Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » oorlogskloof
oorlogskloof [boodskap #140049] Do, 18 Augustus 2022 15:49
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
soos 'n fetus
snoesig genestel in die baarmoeder van vroue
so ook lê jy
veilig en rustig
in een van swartberg se voue

hulle noem jou oorlogskloof
maar ek dink nie hul't besef
hoeveel liefde en geloof
jou kinders by jou sal leer
ja, liefde vir mekaar
en ook vir die natuur
vir stroom, krans, plant en dier
net liefde elke uur

met jou naaste dorp klaarstroom
en ver weg van hoofpaaie
word stadsgeraas slegs 'n droom
wat vir ewig droom sal bly
geluide wat jy hoor
kom elk uit die natuur
van plant, dier, voël en mens
wat leef uit hierdie spens

anders as die fetus
wat uit die baarmoeder ontvou
bly jy immer rustig
in swartberg se vou
en altyd aan die natuur getrou
Vorige onderwerp: langs die graf van my land
Volgende onderwerp: storms
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 00:06:51 MGT 2024