belas [boodskap #146032] |
Sa, 03 Augustus 2024 18:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20146 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
belas
Afbreking: be•las
Samestelling: be- + las
Werkwoord: belas
Verlede tyd: het belas
Betekenis:
• Om iemand 'n taak op te dra.
• Om swaarder te maak.
• Om belasting te hef.
Gebruik:
• Die polisie is belas met die handhawing van wet en orde.
• Die vragmotor is heeltemal te swaar belas.
• Kapitaalwins word teen 'n laer belastingkoers belas.
Vertaling:
Engels: to burden; to load; to tax
Nederlands: belasten
Byvoeglike naamwoord: belas
Partitief: belaste
Betekenis:
• Wat met 'n las belaai is.
Gebruik:
• Suid-Afrika is reeds die 12de mees belaste land.
Spreekwoord:
• Hy is met skuld belas en belaai. [Hy het meer skuld as wat hy kan hanteer.]
Antoniem:
• onbelas
Hiponiem:
• oorbelas
• swaarbelas
Afgelei:
• belasbaar
Vertaling:
Engels: burdened, charged, bound
Nederlands: belast
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|