Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die gawe van lewe
die gawe van lewe [boodskap #140043] Do, 18 Augustus 2022 15:37
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die geblaf van ‘n hond op die agtergrond
en die gekrap van ‘n kat op die mat
is die manier om die breek van ‘n nuwe dag te vier
terwyl die voëltjies se gefluit sê klim uit
en lig jou kop want die son kom op
sodat jy kan kyk hoe jou dagtaak lyk

begin deur vir God te dank vir spys en drank
en die wonderlike nag voor hierdie nuwe dag
voordat jy jou dagtaak begin om te sorg vir jou gesin
want sonder Hom kan niks na vore kom
wat vir jou hierdie uur langer kan laat duur
en sê weer dankie as jy die wêreld in die oë kyk en sê dit is hoe ek lyk

ek is hier om hierdie dag saam met jou te vier
en te probeer om te keer
dat iets sal gebeur wat jou sal laat treur
omdat God dit van my verwag om jou elke dag
op so ‘n manier te onderskraag dat jy dit sal waag
om daardie mens te word met die liefde waarmee Hy jou omgord
Vorige onderwerp: die gawe van sig
Volgende onderwerp: ongetiteld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 07:33:15 MGT 2024