Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die druppels in ons lewe
die druppels in ons lewe [boodskap #140032] Do, 18 Augustus 2022 13:42
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
terwyl die ruitveërs
soos die swaaiende arms van ‘n verwoede beer
die vallende druppels van die ruit wegvee
sodat dit nie my sig kan belemmer
dink ek onwillekeurig aan die druppels in ons lewe

die druppels wat kilometers ver uit die hemel val
en elke stofbedekte wese (lewend en nie-lewend) reinig
asook elke holte (bo- en ondergronds) vul
sodat plant en dier
heerlik aan mekaar mag smul

die druppels wat as ‘n stroom uit die kraan se bek val
en die mens se moeë liggaam reinig
asook elke kospot vul
sodat mens en dier
heerlik aan die gereg mag smul

die druppels wat uit die oë oor die wange rol
en die mens se traumagevulde siel reinig
asook uiting aan ‘n opgewekte lagbui gee
sodat elke opregte mens
daarmee meegesleur word
Vorige onderwerp: mikrokosmos
Volgende onderwerp: die plaas in die kloof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:29:43 MGT 2024