Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE
"Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #16722] Di, 11 Augustus 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE BROMMER
Charl-Pierre Naude

Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.

Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
bidkraal, die swerm wat om 'n wond kring
is 'n kosbare bedesnoer. Gesierde

en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
van somersweet. Elementale vlees en band

met die Skepping se eerste oomblik: skoonheid
wat kompromisloos onthuts word soms afsigtelik
genoem, soos U. Mag Dood, die juwelier, as my huid
wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #16753 is 'n antwoord op boodskap #16722] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
Michael E Willett  is tans af-lyn  Michael E Willett
Boodskappe: 182
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 12 Aug 1998 14:35:24 +0200, "eyespy"
waffled:

> Jou biografie, Auntie Glo?
>
>
> Gloudina wrote in message ...
>>
>>
>> DIE BROMMER
>> Charl-Pierre Naude
>>
>> Op die lip van die spreekwoord, op die trap
>> van 'n drol staan sy gevleuel, toeareg uit die domme
>> van stof, aan slegs haar serpe gebind, uit die landskap
>> van kak kom sy, elektriese prinses, die bromster.
>>
>
>
>
Baie fyn raakgesien en raak genoem, Ispy! HaHaHA !!!!!!!
In jou oog, Gloudina!
...sommer net ek, Simon
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #16754 is 'n antwoord op boodskap #16722] Wo, 12 Augustus 1998 00:00 Na vorige boodskap
eyespy  is tans af-lyn  eyespy
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Jou biografie, Auntie Glo?

Gloudina wrote in message ...
>
>
> DIE BROMMER
> Charl-Pierre Naude
>
> Op die lip van die spreekwoord, op die trap
> van 'n drol staan sy gevleuel, toeareg uit die domme
> van stof, aan slegs haar serpe gebind, uit die landskap
> van kak kom sy, elektriese prinses, die bromster.
>
Vorige onderwerp: "Windsbruid" deur HENNING PIETERSE
Volgende onderwerp: "Die onophoudelike weerligstraal" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 23:12:12 MGT 2024