Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » kinders
kinders [boodskap #139996] Di, 16 Augustus 2022 11:20
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
kinders is soos vlinders
besonder kleurvol en vol van lewe
rats en vreesloos beweeg hulle
van een bestemming na ‘n ander

kinders het monde soos die van honde
vreeslik luid en alomteenwoordig
hoor jy baie meer van hulle
as wat jy werklik kan sien

kinders vra die hoekoms om die toekoms
en die nou te kan verstaan
om hulle vir die grootmenslewe
voor te berei

kinders is die aarde se waarde
die leiers, beplanners en beskermers van die môres
sonder hulle
kan daar geen eergisters wees

kinders van vandag vra ontferming van en beskerming
teen die kinders van die gisters
hulle smeek om liefde en respek
in plaas van verkragting en moord
Vorige onderwerp: die plantjies in my tuin
Volgende onderwerp: straatgesin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 23:13:23 MGT 2024