Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sedig
sedig [boodskap #146022] Sa, 03 Augustus 2024 08:48
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20146
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sedig
Afbreking: se•dig


Byvoeglike naamwoord: sedig
Vergrotende trap: sediger
Oortreffende trap: sedigste
Attributief: sedige
Partitief: sedigs

Betekenis:
• Wat beskeie en stemmig is.

Gebruik:
• Sondag sit die stout kinders al te sedig in die kerk.

Spreekwoord:
• Geen skoner gewaad as 'n sedige gelaat. [Jy kan aan iemand se gesig sien of hy 'n goeie karakter het.]

Vergelyking:
• So sedig soos 'n predikant.

Sinoniem:
• bedees
• beskeie
• eerbaar
• ingetoë
• skamerig
• skugter
• stemmig
• vroom

Antoniem:
• onsedig

Afgelei:
• sedigheid
• skynsedig

Vertaling:
Engels: well-behaved, modest, retiring, demure, coy
Nederlands: zedig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: broeityd
Volgende onderwerp: snoeityd
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 11 12:23:50 MGT 2024