Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » straatgesin
straatgesin [boodskap #139997] Di, 16 Augustus 2022 11:21
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
sag val die reën op die struik
die struik wat as tuiste vir vyf mense dien
‘n ouerpaar en hul drie jong kinders
kinders wat môre uitgerus en vars
die skoolbanke moet trotseer

wind kom van veraf sneeubedekte pieke
die takke van die struik in beweging bring
dieselfde takke wat die mense moet beskerm
terwyl die sagte reën nou in vlae neergiet
en die struik se blare in stortkoppe omvorm

velle stukkende vullissakplastiek
word haastig oor die kinders
soos motgevrete komberse oopgesprei
kinders wat weens die reën
nog niks warms ingeneem het nie

kartonmatrasse word al natter
soos water by die gate in die plastiek inloop
terwyl die kinders probeer slaap
deur die geluid van die storm
met koue- en hongerpyne wat al veller knaag

wat steeds nag is vir baie mense
word opstaantyd vir hierdie gesin
want hulle moet die struik ontruim
voor die spitsverkeer begin
en stap om die kinders betyds by die skool te kry

moeg en vaak en honger en dors
bereik die kinders die skool teen skemerlig
met ‘n reuse glimlag word elke maatjie hartlik gegroet
dan word die kinders gegroet en omhels
deur moeë ouers wat so graag slegs die beste vir hul kinders wou gee
Vorige onderwerp: kinders
Volgende onderwerp: waarom?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 14:52:02 MGT 2024