Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » o Gog, help ons
o Gog, help ons [boodskap #140039] Do, 18 Augustus 2022 15:31
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
o God help ons in hierdie steeds pragtige land
om die wil te hê om dit pragtig te hou
sodat ons kinders ook die mooi van u Skepping mag aanskou
en dit vir hul kroos kan bewaar
om eendag lank hierna te kan sê
“baie dankie God vir ‘n pragtige land”

o God help ons in hierdie eens veilige land
om die moed te hê om dit weer veilig te maak
sodat ons kinders ook die veiligheid van u Skepping mag smaak
voordat hulle nie meer hul eie kroos kan hê
om eendag lank hierna te kan sê
“baie dankie God vir ‘n veilige land”
Vorige onderwerp: ek mis jou, pa
Volgende onderwerp: my grootwordplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 02:38:47 MGT 2024