oorvat [boodskap #146050] |
Ma, 05 Augustus 2024 13:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20146 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorvat
Afbreking: oor•vat
Samestelling: oor + vat
Werkwoord: vat oor, oorvat
Verlede tyd: het oorgevat
Betekenis:
• Om iets by iemand te vat; oor te neem.
Gebruik:
• Die een atleet vat die aflosstokkie by die ander oor.
• 'n Nuwe bestuurder het die besigheid oorgevat.
Sinoniem:
• aangee
• oorneem
Afgelei:
• oorvatter
Vertaling:
Engels: to take over
Nederlands: overnemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|