Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fopdosser
fopdosser [boodskap #146017] Vr, 02 Augustus 2024 10:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20147
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fopdosser
Afbreking: fop•dos•ser
Samestelling: fop + dos + -er


Selfstandige naamwoord: fopdosser
Meervoud: fopdossers

Betekenis:
• 'n Persoon wat buitensporige klere van die teenoorgestelde geslag dra met die doel om te spot of te vermaak.

Gebruik:
• Die fopdossers wat die Laaste Avondmaal tydens die Olimpiese Spele se openingseremonie voorgestel het is wyd deur Christene veroordeel.

Afgelei:
• fopdossery

Verwant:
• transvestiet

Vertaling:
Engels: cross-dresser, drag queen
Nederlands: dragqueen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sluipmoordpoging
Volgende onderwerp: motorsport
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 11 14:24:18 MGT 2024