Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » ek mis jou, pa
ek mis jou, pa [boodskap #140038] Do, 18 Augustus 2022 15:30
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek weet jy hou my dop van daar bo
om te sien hoe jou jongste sy lewe lei
maar pa ek mis jou so
ek weet nie altyd hoe om die dag om te kry
want jy sou my antwoorde op so baie vrae kon gee
vrae wat byna uurliks die rede vir die lewe
soos waasbeelde deur my breinkamers kom vee
en wat my liggaamlik van vrees laat bewe

omdat ek nie die antwoorde daarop ken
en jy nie meer daar is om my te help om hierdie stryd te wen
Vorige onderwerp: 'n glimlag
Volgende onderwerp: o Gog, help ons
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 10:20:36 MGT 2024