Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #16839] Sa, 15 Augustus 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik"
Charl-Pierre Naude

Pyn is nie nodig of onnodig nie
maar mooi en hoef dus nie te bestaan nie.
Die tande is self 'n blom wat in die skaam
of teer oomblik bloei, skitterend uit die dode

opstaan en pryk soos alle blomme. Pyn, O Heer
is heer-lik, vandaar ook U Bestaan. U Hande
se ongelyke skaal. Pyn styg uit rotswande
van die gees soos 'n dampkring wat die weer

bepaal - kunsstorm wat die kloutjie perlemoer
van angs loswikkel, die sirokko van geloof
en liefde uit hul gate jaag - , styg bo die vloer
van die Miks en syg dan neer om weer op die stoof

van die aarde te verdamp. Die bot, steurende
halfbegrip van Pyn : skoonheid detonerende!
Vorige onderwerp: "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Volgende onderwerp: "Digter in sy Slaap Oorlede" deur LINA SPIES
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:46:50 MGT 2024