hy
kan dit doen omdat hy behalwe sy argitek-graad homself in SA eers
bedrewe gemaak het met argitek-CAD-werk.
Na sy skuld spaar hy geld om na die twee jaar visum in Europa te gaan
rondreis voor hy terugkom.
Hierdie is n geslag wat twee jaar in Brittanje kan gaan werk en
goedkoop soontoe kan vlieg.
Van daar kan hulle ook Europa verken.

Wens ek het sulke kanse gehad.
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #19960 is 'n antwoord op boodskap #19930] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Ek dink ek neem 'n verandering waar in die "demografiese profiel" van
> Suid-Afrikaners (Sa's) in die buiteland.

Maar daar was ook baie meer 18, 19, 20 jariges wat aangekom het om te
> werk as veligheidswagte, au pairs, kelners, hamburger-flippers, hotel
> kamerstaf, en prakties enige job waarvoor die permanente inwoners van
> ontwikkellende lande gewoonlik hulle neuse optrek. (Daar is 'n tipe van
> ironie daarin, as jy daaraan dink.)

> Is daar ander wat die vernandering waargeneem het?
>
> Bees.

Ja, hierdie soort ding is vir my nogal
ontstellend, veral wanneer jy dit in jou
eie familie in SA waarneem. In een familie
hoor ons: die seun, net Matriek klaargemaak,
gaan werk in die VSA - die baas is 'n ou-
SAer. Hulle werk met staalkonstruksies. Die
impuls om te gaan is seker voorsien deur 'n
ander maat wat ook daarheen is. Volgende
keer hoor ons hoe goed dit gaan. Hy het
meer geld as wat hy weet wat om te doen.
Die ouers beplan om te gaan kuier. Maande
daarna is die seun terug in SA met ernstige
rugprobleme. Seker swaar werk gedoen, waar-
voor sy taamlike sagte huislewe hom nie
voorberei het nie. Ek dink oud-SAers in
die VSA mag hierdie soort goedkoop arbeid
winsgewend vind. Ek sou nie daarvan hou
om te sien dat jong Afrikaner-seuns in
ander lande gaan werk en 'n soort van onder-
klas word, soos Noord-Afrikaners in Frankryk
of Turke in Duitsland nie. En in huisgesinne
waar die kinders aangemaan moet word om na
Matriek vir hulle te kwalifiseer vir een of
ander vak, is dit dubbel jammer om te hoor
van so 'n verwoeste lewe. Nog 'n voorbeeld
waar pypdrome van geld in die sak en onafhank-
lik van pa en ma op te vroeg 'n leeftyd lei
tot 'n jong mens wat seker baie moeilik
rigting sal kry.

Gloudina
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #19991 is 'n antwoord op boodskap #19930] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Jan 1999 00:24:53 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #19992 is 'n antwoord op boodskap #19930] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:

[color=blue]>
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #19993 is 'n antwoord op boodskap #19930] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lvano...  is tans af-lyn  lvano...
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 20 Jan 1999 00:24:53 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20010 is 'n antwoord op boodskap #19930] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Bees" writes:

> Maar daar was ook baie meer 18, 19, 20 jariges wat aangekom het om te
>> werk as veligheidswagte, au pairs, kelners, hamburger-flippers, hotel
>> kamerstaf, en prakties enige job waarvoor die permanente inwoners van
>> ontwikkellende lande gewoonlik hulle neuse optrek. (Daar is 'n
> tipe van
>> ironie daarin, as jy daaraan dink.)

>
> Ja, hierdie soort ding is vir my nogal
> ontstellend, [...] Ek sou nie daarvan hou
> om te sien dat jong Afrikaner-seuns in
> ander lande gaan werk en 'n soort van onder-
> klas word, soos Noord-Afrikaners in Frankryk
> of Turke in Duitsland nie.

Of miljoene Iere, Oos-Europeërs, en Chinese spoorwerkers in die VSA 'n eeu
gelede? Wie se nasate vandag die hoogste produktiwiteit in die wêreld
handhaaf, soos ons
verneem?

Nee, wat, ou kultivark! Jou inherente snobbisme hang alweer 'n myl onder jou
politieke korrektheid uit.

Ek het (met 'n graad en ander kwalifikasies agter
my naam en etlike jare werkervaring op bestuursvlak) my en my vrou vir twee
jaar in Europa onderhou deur kruiwa te stoot op bouterreine, klippe te kap
in 'n marmergroef, en te werk in olyfboorde en wingerde. Daardie
hande-arbeid het my net goed gedoen. Onder andere gee dit my die
selfvertroue dat ek vir myself en myne kan sorg,
ongeag ongunstige omstandighede. Ek dink dis een van die dinge wat my die
selfvertroue gee om in die NSA te bly en nie paniekbevange weg te skarrel
agter beter "sekuriteit" aan nie.

Ek vind jou neerbuigende houding teenoor hande-arbeid natuurlik ook ironies
vir iemand wat haar roem op haar "Afrikaanse" kultuur - waar die spreuk
"arbeid-adel" die standpunt stel dat _alle_ arbeid edel is.

Maar dit is so dat die idee dat daar so iets is soos "kafferwerk" goed
posgevat het onder 'n bepaalde groep Afrikaners - miskien veral die wat as
eerste geslag stam uit armlastiges wat vroeg in die eeu in werkkolonies
(soos langs die Oranjerivier) moes leer werk.

Die skuld vir "die armblankevraagstuk" word algemeen voor die deur van "die
oorlog" en "die depressie" gelê. Ek wonder daaroor.

Baie Afrikaners is deur die oorlog en die depressie verpletter, maar het
hulle daaruit gewerk. Maar daar was ander wat gedink het werk is vir
"kaffers" (of Turke of Nord-Afs of Karibiese immigrante) - daar is
kommentators wat hierdie houding onder sommige Afrikaners in die
konsentrasie- en krygsgevangenekampe aangeteken het. Dis waarskynlik van
hulle wat in hul ellende bly lê het en eers (by die kerk en die
Helpmekaarfonds) moes leer dat handewerk geen skande is nie. (Dis vir hulle
wat spreuke soos "arbeid-adel" geskep moes word.)

Dit lyk asof afstammelinge van daardie groep nooit juis hul afkeer
aan hande-arbeid tebowe gekom het nie. Dis klaarblyklik hulle wat aan die
groep behoort waar swart arbeid en meervoudige bediendes in die huis vir
hulle kenmerkend is van die leefwyse van Afrikaners, en waar hulle waarneem
dat Afrikaanse kinders soos "spoilt brats" optree teenoor bediendes.

Daar is natuurlik ook ander Afrikaners. Die wat nog altyd (soos Cato die
Ouere)geweet het dat enige arbeider die hardste werk as die baas (of die
noi) saam met hulle werk en die voorbeeld stel deur die meeste werk te doen.
Sulke Afrikaners het hul
plase of dele daarvan na die oorlog en die depressie behou, of het hulle
uit die posisie van bywoners en deelboere opgewerk na onafhanklikheid. Sulke
Afrikaners sien nie neer op hande-arbeid nie, en selfs al het hulle
akademici of professionele mense geword weet hulle dat die doktorale of die
meestersgraad dieselfde oorsprong het as die sertifikaat van die
meesterbouer of die meesterloodgieter. Dis onder hulle wat jy 'n
universiteitsrektor kry wat die massiewe rektorswoning meubileer met meubels
wat sy eie hand gekerf het.

Dis hulle wat die armlastige werkskuwes onder Afrikaners opgehef het tot 'n
vlak waar die kinders kon bekostig om te leer vir joppies waar hulle
hande-arbeid kon vermy - en vir wie dit op hul beurt die hoogste prioriteit
is om hul kinders teen hande-arbeid te "beskerm".

Maar dis ook hulle wat deur die geslagte, hande-arbeid of te nie, Cato die
Ouere & Kie kon aanhaal.

Maar die afstammelinge van die armlastige werkskuwes (wat 'n minderheid was)
kan nie glo dat die groot gros Afrikaners harder werk as hul werkers nie.
Dis hulle wat net huise ken waar Afrikaanse vrouens en kinders leeglê terwyl
die bediendes al die werk doen. En met hierdie sosiopatalogiese wanbeeld
beswadder hulle maar alte graag alle Afrikaners in die waan dat hul eie
vrees vir handewerk verteenwoordigend is.

Dis hulle wat hulle verbeel dat alle Afrikaners, soos hulleself, sonder
"apartheid" nooit sou gekom het waar hulle is nie. Dis juis hulle wat die
primôre doel van "apartheid" sien as materiële bevoorregting vir niksnutse
soos hulleself.

Dis hulle wat uitwyk as dinge hulle nie meer geval nie, en treurmares aanhef
oor "Afrikanerkinders" wat 'n "onderklas" kan word in ander lande. (Ek dink
net mense wat inherent "onderklas"-materiaal is kan so vreesagtig wees oor
"onderklas"-status.)

Varkentjie, 'n mens se vooroordele verraai jou. En die vooroordeel van
snobbisme is die uitstaande kenmerk van die parvenu, die upstart, die
niets-wat-iets-geword-het.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20011 is 'n antwoord op boodskap #19930] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Jan 1999 00:08:46 +0200, "Leendert van Oostrum" said the following:
|
|Die ander snob op die nuusgroep het ook die aas gehap!
|
Die ou wat so ver uit die hoogte afkyk op my waar ek die TV Guide sit
en bestudeer, beskou homself nou as minderwaardig teenoor my: ek lyk
vir hom soos 'n snob en hy lyk vir homself soos 'n ou wat net aas kan
produser - gelukkig nie aas wat regtig stink nie.

Neewat Leendert - jy kan gerus werk aan 'n beter selfbeeld - jy is mos
heel volwasse en intelligent genoeg om nie sleg te voel oor jouself
nie...

Johan
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20012 is 'n antwoord op boodskap #19930] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:
>
>> manier hou hy van my.

Tsk...tsk. Ek het jou al tevore gesê, Gloudina: Skryf is miskien vir jou
moeilik en tydsaam, maar vir my kos amper geen tyd om gou jou elitistiese
balonnetjie te prik nie - sommer so tussen die tee en die sigaret.

En ja. Ek hou baie van jou. Maar nie van jou pretensies nie. Dis jammer dat
jy hulle so nodig het om jou identiteit 'n bietjie vorm te gee.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20013 is 'n antwoord op boodskap #19930] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Jan 1999 21:03:08 GMT, lvano...@my-dejanews.com wrote:

|exhaust. As sy so wil voorkom is dit mos haar saak, nie waar nie? En as ek
|daarop wil billike kommentaar lewer is dit mos OK.
|
Billike kommentaar is een dink, maar verbale diaree...........
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20040 is 'n antwoord op boodskap #19930] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Ek het (met 'n graad en ander kwalifikasies agter
> my naam en etlike jare werkervaring op bestuursvlak) my en my vrou vir twee
> jaar in Europa onderhou deur kruiwa te stoot op bouterreine, klippe te kap
> in 'n marmergroef, en te werk in olyfboorde en wingerde. Daardie
> hande-arbeid het my net goed gedoen. Onder andere gee dit my die
> selfvertroue dat ek vir myself en myne kan sorg,
> ongeag ongunstige omstandighede. Ek dink dis een van die dinge wat my die
> selfvertroue gee om in die NSA te bly en nie paniekbevange weg te skarrel
> agter beter "sekuriteit" aan nie.

Terwyl ek nou eer wat jy gedoen het
op een vlak (die handewerk, die olyf-
boorde, die kruiwa stoot), moet ek
vir jou vertel dat ek dit effens snaaks
vind dat jy dit op die stadium van jou
leeftyd gedoen het, na "werkervaring
op bestuursvlak" ens., in plaas van
om dit te doen toe jy nog jonger was.
Klink vir my jy wou wegkom van iets
in SA. En miskien was dit nie juis
politieke oorwegings nie.

>
> Ek vind jou neerbuigende houding teenoor hande-arbeid natuurlik ook ironies
> vir iemand wat haar roem op haar "Afrikaanse" kultuur - waar die spreuk
> "arbeid-adel" die standpunt stel dat _alle_ arbeid edel is.
>
> Maar dit is so dat die idee dat daar so iets is soos "kafferwerk" goed
> posgevat het onder 'n bepaalde groep Afrikaners - miskien veral die wat as
> eerste geslag stam uit armlastiges wat vroeg in die eeu in werkkolonies
> (soos langs die Oranjerivier) moes leer werk.

Ek neem kennis van die feit dat jy praat
van die Afrikaners wat op die Oranje
boer as "armlastiger wat vroeg in die
eeu "in werkkolonies.. moes leer werk."
Dit tipeer vir my, meer as enigiets
anders, jou inherente snobisme. Ek
is trots daarop dat ek afstam van
manne wat daar op die Oranje eers die
bome en struike uit die grond moes
grawe en die grond gelyk maak, voordat
hulle 'n paradys van oorvloed kon
skep. En hulle kinders weet ook wat
harde werk is.

Ek het geen "neerbuigende houding teenoor
hande-arbeid" nie. Ek het wel 'n weersin
teen mense wat te maklik swig vir die
geldjie in die sak en die skool verlaat
voordat hulle hulself bekwaam het vir
'n ambag. In baie gevalle is 'n goed-
geskoolde ambagsman baie meer bekwaam
en finansieel beter daaraan af as iemand
wat 'n professie beoefen. Dit het ons
geillustreer gesien in die tagtigerjare
toe my man sy vol professor-salaris
vergelyk met 'n aangetroude familielid
wat opsigter was by dinge op Pelindaba
as "fitter and turner." Hy het meer as
my man verdien.

Gloudina
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20041 is 'n antwoord op boodskap #19930] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 21 Jan 1999 00:08:46 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

>

Nee china, JY is aan die gat gehap.
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20042 is 'n antwoord op boodskap #19930] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Tue, 19 Jan 1999 21:03:08 GMT, lvano...@my-dejanews.com wrote:
>
> |exhaust. As sy so wil voorkom is dit mos haar saak, nie waar nie? En as ek
> |daarop wil billike kommentaar lewer is dit mos OK.
> |
> Billike kommentaar is een dink, maar verbale diaree...........

Ah!

Die ander snob op die nuusgroep het ook die aas gehap!

Vriendelike groete, Leendert
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20043 is 'n antwoord op boodskap #19930] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan) wrote:
> On Thu, 21 Jan 1999 00:08:46 +0200, "Leendert van Oostrum"
> said the following:
> |
> |Die ander snob op die nuusgroep het ook die aas gehap!
> |
> Die ou wat so ver uit die hoogte afkyk op my waar ek die TV Guide sit
> en bestudeer, beskou homself nou as minderwaardig teenoor my: ek lyk
> vir hom soos 'n snob

Tsk...tsk... As jy 'n woordeboek het, Johan, kyk gerus op wat beteken "snob".

Jy sal vind dit slaan op wat _jy_ dink van ander mense, eerder as wat ander
mense van jou dink.

Vriendelike groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20083 is 'n antwoord op boodskap #19930] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

>
> Terwyl ek nou eer wat jy gedoen het
> op een vlak (die handewerk, die olyf-
> boorde, die kruiwa stoot), moet ek
> vir jou vertel dat ek dit effens snaaks
> vind dat jy dit op die stadium van jou
> leeftyd gedoen het, na "werkervaring
> op bestuursvlak" ens., in plaas van
> om dit te doen toe jy nog jonger was.
> Klink vir my jy wou wegkom van iets
> in SA. En miskien was dit nie juis
> politieke oorwegings nie.

Siestog - so wanhopig om iets te kry om mee te slaan dat jy jouself alweer
weerspreek - net nou die dag (en verderaf in hierdieselfde berig) moes ons
verneem hoe tragies dit is as jongmense geld verdien met handewerk voordat
hulle universiteit toe gaan - dit maak dit vir hulle onmoontlik om sukses te
behaal op universiteit, volgens jou.

En nou sugereer jy dat daar iets geheimsinnig in lê dat ek die wanderjahr
onderneem het eers toe my beurs afgewerk was!

Sorrie vir jou skoot in die donker - dit was mis.

(En, snaaks genoeg - 'n ander oorweging was inderdaad politiek - veel meer
politiek as wat jy kan droom, maar gelukkig nie myne nie.)

>
> Ek neem kennis van die feit dat jy praat
> van die Afrikaners wat op die Oranje
> boer as "armlastiger wat vroeg in die
> eeu "in werkkolonies.. moes leer werk."

Huh-uh! Omtrent nie meer 'n arme in daardie gebied te kry nie - almal
stinkryk uit die vars druiwe wat van Upington se lughawe af Europa toe
vlieg.

Hoeveel van hulle die erfgename is van die oorspronklike besetters van die
besproeiingskema weet ek nie.

> Dit tipeer vir my, meer as enigiets
> anders, jou inherente snobisme.

Tsk-tsk. Omdat jy die element "werksku" uitgelaat het toe jy my aanhaal, nie
waar nie? Want snobisme is nie ter sprake as mens patalogie bespreek nie,
toe laat jy dit maar weg.

> Ek
> is trots daarop dat ek afstam van
> manne wat daar op die Oranje eers die
> bome en struike uit die grond moes
> grawe en die grond gelyk maak, voordat
> hulle 'n paradys van oorvloed kon
> skep. En hulle kinders weet ook wat
> harde werk is.

Mooi! As jy so aanhou om skielik te ontdek dat jy trots is, kom jy dalk nog
reg. Tot dusver moes ons verneem hoe hierdie koloniste die vreedsame "first
peoples" verdryf het uit 'n reeds bestaande paradys van oorvloed, en "op die
vet van die land leef" met koeksisterstroop
wat van die kenne drup terwyl die stomme swartes uitgebuit word.

Vertel nog van hoe hierdie manne en hul kinders (jy het die vroue vergeet)
die "paradys van oorvloed" geskep het?

>
>
> Ek het geen "neerbuigende houding teenoor
> hande-arbeid" nie.

Maar net nou die dag beskryf jy sulke arbeid as tiperend van 'n "onderklas"
en hef groot treurmares aan by die gedagte dat "Afrikaner kinders" wat
sulke werk doen vergelyk kan word met Turke en Nord-Afs (klaarblyklik ook
betreurenswaardige rasse, volgens jou).

Glipsie, Gloudie! 'n Freudiaanse een! Al jou politieke korrektheid in sy
maai.

En nie die eerste keer dat jy hierdie bepaalde vooroordeel demonstreer nie.

Dis die vooroordeel van iemand wat met alle mag probeer wegkom van 'n
werkersklas agtergrond - nie van iemand wat trots is op eerlike arbeid nie.

> Dit het ons
> geillustreer gesien in die tagtigerjare
> toe my man sy vol professor-salaris
> vergelyk met 'n aangetroude familielid
> wat opsigter was by dinge op Pelindaba
> as "fitter and turner." Hy het meer as
> my man verdien.

Yep. Die mark ken die relatiewe skaarsheid van professore en
passer/draaiers.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20084 is 'n antwoord op boodskap #19930] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Doedie Nel  is tans af-lyn  Doedie Nel
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:

> winsgewend vind. Ek sou nie daarvan hou
> om te sien dat jong Afrikaner-seuns in
> ander lande gaan werk en 'n soort van onder-
> klas word, soos Noord-Afrikaners in Frankryk
> of Turke in Duitsland nie. En in huisgesinne

Liewe Gloudina,

Nee man, al die afrikaner seuns wat smiddae by my kom kuier is welbedeeld.
Geeneen van hulle sal ooit onderklas word nie, en my ondervinding is dat
hulle beter bo is in elk geval.

Liefies

Doedie
Re: Suid-Afrikaners in die buiteland - 'n veranderende profiel? [boodskap #20141 is 'n antwoord op boodskap #19930] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 21 Jan 1999 00:08:46 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >
>
> Nee china, JY is aan die gat gehap.

Dit was nie juis opmerklik nie - daar was seker geen tande nie.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: SA beeld in buiteland
Volgende onderwerp: Soek werk in Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 22:42:37 MGT 2024