Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die plaas in die kloof
die plaas in die kloof [boodskap #140034] Do, 18 Augustus 2022 15:24
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
iewers in ‘n swartbergkloof
is daar ‘n plaas wat ek nooit sal vergeet
omdat ek daar met die natuur en geloof
as kleuter kennis kon maak
sonder die vloek van kraanwater en elektrisiteit

wanneer ek my oë sluit
sien ek alles wat op die plaas gebeur
ons kinders klouter die hoë berge uit
sodat mans en vroue in vrede kan swoeg
om reuse disse vir maaltye gereed te kry

maar iemand het die plaas van sy hart beroof
want daar is nie meer ‘n opstal
op angelierbos in die swartbergkloof
gelukkig verskyn beelde van die ou opstal
steeds op foto’s in albums en in my geheue
Vorige onderwerp: die druppels in ons lewe
Volgende onderwerp: baie dankie God
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 07:11:58 MGT 2024