Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » my grootwordplek
my grootwordplek [boodskap #140040] Do, 18 Augustus 2022 15:33
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
vir elke mens is sy grootwordplek die beste
al is dit nou in die noorde, suide, ooste of weste
daarom sal my hart altyd in die groot karoo lê
want ongeag wat die meeste mense daarvan sê
loop daardie stuk leegte oor van spontane liefde

wanneer die kapok in die middel van die winter op die groot swartberge lê
sal jy steeds die warmte van gasvryheid en besorgdheid hê
wat die mense van daardie streek openbaar
teenoor elke lewende wese wat hulle gewaar
omdat dit vir hulle so spontaan soos asemhaling is

terwyl die somerhitte die aarde teen veertig grade skroei
sal jy vind dat daardie mense hulle bemoei
met die taak om koelte en lafenis aan alle wesens te bied
wat hulle pad mag kruis en dit is absoluut verniet
want vir hulle is dit deel van die rede om in die oggend op te staan

wat meer is daar wat ‘n mens wil hê
wat meer is daar wat ek kan sê
as baie, baie dankie Vader
vir die wonderlike voorreg om so ‘n grootwordplek te mag hê
Vorige onderwerp: o Gog, help ons
Volgende onderwerp: die gawe van gehoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 22:54:58 MGT 2024