Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: FLOU NUUSGROEP
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15266] Do, 28 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
. Dieselfde geykte
> retoriek deur dieselfde rolspelers oor Afrikaanswees, Afrikanerskap en
> hoe alles aan die groot klok van die nuwe swart Suid-Afrika gehang
> word. Dit is verskriklik depressief om te dink dat sekeres met wie ek
> 'n taal deel oor niks anders interessants kan praat nie. Of is dit
> juis waaroor hierdie nuusgroep veronderstel is om te gaan? Is die feit
> dat ons hier Afrikaans praat maar bysaak ten bate van die oppering
> van verwaterde ideologiee? Wat van oorspronklike idees, nuwe
> perspektiewe of prikkelende debatte?

> Dit lyk my die Afrikaner verdien sy posisie.

Jopie,

Die soort klagtes en opmerkings klink ook al na retoriek! Waarom
plaas jy nie van jou EIE oorspronklike en prinkelende idees nie? Ek
stem egter met jou saam oor die 'verwaterde ideologiee' ! Verduidelik
wat jy bedoel met die 'Afrikaner se posisie'?

Groete
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15317 is 'n antwoord op boodskap #15266] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Jopie Fourie skryf:

> 4. DWELMS: Is dagga skadelik, of is dit medisyne? Dit lyk al hoe meer
> dit kan eersdaags gewettig word, dieselfde met prostitusie. Enige
> opinies?

Jopie,

Op universiteit het 'n proffie in Farmakologie ons een keer toegespreek oor
alkohol en dagga. Op daai stadium het hy baie probleme gehad met 'n tuinier
wat dagga in plaas van dalias in sy tuin geplant het, en die wet het toe nog
bepaal dat as jy net naby dagga kom, dit geag word as in jou besit te wees.
Hy het toe toestemming gekry om 'n wetenskaplike eksperiment te doen. Hy het
genoeg studente vrywilligers vir 'n naweek bymekaar gemaak, die een groep
laat drink en die ander laat rook.

Nadat hy verskillende metings en waarnemings gedoen het, het hy tot die
gevolgtrekking gekom dat die effekte van alkohol en dagga presies dieselfde
is. Sy gevolgtrekking was dat alkohol verdra word vanweë ons kulturele
verbintenis daarmee sedert Noag se tyd. Baie mense sal nou vir jou sê ons
het al genoeg probleme met alkohol in hierdie land, maar het jy al ooit
gehoor van iemand wat aangekla is omdat hy 'n motor onder die invloed van
dagga bestuur het?

Ek het nie 'n probleem met dagga nie, hoewel ek dit self nog nooit probeer
het nie. As jy hom kan maak dat hy soos cabernet smaak, en op 'n manier kan
bottel dat die prop 'n klapgeluid maak as ek hom oopmaak, sal ek probeer.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: FLOU NUUSGROEP [boodskap #15318 is 'n antwoord op boodskap #15266] Vr, 29 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 May 1998 09:55:55 GMT, jo...@fourie.com (Jopie Fourie) wrote:

> van verwaterde ideologiee? Wat van oorspronklike idees, nuwe
> perspektiewe of prikkelende debatte?
>
Gee vir ons so paar van daai onderwerpe van jou en kyk of ons jou
redenasies nie dalk goed uitrook nie.
Vorige onderwerp: Johan die kuber-farmakoloog
Volgende onderwerp: Johan en sy uit die mode gifpyle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 18:48:11 MGT 2024