Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Musiek & liriek » Vir Gloudina - Liriek
Vir Gloudina - Liriek [boodskap #14352] Wo, 06 Mei 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Wel ou Gloudientjie, net om te wys dat ek darem nie net 'n hekel het on
Modderstoei nie:

Liriek

Sal ek nou 'n loflied bou
Van Boland berge blou
Of sal ek maar 'n liedjie skryf vir jou?

So baie het gesing en speel
Oor Tafelberg se jas
En almal dig oor die liefde sodra dit hulle pas
Almal dig oor die liefde sodra dit hulle pas

Ek is die sanger
En ek sing wat jy wil hoor
Van die swaarkry
En die blydskap
En die trande in jou oë
Alles is seker in die mate van musiek
Maar tussenin die note
Skuil die chaos van Liriek

Sal ek inspirasie vind
By voëls in die lug
Of sal ek maar net luister na die liedjie in my sug?

Gannabos en branders
Pypsteel en kaneel
Elkeen sê sy woorde al mag dit jou verveel
Elkeen sê sy woorde al mag dit jou verveel

Ek is die sanger
En ek sing wat jy wil hoor
Van die swaarkry
En die blydskap
En die trande in jou oë
Alles is seker in die mate van musiek
Maar tussenin die note
Skuil die chaos van Liriek

Sal ek nou 'n loflied bou
Van Boland berge blou
Of sal ek maar 'n liedjie skryf vir jou?

Kopiereg - Gideon van Zyl 1998

Groete uit die Boland

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Vir Gloudina - Liriek [boodskap #14353 is 'n antwoord op boodskap #14352] Wo, 06 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gideon....@CALTEX.CO.ZA writes:

> Gannabos en branders
> Pypsteel en kaneel
> Elkeen sê sy woorde al mag dit jou verveel
> Elkeen sê sy woorde al mag dit jou verveel
>
> Ek is die sanger
> En ek sing wat jy wil hoor
> Van die swaarkry
> En die blydskap
> En die trane in jou oë

Dis lieflik, Gideon. Komponeer jy
wysies vir jou liedere?

En moenie sleg voel oor die Taal-
monument nie. Hulle is sommer
jaloers. Die laaste keer wat ek
daar teen die heuwel op is (1981)
het ek baie lekker gevoel en ver
gedink.

Gloudina
Re: Vir Gloudina - Liriek [boodskap #14383 is 'n antwoord op boodskap #14352] Do, 07 Mei 1998 00:00 Na vorige boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article #1/1,
wrote:
>
> Dis lieflik, Gideon. Komponeer jy
> wysies vir jou liedere?
>
Wel ja, Gloudina. Die musiek en liriek raak maar so saam-saam groot. Die
liriek vat maar net meestal so 'n bietjie langer om op te brou. Ek het
gewoonlik te veel wysies vir te min lirieke, en ek wil nou regtigwaar nie 'n
goeie wysie opvoeter deur sommer maar net 'n klomp woorde aanmekaar te flans
nie.

Maar eendag as ek groot is sal daar dalk 'n CD uit wees dan sal ek vir jou
een stuur :)

> En moenie sleg voel oor die Taal-
> monument nie. Hulle is sommer
> jaloers. Die laaste keer wat ek
> daar teen die heuwel op is (1981)
> het ek baie lekker gevoel en ver
> gedink.
>

Ag nee wat, die taalmonument en die baie wat baie te sê het daaroor. Dit is
na dese nog steeds een van die lekkerste vryplekke in die Boland (veral op 'n
wolklose nag met 'n heldermaan). Ek is een van daai vreemde mense wat glo
monumente is goeters wat opgerig word vir goed wat dood is, en Afrikaans is
nog lank nie begrawe nie. Maar selfs so het dit definitiewe opvoedkundige
waarde ;^}

Groete uit die Boland

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Vorige onderwerp: studentelied: Die kat kom weer
Volgende onderwerp: Vir Gloudina - Liriek se musiek (MP3)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 22:37:28 MGT 2024